Dis waar wat jy sê van als saamdra Chris, dis baie handig van 'n quad. Wat prys daai Ozark?
Dink R52-54 000 btw in.
Myne gekoop in 2005-6 dink ek. Toe R36 000 betaal. Tot op hede stel bande, twee agterrem kabels, en twee keer borsels op starter gesit(cheap fix)
Gebruik nie n druppel olie en hy loop elke dag van die week. Soms net n kort trippie om pomp te gaan aansit of soms geen en weer.
My 2IB ry hom ook enige plek sonder moeite.
Ek het hom al hier by my teen die skuinstes opgehang en gedink nou flip of rol ons maar as jy jou lyf reg gooi dan staan hy.
Ek het permanet n krat agterop waar my binddraad en tools in is en het al baie keer n 50 kg sak voer op die voorste carrier gehad. Geen probleem. Ek skuif selfs my drag lines met hom. Gryp sproeier in die verbyry met die linkerhand en gaan sit hom neer waar hy moet wees. Draai om en kom haal die volgende een.
Vir my is die op en afklim ook baie makliker as n bike. Ek klim vanaf die regterkant op.