Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Down on the farm with the Bushlander  (Read 202801 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline schalk vd merwe

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2780 on: April 21, 2019, 09:27:27 am »
Hi Johan ek sÍ maar net hello. Ons het lanklaas gepraat. Laas nog op die pad daar tussen Graaff Reinet en die afdraai na jou plaas. As jy verniet weiding will hÍ, ek het so 5 hektaar wat net daar lÍ met mooi wei veld en dan het my buurman ook so 10 hektaar. Ek kan met hom praat ook. Jy moet net 'n bok oppasser saam bring. Laat weet maar. Groete Schalk.   
1/The only way to get experience is to get experience-Schalk                
2/Ride Reports>Long Tours>Africa Tour To The Equator And Back In 40 Days
3/A stranger is just a friend you have not met yet
4/Whatever you vividly imagine, ardently desire, sincerely believe in and enthusiastically act upon must come to past-Paul J Mayer
5/Use the rocks in the your way to build stepping stones-Herman Zapp
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,044
  • Thanked: 271 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2781 on: April 23, 2019, 02:40:07 pm »
Dankie Schalk vir jou aanbod.  My veld is reg vir die winter, my bokke lyk mooi en sal deurgaan.  Hulle lam Septembermaand dan is dit in elkgeval 'n geneuk met heen en weer vervoer.  Waardeer dit nietemin.

Waar skuur jy deesdae rond?
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,044
  • Thanked: 271 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2782 on: April 23, 2019, 02:43:04 pm »
Mens kan eintlik nie glo 'n hond kan so maklik aan quadfietsry gewoond raak nie.  Ou Stoffel gaan nou orals saam as ek daai bokse agterop het.

20190304_082927 by Dors lander, on Flickr
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Bie

  • Local Mods
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: NER-A-CAR
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 3,175
  • Thanked: 495 times
  • Winners never quit, Quitters never win.
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2783 on: April 23, 2019, 02:43:54 pm »
Hoeveel reen het jy gehad Johan?
Kom ons maak 'n stoffie.
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,044
  • Thanked: 271 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2784 on: April 23, 2019, 02:45:45 pm »
Februarie 84mm, Maart 66mm en April tot dusver 17mm Bie.  Ek is baie dankbaar maar sou graag nog vir die grondwater gehad het.  Diť neuk nog.  Maar ek is OK.  By jou?
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Bie

  • Local Mods
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: NER-A-CAR
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 3,175
  • Thanked: 495 times
  • Winners never quit, Quitters never win.
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2785 on: April 23, 2019, 02:50:03 pm »
Op die deel wes van Jansenville al so 125mm gehad van Januarie af, res baaaie minder. Darm nou so 20mm gehad daar. Dit sal n geweldige verskil maak. Sit met n klompie boerbokkies, gemiddeld so 33kg, gevoer om hulle tot hier te kry, nou is daar nie n mark nie. Maak my sommer & @#%.
Kom ons maak 'n stoffie.
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,044
  • Thanked: 271 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2786 on: April 23, 2019, 02:55:09 pm »
Ek wil eintlik nou net vertel van ons vloede.

Begin Februarie toe val daar sommer 84mm binne 3 dae en my damme loop almal vol, orals lÍ water.  Dis 'n fees om in die veld te wees.  Die aand so 21h00 gaan ek uit om die honde te gaan groet en ek hoor hoe kom die rivier af.  Klim toe in die bakkie en ry na die boŲnste driffie.  Daar gekom, is dit sulke berge biesies wat deur die water meegesleur word.  Die water is al meer as 'n meter diep oor die pad en hy kom met 'n spoed af. (iemand vertel my dat die bolope van die Sondagsrivier die vinnigsvloeiende rivier in Suid-Afrika is.  Weet nie of dit waar is of nie).

Ek roep my vrou op die radio, sÍ ek kom haar haal om te kom wys.  Toe ek terugry is die driffie net onderkant my osptal nog droog.  Ek laai haar op en toe ons terugry is daai laaste driffie toe onder die water!  :eek7:  As ek slegs 10 minute later was om huis toe te ry, het ek die volgende 3 dae tussen die 2 driffies deurgebring. 

