OPRUK NA DUITSWES

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
A

Adventure MX

Guest
This was a trip done by UFUDO and friends.  This ride report was published on my website (www.adventuremx.co.za) and it received alot of interest.  I thought I would share it with you guys, seeing that Namibia is getting so much attention.

TRIP TO NAMIBIA (15th JULY - 20th JULY 2004)

PLACE: SWAKOPMUND  (Accommodation: MUNCIPAL A-FRAMES)

RIDERS: CHRIS, GARTH, JAAP AND HEIN

HOST: LUKE PENNYFARTHER

OPRUK NA DUITSWES

Die manne in die Adventuremotorcycling bende met klein fietse praat al geruime tyd van 'n trip na duin 7 en ander speelplek in SWA - (Namibie klink hopeloos te mak). Hiermee die oom se unabridged version van die jol. Garth Bell - kleinboet, en Hein Prisloo - boetie, laai my vroegoggend15de Julie in Pretoria op - kleinboet aan die leisels van sy Colt doublecab, boetie ry shotgun en jors troelie sit agter - deel koffie en kos uit enchirp heelpad. Ek heet Jaap Claassen, oftewel uncle; the flying dutchman. Ons is op pad na Gaborone waar Chris Vorster - ouboet, ons verder sleep met sy vinnige towlorrie;- 'n diesel BMW X5 na Swakopmund om duin 7 plat te gaan ry. Ons sleep boetie se YZ250, kleinboet se YZF250, ouboet en ucle se WR450's op 'n moerse gepakte 3 bike treiler - 4 bikes - kleinboet se bike staan voor, agter nosecone, opgejack op 'n praktiese homemade "Bell" stellasie. Ons vreet heelpad - droewors, billos, koffie en Belinda - kleinboet se beter helfte - se lekker hambroodjies. Kleinboet praat ons uit 'n speedfine in Groot Marico - die dame spietcop wag nou nog vir sy beloofde geskenk vanuit Duiswes!  Lunchtime is ons op Gaborone waar ouboet al ongeduldig rondtrippel - hy's
die groot duineryer. Ouboet het coolerbox gelaai met expired chocolates wat jou skynbaar sterker maak - alhoewel jy aircleaners opdoner as jy te veel
eet - meatpies, bier en koeldrank. Ouboet se musiek - moerse smaakvol - en die X5 maak die pad kort - 160kph met gelaaide treiler en kar vol mense, drank en kit - om nie te praat van kamera equipment, gps' en wat nog. Die motor het selfs blinders wat die son van boetie se teer velletjie af hou. Sy keis smeer hom gedurig in met preparate om hom jonk te hou - slegs hy meen dit werk. Ouboet praat ons ook uit 'n speedfine in Botswana - die handvol verslaande chocolates en biltong vir die spietcops help ook seker. Ongeveer 21h00 is ons oor grens - ingeboek by 'n gawe antie se B&B Onserus op Gobabis.


Volgende oggend vroeg op, breakfast, en vat die pad. SWA is baie mooier as wat ek onthou - ek's laas hier deur op 'n fools mission - troepetrein grens toe in '78 - PW se kak grensoorlog tydmors. Ons ry anderkant Windhoek, duskant Okahanja langs die bemostendse grond bergpas vir ongeveer 40km. Ek kom eendag terug op my vintage GS en ry die pas - alhoewel ek dink dis op 'n wilsplaas. Op Windhoek kry ons vir Luke Pennyfarter (of so iets), 'n vriend van ouboet - en gou-gou ons pel ook. Lukas, my seun, jou geselskap is 'n plesier. Lukas is 'n droster uit RSA wat nou in SWA enduro's ry op sy WRF250 en Swakopmund gebied ken. Etenstyd stop ons by A-frames in Swakopmund, langs woestyn. Die afpakkery is gou, die opkittery nog gouer. Boetie se YZ sleep heelpad agterna sonder aircleaner in die airbox - hy se dis ok so - wie's ons om te stry. Uncle het sy vergassersproeier vroer die week vergroot na #180 vanaf 178 - Andre by Shimwells se raad - en dit was spot on. By die kus moet jy ryker op 'n 2stroke - meer suurstof as aan die Rand. Hy monteer aircleaner - soos die ou fool wat ek is - sonder toesig. 5km in duine in op ons eerste trip met die speelgoed - steek sy needle & seat vas - petrol stroom. Boetie help, die ander gaan verder, duine in - oom fix die YZ - danksy kleinboet se compehensive toolkit - floatbowl baie vol woestynsand. Moerse gesukkel om met grootmenshande die carb los te kry, floatbowl af, needle & seat uit, sonder om parte in woestyn te verloor. Carb is skoon, teruggesit. Boetie ry 'n draai, die pertrol pis weer. Ek ry YZ terug A-frames toe - petrolkraan oop om floatbowl te vul, dan toe tot sy begin rev - te lean, baie lug, min petrol - weer petrol oop, toe, ensoblerrievoorts. By die kamp maak ons carb skoon en besluit om binne airbox te reinig. Die manne keur terug van hulle trip - met droe rivierloop af, deur ou modder - stink blykbaar erger as ou winde - in duine in, ens. Hulle rave oor die trip, gee vergasserfix raad rondom verskeie biere - ek & boetie swoeg en swets. Die fout's gevind - met aankoop van fiets het boetie 2 spaar filters gekry. Een van die is nou gefit - dis 'n ou lughawe windkous - verkeerd vir YZ250, moerse groot vir die airfilterframe en gevolglik neuk die hele woestyn se sand die vergasser in. Boetie was regte filter in my alloy kospot - het regte filter olie - ek meen gom - op filter - ek was nou nog aan pot om gom te verwyder en weer kampkos in hom te maak. Heelpad stry ons al oor bike 2000km sleep sonder filter, en nou nog te groot filter - ek loop - dis makliker om te stort - vriendskap is belangriker as om oor akkies te stry.


