Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Down on the farm with the Bushlander  (Read 209150 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1540 on: July 20, 2017, 11:38:16 am »
Mooi sweep daai Dors

Dankie, dis om alles bymekaar te hou hier  ;)
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,754
  • Thanked: 411 times
    • dustriders.co.za
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1541 on: July 20, 2017, 11:41:20 am »
Mooi sweep daai Dors

Dankie, dis om alles bymekaar te hou hier  ;)
Hopelik nie die 2IB nie?!!! :peepwall: :lol8:

n Kuns wat nou vinnig uitsterf, sweepvleg. :deal: :(
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1542 on: July 20, 2017, 11:41:56 am »
Hi Johan,
Het jy al ooit oorweeg om 'n quad te gebruik ipv die bushlander? Ek het nou al 2 keer afgebliksem van die bike af as ek beeste kyk ipv innie tweespoor en oorweeg 'n quad  :o

Schalk en weetie so mooi van 'n quad nie, dit wil my voorkom asof sy spoorwyte t smal is vir my paaie dan moet mens alewig met 2 wiele op die middelman ry en dis gans en al te klipperig hier daarvoor.  Ek wil my ook verbeel die Bushlander kan meer plekke kom as wat 'n quad kan maar ek is geen dooskarretjie deskundige nie.  Het jy al 'n quad of oorweeg jy dit nog?  Hulle werk lekker omdat mens nogal heelwat goed op hulle kan saamlaai.  Alhoewel ek onlangs een van Nomad Gear se sakke gekoop om al my gereedskap, papwiel goeters, 'n flotterklep, bottel water ens saam te ry.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1543 on: July 20, 2017, 11:45:59 am »
Mooi sweep daai Dors

Dankie, dis om alles bymekaar te hou hier  ;)
Hopelik nie die 2IB nie?!!! :peepwall: :lol8:

n Kuns wat nou vinnig uitsterf, sweepvleg. :deal: :(

Mens kan net nie die boeie in die foto sien nie  :lol8: :peepwall:

Feite oor die uitsterf van daai kuns Chris.  Ek het daai sweep by die rooidak padstal tussen Aberdeen en Beaufort Wes met my Tankwa trippie gekoop.  Hier by CMW op die dorp is daar pragtige swepe te koop wat 'n ou omie van die omgewing vleg.  Hulle prys so R380 - R500 stuk, sal nogal daarvan hou om so een - saf en blink met vet gesmeer -  te saam te vat as ek Sondae my perd opsaal om te gaan kuier  ;)

dalk so iets:
« Last Edit: July 20, 2017, 11:53:45 am by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,754
  • Thanked: 411 times
    • dustriders.co.za
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1544 on: July 20, 2017, 11:48:42 am »
Dorsland daar is nie n manier wat n tweewiel bike kan ry waar my twee wiel trek Kwad kan ry. Any way nie ek op twee wiele.
Lekkerste jy het altyd als by jou. Panga, tange, ystersaag, 13 spanner vir die nozzles wat altyd verstop.
In kort vir my klein plekkie ruil ek nie my kwad vir n bike EN nee hy loop gaaf wydsbeen oor die middelmannetjie.
O ja nog n lekkerte, meeste van my hekke kan ek oopmaak sonder om af te klim.
Die semi outo ratkas werk ook baie lekker vir vee aanjaag.

Indien jy so iets in die toekoms oorweeg kan ek die Suzuki Ozark 250 sterk aanbeveel. Eenvoudig om te diens en shaft drive en tubeliss tyres. Reverse werk ook baie makliker as ander brands. En vrek lig op brandstof.
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1545 on: July 20, 2017, 11:55:30 am »
Dis waar wat jy s van als saamdra Chris, dis baie handig van 'n quad.  Wat prys daai Ozark?
« Last Edit: July 20, 2017, 11:55:59 am by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,754
  • Thanked: 411 times
    • dustriders.co.za
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1546 on: July 20, 2017, 12:02:52 pm »
Dis waar wat jy s van als saamdra Chris, dis baie handig van 'n quad.  Wat prys daai Ozark?
Dink R52-54 000 btw in.
Myne gekoop in 2005-6 dink ek. Toe R36 000 betaal. Tot op hede stel bande, twee agterrem kabels, en twee keer borsels op starter gesit(cheap fix)
Gebruik nie n druppel olie en hy loop elke dag van die week. Soms net n kort trippie om pomp te gaan aansit of soms geen en weer.
My 2IB ry hom ook enige plek sonder moeite.
Ek het hom al hier by my teen die skuinstes opgehang en gedink nou flip of rol ons maar as jy jou lyf reg gooi dan staan hy.
Ek het permanet n krat agterop waar my binddraad en tools in is en het al baie keer n 50 kg sak voer op die voorste carrier gehad. Geen probleem. Ek skuif selfs my drag lines met hom. Gryp sproeier in die verbyry met die linkerhand en gaan sit hom neer waar hy moet wees. Draai om en kom haal die volgende een.
Vir my is die op en afklim ook baie makliker as n bike. Ek klim vanaf die regterkant op.
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline SchalkL