Dis nie 'n baie goeie foto nie maar die opdrifsels biesies is duidelik sigbaar.


20190210_211022 by Dors lander, on Flickr


Soos ons daar staan stoot die water op onder die Cruiser in, na so 'n mate dat my vrou (wat in die bakkie agtergebly het terwyl ek die foto's geneem het) moes agteruit stoot dat ek weer kon inklim.


20190210_211427 by Dors lander, on Flickr
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,044
  • Thanked: 271 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2787 on: April 23, 2019, 02:58:34 pm »
Nog fotos die volgende dag....

20190211_063706 by Dors lander, on Flickr


Baie van my matte is heel weggespoel


20190211_065512 by Dors lander, on Flickr


20190211_070011 by Dors lander, on Flickr



Pragtige gesig so vroeg in die oggend.

20190211_065538 by Dors lander, on Flickr



20190211_070038 by Dors lander, on Flickr


By my buurman het ons grondpad heel weggespoel  :eek7:  Ons kon vir 3 dae nie van die plaas afkom nie.


20190211_133742 by Dors lander, on Flickr


20190211_133230 by Dors lander, on Flickr
« Last Edit: April 23, 2019, 02:59:11 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,044
  • Thanked: 271 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2788 on: April 23, 2019, 03:00:14 pm »
Op die deel wes van Jansenville al so 125mm gehad van Januarie af, res baaaie minder. Darm nou so 20mm gehad daar. Dit sal n geweldige verskil maak. Sit met n klompie boerbokkies, gemiddeld so 33kg, gevoer om hulle tot hier te kry, nou is daar nie n mark nie. Maak my sommer & @#%.

Slagbokke?  Het so 4 weke terug slagbokke verkoop.  Agent gee my wat hy my 5 jaar gelede gegee het.   :dousing:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,354
  • Thanked: 142 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2789 on: April 23, 2019, 03:02:13 pm »
Sjoe dis lekker baie water.

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 
The following users thanked this post: Dorsland

Offline Bie

  • Local Mods
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: NER-A-CAR
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 3,175
  • Thanked: 495 times
  • Winners never quit, Quitters never win.
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2790 on: April 23, 2019, 03:04:36 pm »
Op die deel wes van Jansenville al so 125mm gehad van Januarie af, res baaaie minder. Darm nou so 20mm gehad daar. Dit sal n geweldige verskil maak. Sit met n klompie boerbokkies, gemiddeld so 33kg, gevoer om hulle tot hier te kry, nou is daar nie n mark nie. Maak my sommer & @#%.

Slagbokke?  Het so 4 weke terug slagbokke verkoop.  Agent gee my wat hy my 5 jaar gelede gegee het.   :dousing:

Juis, ek kan hulle ook weggee teen Noag se prys, maar dan moet hulle eerder nog bietjie loop. Dit het darm nou bietjie gereen. Teen begin Aug met die feeste sal dit hopenlik beter gaan.
Kom ons maak 'n stoffie.
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,044
  • Thanked: 271 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2791 on: April 23, 2019, 03:12:29 pm »
Hou hulle vas Bie.  Ek moes ook 4 weke wag dat hy 'n trokvrag bestellings kon volmaak. Vrag is beslis onder druk.  Of altans die koopkrag van mense.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline schalk vd merwe

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2792 on: April 23, 2019, 05:10:35 pm »
Dankie Schalk vir jou aanbod.  My veld is reg vir die winter, my bokke lyk mooi en sal deurgaan.  Hulle lam Septembermaand dan is dit in elkgeval 'n geneuk met heen en weer vervoer.  Waardeer dit nietemin.

Waar skuur jy deesdae rond?

