Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Down on the farm with the Bushlander  (Read 266821 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Namakwalander

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3080 on: August 05, 2020, 06:57:17 am »
Dorsland, is dit hierdie jaar op die plaas ook kouer as laasjaas? Ek ervaar dit so hier in Gauteng waar ek aansienlik meer parafien verbrand as die vorige jaar, maar dan ook is beide ek en die vrou by die huis waar ons andersins laasjaar by die werk sou wees. As ek n kaggel of stofie gehad het waarin ek hout kon brand sou ek baie vinnig n ketting saag aanskaf en indringer bome by die boere bedel om af te saag.
Born to be Mild
 

Offline Black_Hawk

  • BackroadRiderZA
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,816
  • Thanked: 322 times
  • Follow our blog: https://mytownsatoz.wordpress.com
    • My Towns A to Z
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3081 on: August 05, 2020, 07:43:45 am »
@Dorsland, jy hoef nie terug te hou mat die draad nie..... ons baster stadsjapies geniet dit baie  :thumleft:
Follow our blog: https://mytownsatoz.wordpress.com

2010 F650GS (Sold), 2009 BMW F800GS, 2002 BMW F650GS (Sold), 1982 Honda XR200R, 1983 Honda XL600R
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,212
  • Thanked: 691 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3082 on: August 05, 2020, 02:30:08 pm »
@Namakwalander dis eienaardige weer, waaragtig.  Ons het hier in Junie loshande die koudste dag en nag met geweldige winde gehad.  Maksimum temperatuur was 2C gewees, berge was lekker wit van die sneeu.  Dan was daar weer so 'n paar dae baie koud gewees maar verder was die temperature na my mening eintlik baie matig.  Verlede naweek was kortbroek en kortmouhemp gewees, 24C.  In die dorp, wat sowat 5C warmer as hier is, het ek al nou in die winter 27C gemeet.

More wys YR vir ons baie sneeu en maksimum 2C weer.  Sal maar sien.

As ek na die bloekombome en van die bloubosse kyk dan sien ek koueskroeiskade op hulle so dit s vir my dit was wel kouer as verlede jaar.  Ek voel snags is my voete koud wat ek nie voorheen mee gesukkel het nie.  Dalk is dit ouderdom :)
'Tis the times plague, when madmen lead the blind.

King Lear
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,212
  • Thanked: 691 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3083 on: August 05, 2020, 02:32:44 pm »
@Dorsland, jy hoef nie terug te hou mat die draad nie..... ons baster stadsjapies geniet dit baie  :thumleft:

Dankie @Black_Hawk, waardeer dit.  Jy gaan nou seker dink ek is snaaks maar soms raak die plaaslewe se roetine bietjie erg en dan wil ek julle nie met die afgesaagde bok, veld en renstories verveel nie.
'Tis the times plague, when madmen lead the blind.

King Lear
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,212
  • Thanked: 691 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3084 on: August 05, 2020, 02:50:49 pm »
Nou ja, daai Ugandese uitvoer storie......

Kry weer 'n bestelling uit Uganda uit, als is reg, maar die klient se permit is slegs 30 dae geldig wat t kort is.  Arme man (nie 'n swart Ugandees nie maar 'n Msolem uit Midde-Ooste) het sy as afgesukkel om die permit te kry en moes toe nog dit gaan verleng na 60 dae toe.

Bokke gaan in kwarentyn in, bloed word getrek; toetse, inspeksies, inentings en wat nog gedoen.  Als loop mooi.  Vlug, wat slegs Dinsdae vertrek, word betaal en bespreek. Bokke word 13 Julie hier gelaai, ry deur Johannesburg lughawe toe, laai hulle daar 05h00 14 Julie oppie vlietuig, daar gaat hulle.

Ha!  Nie so vinnig nie Trompie.

Ons kry toe daai erge koue en sneeu met geweldige winde daai week van 13 Julie en ek besluit dis t koud vir die bokke opry oor daai lang afstand, ek stel dit met 'n week uit.  Klient s dis doodreg, solank die bokke voor 00h00 21 Julie op Entebbe land, is als reg.  Saterdagmiddag bel die lugvragagent my en laat weet dat die bokke nou nie meer 05h00 gelaai gaan word nie, maar eers 11h00, die vlug is vertraag.  Maar dis aanvaarbaar want hulle sal nogsteeds voor 00h00 Dinsdagnag daar land.

So daag 20 Julie op, ons laai die bokke oppie trok en ons ry.  Toe ek op Ventersburg se OVK stop om diesel te gooi, bel die lugvragagent my weer en ek weet toe sommer hier is akkies.