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 3,141
  • Thanked: 70 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1547 on: July 20, 2017, 12:38:43 pm »
Mmm, moet s die opsie klink en lyk aantreklik  :thumleft:

Ja, ek het eintlik 'n quad maar ek sukkel met spares, dis 'n Artic Cat. Ek vra meer om te hoor of daar 'n brand is wat julle aanbeveel vir plaas.

Sometimes you don't need a plan, just balls :)
I'd rather ... be riding my motorcycle and thinking about God than sitting ... in Church and thinking about my motorcycle.
 

Offline Andre E

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,274
  • Thanked: 21 times
  • McDonalds Accommodation, Queenstown
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1548 on: July 20, 2017, 12:44:52 pm »
Yamaha, Honda, Kawasaki en Suzuki het almal goeie plaas modelle.
Gebruikte quads is spotgoedkoop, moenie nuut koop nie.
Don't be kak, be lekker.
What is this life, if full of care,
we have no time to stand and stare.
 

Offline JMOL

  • The Mayor of Mopani
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,139
  • Thanked: 42 times
  • East London
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1549 on: July 20, 2017, 01:12:53 pm »
Dankie, dis om alles bymekaar te hou hier  ;)

As kind myself baie raakgeslaan met 'n sweep.  Demit - ek kry sommer weer seer net om daaraan te dink  :biggrin:
Life is hard - even harder if you are stupid.
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,754
  • Thanked: 411 times
    • dustriders.co.za
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1550 on: July 20, 2017, 01:19:46 pm »
Dankie, dis om alles bymekaar te hou hier  ;)

As kind myself baie raakgeslaan met 'n sweep.  Demit - ek kry sommer weer seer net om daaraan te dink  :biggrin:
op n koue oggend agter die oor met die sweep se punt kan n duidelike merk los in n onderbroek!!!!!!!!! :eek7: :o :o
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,754
  • Thanked: 411 times
    • dustriders.co.za
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1551 on: July 20, 2017, 01:25:26 pm »
Yamaha, Honda, Kawasaki en Suzuki het almal goeie plaas modelle.
Gebruikte quads is spotgoedkoop, moenie nuut koop nie.
Andre ek het om twee redes die Ozark gekies. Dis die enigste kwad wat my bure se seuns nie kon breek en glo my hulle het getry!!! :eek7:
Tweedens hy het die maklikste reverse skakeling. Meeste plaaskwads moet jy agter rem trap en dan n lever of sort shift na R. Ek kan nie agterrem trap en dus is die Ozark die maklikste vir my. Stop, shift na neatral, trek n knop op die dash uit en shift nog een keer af. Baie maklik en vinnig ook. Ek het dit al heel partykeer gedoen terwyl ek nog voorentoe beweeg...................blerrie volstruis kuikens. ;) :biggrin:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1552 on: July 20, 2017, 01:29:37 pm »
Julle ouens maak nou nie mooi die di quad praatjies nie.  Daai kiekie wat jy hierbo geplaas het Schalk lyk baie oulik maar hel, ek het di jaar al gans en al t veel geld uitgegee.  rens moet ek weer 'n slag my aftreefonds bietjie aanvul.  Chris as jy nou so praat van waarvoor jy hom alles gebruik dan begin ek sommer geleenthede vir so iets sien.  lekker ding is my 2IB kan dan ook ry.  As ek die loopkostes van die plaas Cruiser vergelyk met di van die Bushlander dan maak dit ook sin.

Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline landieman

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha XT 750 Z Super
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,329
  • Thanked: 19 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1553 on: July 20, 2017, 01:40:18 pm »
twee wiele is beter as vier
don't worry about things you can't change,change the things you can.
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1554 on: July 20, 2017, 01:41:49 pm »
Na amper 'n jaar se gesloer met kwotasies en bestaande WiFi torings skuif en watnog, is die manne uiteindelik vandag hier om die WiFi kameras te installeer.  Daar is 'n grondpad wat vir 'n ent oor my plaas loop en omdat die rivier se loop ook deur daardie kampe gaan is daar nogal heelwat wild.  Die pad is ook nie toegespan nie, daar loop bitter min verkeer hier.  Ek het in die jongste verlede spore opgemerk wat stop later weer omdraai en ek het 'n vermoede dis ouens wat wil kom wild stroop of ander kattekwaad aanjaag.  Ook was daar verlede jaar die geval waar ouens uit die dorp Transnet se hope hout dwarslers kom uitdun het en dan die volgende dag op die dorp se FaceBook koop en verkoop blad vir tot R600 stuk verkwansel het.  Nounou is Transnet op die boere se skouers omdat hulle dink ons steel die goed.

Nouja, van nou af hou ek die pad dop.  My buurman het verlede jaar sy kamera genstaleer so nou is beide my grense gedek.  Kan met die megfter tot op my selfoon sien wat aangaan as ek weg is.  Ek sal later nog so 'n paar opsit dat ek my hoof suipings se damme kan dophou.  So 'n paar maande terug toe breek kees se kind mos 'n flotterklep by 'n suiping af en loop die een dam amper totaal leeg voordat ek dit gesien het.

Ook sal ou Jup nie meer hier kan verbysluip sonder om te kom groet nie.  :peepwall:



« Last Edit: July 20, 2017, 02:41:54 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Andre E

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,274
  • Thanked: 21 times
  • McDonalds Accommodation, Queenstown
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1555 on: July 20, 2017, 02:14:09 pm »
twee wiele is beter as vier

Op 'n plaas is praktiese uitvoering en logika belangriker as pittige segoed.
Vierwiellers is vir my onvervangbaar op 'n plaas. Soos Chris se, krat vir al jou tools en spares, maklik op en af klim, loop baie makliker in modder en sand as 'n bike. Dan het alle utility kwads nog plek vir 'n sleephak ook, so jy maak 'n klein waentjie vir goedere vining skuif.
Ek verkies die CVT ratkas, baie eenvoudig en gemaklik, en altyd in die regte rat.
Don't be kak, be lekker.
What is this life, if full of care,
we have no time to stand and stare.
 

Offline RobC

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Kawasaki KLR 650
    Location: Free State
  • Posts: 13,580
  • Thanked: 229 times
  • Bloemfontein
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1556 on: July 20, 2017, 02:24:04 pm »
twee wiele is beter as vier

Op 'n plaas is praktiese uitvoering en logika belangriker as pittige segoed.
Vierwiellers is vir my onvervangbaar op 'n plaas. Soos Chris se, krat vir al jou tools en spares, maklik op en af klim, loop baie makliker in modder en sand as 'n bike. Dan het alle utility kwads nog plek vir 'n sleephak ook, so jy maak 'n klein waentjie vir goedere vining skuif.
Ek verkies die CVT ratkas, baie eenvoudig en gemaklik, en altyd in die regte rat.
Dit was die oogmerk van die eerste quads... to dink een of ander jaagduiwel hy kan daarmee die Dakar doen... the rest is history.  >:D
Hulle is lekker maar kan in sekere omstandighede erger terugbyt as 'n bike.
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,754
  • Thanked: 411 times
    • dustriders.co.za
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1557 on: July 20, 2017, 04:08:39 pm »
Ek verkies die CVT ratkas,

Andre ma hoe rem daai goed afdraand of raak hy aan die hol?
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,754
  • Thanked: 411 times
    • dustriders.co.za
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1558 on: July 20, 2017, 04:14:28 pm »
 lekker ding is my 2IB kan dan ook ry. 

Dorsland my 1IB kan bike ry maar as joune nie kan nie leer jyy haar binne tien minute hoe werk n kwad.
Jy sal jou Cruiser baie spaar want baie van jou trippe is dit net jy in hom. Kwad vat sleg pad ook baie beter as die Cruiser.
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline africana

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1559 on: July 20, 2017, 04:20:02 pm »
Julle begin my nou ook oortuig en ek het nie eers 'n plot nie wat nog te se n plaas!!

Ry al om die swembad miskien? Hmmmmm
Honesty is very expensive. Don't expect it from cheap people.
To begin, begin.
If you are out there shooting photos, things will happen for you. If youre not out there, youll only hear about it.