Ek het 'n operasie op skouer gehad en dit vat vier maande om te herstel. Is nou half pad. Dit is nog van my besering toe ek in Egipte af geval het. Ek vlieg so die 8/06/19 Engeland toe om verder te gaan ry. Die besering sal dan net betyds gesond wees. Groete ry dalk oor 'n week weer daar by jou verby.
1/The only way to get experience is to get experience-Schalk                
2/Ride Reports>Long Tours>Africa Tour To The Equator And Back In 40 Days
3/A stranger is just a friend you have not met yet
4/Whatever you vividly imagine, ardently desire, sincerely believe in and enthusiastically act upon must come to past-Paul J Mayer
5/Use the rocks in the your way to build stepping stones-Herman Zapp
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,044
  • Thanked: 271 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2793 on: May 09, 2019, 11:03:53 am »
Die week is seker al verby Schalk of hoe?  Laat weet as jy hier verby kom dan kuier ons bietjie.  Hoe gaan dit met die skouer?
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline schalk vd merwe

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2794 on: May 10, 2019, 05:06:57 pm »
Die week is seker al verby Schalk of hoe?  Laat weet as jy hier verby kom dan kuier ons bietjie.  Hoe gaan dit met die skouer?

Het toe planne verander. Gaan nou eers wildtuin toe dan oor 'n maand terug Europa toe om my bike trip voort te sit.
1/The only way to get experience is to get experience-Schalk                
2/Ride Reports>Long Tours>Africa Tour To The Equator And Back In 40 Days
3/A stranger is just a friend you have not met yet
4/Whatever you vividly imagine, ardently desire, sincerely believe in and enthusiastically act upon must come to past-Paul J Mayer
5/Use the rocks in the your way to build stepping stones-Herman Zapp
 

Offline Serf

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 855
  • Thanked: 27 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2795 on: July 06, 2019, 06:45:12 pm »
Het julle reŽn gehad onlangs?

Ons is maandag met die N9 van Colesberg af suid en het lekker reŽn op die pad gekry. Jy is mos n ent oos van daar, nť?

Sent from my SM-J250F using Tapatalk

 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,044
  • Thanked: 271 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2796 on: July 07, 2019, 02:08:23 pm »
Ons het Maandag so 1mm gehad en 'n baie effense sneeuneerslag op Nardousberg Serf, verder net so 'n verdwaalde druppel of twee.  Tot dusver is die winter eintlik heel matig.  Ek hoop ten harte hy gaan vrek koud raak met sneeu en motreŽn.  Dan weet mens die seisoen het 'n kans om reg te loop.  Maar die winter is nie soos hy moet wees nie.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline BliknÍrs

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CTX200
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,167
  • Thanked: 53 times
  • I never finish anyth
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2797 on: July 24, 2019, 07:27:51 pm »
Ry jy nog die Bushlandertjie Johan?
Myne is gelaai hy gaan more Grabouw Suzuki toe om ketting sprockets timing chain ens te kry.
Daarna dink ek om hom te verkoop as ek n redelike prys kan kry hier is dalk n 660 met min kilos wat in die mark gaan kom.
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,044
  • Thanked: 271 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2798 on: July 28, 2019, 02:23:29 pm »
Verskoon asseblief dat ek nou eers antwoord @BliknÍrs, dis die eerste keer in 'n wyle dat ek op die forum inskakel. 

Ja, nog elke dag, hy hou net aan sonder teŽspoed.  Die werklike koue oggende wilwil sy battery groet maar hy steek hom nogsteeds aan die brand.  Ek dink hy moet binnekort vervang word.  Ek merk nou die dag ook op dat sy "fork boots" albei geskeur is.  Het vir my nuwes aangekoop en gaan hulle diť week vervang.  Verder loop hy soos 'n horlosie.

Gaan jy nou vir jou 'n 660 Tenerť aankoop?  Jy sal nie 'n fout maak nie, waaragtig.  Ek kyk myne hier in die werkswinkel waar hy op die laaier staan van min ry en oorweeg dit so vlugtig om hom te verkoop maar dan herinner ek my aan die lekker ritte wat ek al met hom gedoen het. Ek moet net planmaak om weer 'n rit met hom te doen.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline tgg

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Piaggio (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,820
  • Thanked: 44 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2799 on: July 28, 2019, 05:18:10 pm »
ons het darem effens reen hierdie jaar, veld is groen. Maar nie een klient het geld nie. Boere ook meestal moertoe