Daar is 'n tegniese probleem met die vliegtuig se landingstuig op Entebbe, vlug is met 24 uur vertraag.  Nou dis 'n neukery omdat die permit dan reeds sou verval het en dan gaan hulle nie daai bokke van die vliegtuig aflaai nie.  Bel die klient, hy is, um, moerig.  In plein Afrikaans.  Ek verstaan en paai hom hier en praat mooi daar.  Hy sal sien wat kan hy met die permit uitrig.

Intussen rel ek oorstaanplek vir die bokke want hulle kan nie so lank op die trok staan nie.  Dis eintlik nie toegelaat nie, hulle mag tussen my kwarentynstasie en die lughawe nrens afklim nie.  Maar ek kan nie anders nie en ek gaan hulle nie so lank op die trok laat staan nie.  Ons se maar niks nie.  Ek koop toe voerpille by OVK en daar vertrek ons weer.  Laatnag in die stad aangekom, afgelaai, mooi versorg, gewater en gevoer en daar staan die bokke lekker rustig. 

« Last Edit: August 05, 2020, 03:11:30 pm by Dorsland »
'Tis the times plague, when madmen lead the blind.

King Lear
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,212
  • Thanked: 691 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3085 on: August 05, 2020, 02:54:41 pm »
Dis by 'n man wat voorheen 'n klompie bokke as stokperdtjie by my gekoop het en sy fasilitiete wat hy ingerig het is baie mooi.
'Tis the times plague, when madmen lead the blind.

King Lear
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 31,817
  • Thanked: 791 times
    • dustriders.co.za
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3086 on: August 05, 2020, 03:01:43 pm »
Kyk daai helse elektrick drade bo op die vibrecreet om bok se kind binne te hou!! ;) :peepwall: :lol8:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,212
  • Thanked: 691 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3087 on: August 05, 2020, 03:04:33 pm »
Maar die einde was nog nie in sig nie.

Ons laai die bokke toe 22 Julie 05h00 in die kratte om 08h00 in die vliegtuig te kom dat hulle kan vlieg.  Maar, maar, maar.  Dis Afrika di.

Die vliegtuig is toe op Lusaka vertraag, kom laat op Johannesburg aan, minimale personeel op die lughawe hier beteken dat die omdraaityd langer as gewoonlik is.  Vliegtuig vertrek toe eers 17h30 die middag.  Ai man, arme bokke.  Kom toe amper middernag daar op Entebbe aan en moes toe nog 4 ure per trok na die koper se plaas toe.  Word daai arme bokke eers 05h20 Donderdagoggend op die plaas afgelaai.

Ek berus my daarin dat ek hulle goed voor die tyd gevoer en getroetel het, goed die vorige aand hier by my laat vreet en ook goed op die oorstaanplek laat vreet so hulle was redelik OK gewees.  Niks beserings nie, geen vrektes, niks olikheid onder hulle nie.  Die klient se fasiliteite wat hy geskep het is baie goed, hy is baie tevrede en het reeds 'n 2de bestelling geplaas.

Maar di goed maak my voor my tyd oud, waaragtig.
'Tis the times plague, when madmen lead the blind.

King Lear
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,212
  • Thanked: 691 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3088 on: August 05, 2020, 03:05:14 pm »
Kyk daai helse elektrick drade bo op die vibrecreet om bok se kind binne te hou!! ;) :peepwall: :lol8:

Dis om die terroriste uit te hou  :peepwall:
« Last Edit: August 05, 2020, 03:07:43 pm by Dorsland »
'Tis the times plague, when madmen lead the blind.

King Lear
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,212
  • Thanked: 691 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3089 on: August 05, 2020, 03:10:21 pm »
Mens kan sien die koper het moeite gedoen om als voor te berei vir die bokke.  Ek hoop hy doen goed.
'Tis the times plague, when madmen lead the blind.

King Lear
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,212
  • Thanked: 691 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3090 on: August 05, 2020, 03:11:03 pm »
Drie sulke trokkies het die bokke van Entebbe na die koper se plaas toe geneem.
'Tis the times plague, when madmen lead the blind.

King Lear
 

Offline Oubones

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 3,427
  • Thanked: 589 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3091 on: August 05, 2020, 03:12:17 pm »
Kyk 'n boer kry die ding gedoen, al is dit met 'n gesukkel saam! :thumleft:
Wel gedaan en ek is nie verbaas dat hy weer bestel het nie.
Ek boer nou weer lekker saam.
Ek het ook darem anderdag vir my trekker gekoop, maar geen implimente. :peepwall:
Enkel skaar ploegie self gebou en verder leen ek maar vir eers!
Dakar 650
SR 500
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,212
  • Thanked: 691 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3092 on: August 05, 2020, 03:14:29 pm »
Lekker Oubones, wat gaan jy plant?  Groente, weidings?  Gooi bietjie kiekies man, Ons hou mos van enigiets met wiele.  :thumleft: :biggrin:
'Tis the times plague, when madmen lead the blind.

