So gaan ek vanoggend Poskantoor toe om 'n pakkie vir iemand te stuur, gaan haal toe sommer die pos ook uit. Gaan die pos soos gewoonlik deur om van al die gemorspos ontslae te raak, sien toe 'n E-TOLL koevert tussen al die pos. Maak oop en sien dit is 'n E-TOLL rekening met die pad bike se nommer op, nogals.
Ek bly op Vredendal aan die Weskus, hoe in die kak was ek nie by my girl nie. Sy het hulle toe gebel, hulle stry vir dood dis ek wat daar gery het. Ons wag nou maar die foto's van die voertuig ....