King Lear
 

Offline ClemS

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 582
  • Thanked: 53 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3093 on: August 05, 2020, 03:14:46 pm »
Kyk daai helse elektrick drade bo op die vibrecreet om bok se kind binne te hou!! ;) :peepwall: :lol8:

Dis om die terroriste uit te hou  :peepwall:

Dit kan slegs in Gauteng wees....  :pot:
 

Offline Oubones

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 3,427
  • Thanked: 589 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3094 on: August 05, 2020, 04:55:10 pm »
Lekker Oubones, wat gaan jy plant?  Groente, weidings?  Gooi bietjie kiekies man, Ons hou mos van enigiets met wiele.  :thumleft: :biggrin:
Ek wil nog vrugtebome asook bietjie groente plant.
My grond is te klein vir weiding.
Dakar 650
SR 500
 
The following users thanked this post: Dorsland

Offline Namakwalander

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3095 on: August 06, 2020, 07:13:03 am »
@Namakwalander dis eienaardige weer, waaragtig.  Ons het hier in Junie loshande die koudste dag en nag met geweldige winde gehad.  Maksimum temperatuur was 2C gewees, berge was lekker wit van die sneeu.  Dan was daar weer so 'n paar dae baie koud gewees maar verder was die temperature na my mening eintlik baie matig.  Verlede naweek was kortbroek en kortmouhemp gewees, 24C.  In die dorp, wat sowat 5C warmer as hier is, het ek al nou in die winter 27C gemeet.

More wys YR vir ons baie sneeu en maksimum 2C weer.  Sal maar sien.

As ek na die bloekombome en van die bloubosse kyk dan sien ek koueskroeiskade op hulle so dit s vir my dit was wel kouer as verlede jaar.  Ek voel snags is my voete koud wat ek nie voorheen mee gesukkel het nie.  Dalk is dit ouderdom :)

Ek hoop maar hierdie jaar se kouer winter is n teken van goeie dinge wat oppad is. Maar op daai noot, by my skoonpa in Kuruman het die lemoen en suurlemoen bome ook redelik skade van die koue en hy vertel daar was n paar oggende waar hy die water in die krip met n klip moes stukkend kap.

Dankie vir die deel van die bokke vervoer storie. Baie interessant vir n kommin myner soos ek.
Born to be Mild
 

Offline bud500

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3096 on: August 06, 2020, 10:46:43 am »
Ek voel snags is my voete koud wat ek nie voorheen mee gesukkel het nie.  Dalk is dit ouderdom :)

Bietjie laat vir koue voete kry, is dit nie....

Interesant om te lees, al is dit n stryd.

Kry jy nou en dan terugvoer van ouer kliente wat vroeer in hierdie thread genoem is?
May the bridges I burn light the way...
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,212
  • Thanked: 691 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3097 on: August 15, 2020, 10:33:24 am »
@bud500  ek is jammer om te hoor lees is 'n stryd. Hoop dit raak vinnig makliker  :ricky: :lol8:
« Last Edit: August 15, 2020, 10:53:21 am by Dorsland »
'Tis the times plague, when madmen lead the blind.

King Lear
 
The following users thanked this post: bud500

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,212
  • Thanked: 691 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3098 on: August 15, 2020, 10:57:16 am »
Dis al weer lentelamtyd.

Na ons redelike goeie ren vroer vanjaar is my veld nogal goed en my dragtige ooie lyk mooi sommer so van die veld af.  Die stoetooie staan nou hier in klein kampies waar hulle gaan lam.  Voorverlede week het ek nog 'n bokafdak of 2 gebou dat hulle darem uit die wind en weer kan kom. Die voorspelling wys van vanaand af sneeu en ysren so ek is baie bly vir die afdakke.  En behalwe vir "threaded rod", wassers en moere en die verf was als hier oppie plaas gewees.

« Last Edit: August 15, 2020, 11:05:59 am by Dorsland »
'Tis the times plague, when madmen lead the blind.

King Lear
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,212
  • Thanked: 691 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3099 on: August 15, 2020, 11:05:29 am »
Nog so 'n paar kiekies vir die manne wat suinig met hul data is.  :biggrin:

« Last Edit: August 15, 2020, 11:07:36 am by Dorsland »
'Tis the times plague, when madmen lead the blind.

King Lear