Na stort suip ons 'n wyle verwoed - moet in die mood kom vir die aand se etery in das echte Nabishce eethaus - die manne eet gebraaide,gerookte gepiekelde varkknie - eisbein - hulle praat heelpad hiernatoe soveel hieroor as oor duineryery! Dit lyk aangenaam, is te veel en smaak die volgende middag eers lekker. Oom is effe omgekrap & drink imodiums om uitlaat toe te sement eer 'n glips te begaan.
Ons ontmoet die aand vir OD - parachute instructer - vrind van Lukas - spekskieter en Swakopmund duinery raadgewer - hy ry 'n oranje 450. Ek sukkel
om die naam uit te spreek want hulle is oorprys & die hooftak hierbo by ons sien net jou geld. Ek wens net my Yamaha was ook oranje - die kleur is mooi. OD bullshit blykbaar professioneel vir Namibie se eerste span- ons is lanklaas so vermaak! Hy meen die duine is baie sag - dit waai al 'n week
lank in Swakop. Toe die wind hoor ons kom, hou dit op - pragtige weer. Die volgende oggend na 'n lekker ontbyt - Namibiers is vriendelik - kies ons koers na Rossing mountain - 'n waserig 40km in die distansie.  Nou kan ek en boetie saampraat - sy boney ry soos 'n droom. Dit is die beste ryplek op aarde! Hierdie oom het al orals gespeel met scramblers - ry mouterbaaiks vanaf Triumph Tiger dae - in die '60's - die is van die beste off-road terrain - die stories oor Namibie word nie vergroot nie.  Ons ry in die algemene rigting berge toe;- langs mekaar - 100m of meer uitmekaar, jy sien waar jy ry - bloedwynig bosse, geen heinings, verkeer of mense nie. Jou buurman se stof pla nie en as dit pla kry, vir jou 'n ander stuk woestyn of ry hom verby; daar's oorgenoeg spasie. Die see 10km weg is enigste beperking. Orals is slote, koppies en riwwe, om nie te praat van die vlaktes tussenin. Ek's bly die WR het nie 'n speedo nie - sy's 1 tand groter voor en 2 kleiner agter - 15/48 ratio - en is oorhaastig - taps op plekke - ek't laas so lekkergekry toe vry hoofsaak was! Dankie vader vir mouterbaaiks! Ouboet ry met 'n volgrootte videokamera op sy helmet gemonteer - weereens het kleinboet se tools, planne en duct tape gewerk. Lukas se spons wig die kamera in posisie. Ons show moerse af vir die kamera - broadslide, ens. Ek en kleinboet laat die ander gaan en ry saam - oorweldig deur die woestyn, elkeen met sy gedagtes. Ons ruil fietse - die 250F ry ook allright, maar ek soek spoed vir die vlaktes. Hy's ook bly om weer bikes te ruil, ek jaag & hy's meer kalm met die geryery - 'n man verkies maar sy eie boney.  Na 30km is ons by berg & soek die ander manne. Ouboet sluit by ons aan, en ons soek roete berg-op. Daar's blykbaar 'n foefie slide vanaf die top. Beslis nie vir die ou nie. Voorkant is onbegaanbaar & ons ry agterkant toe, op die ander se spoor. Kleinboet, die tegniese ryer waai van die kommunikasie toring op die berg 650m op - die fm toring op hoof berg het net voetpaaie boontoe. Vanaf die bergtop sien ons hoe maak die manne hierbo in de Wildt stof. Amper so ver gesien. Ons geniet die oomblikke op die berg - kyk die niet in, praat, neem foto's. Op die groot fietse is dit dieselfde - elke stop is geweldige gepratery - familie kuier mos lekker saam.


Berg af gaan ons anderkant om & speel in die wit sand. Kleinboet soek pad op na fm toring, haak effe vas - op sy eie terwyl ons speel in die sand.
Hy's kis toe ons weer ontmoet - val effe , breek clutchlever & ry so terug - clutchloos is boggerall as jy gesout is. Ek en Lukas vat die voortou terug - jaag te lekker, elkeen teen sy eie spoed, in die algemene rigting terug. Terug Swakopmund toe moet jy kophou & in die rif wat Swakop toe loop se algemene rigting ry aangesien jy nie 'n teiken soos berge het om voor te mik nie. Naby die lughawe waar ons OD gaan sien & verversings geniet, sien die oom nie die pad - 6m wyd met halfmeter hoog wal weerskant nie, ry te lekker en te vinnig - goed moeg van al die afshow ook - WR neem die wal in sy stride &
ek neem dit soos die akrobate wat freestyle doen. Gelukkig was die footpegs onder my voete toe ek anderkant pad eers weer saal toe kom anders was my stem nie dieselfde, het 'n paar oktawe gestyg! Lukas was goed impressed met die akrobatiese oom. Jammer die filmcrew was nie by nie. By die A-frames gekom, refuel ons & gaan speel in die duine. Spoed is hier die antwoord, jy moet plane soos 'n speedboat. Ek sit bo-op duine & kyk hoe speel die kinders - boetie word gespray toe hy stall & Yz probeer start. Dan word iemand anders weer gespray. Chris verdwyn & ons ry agterna. Die WR het gedood - wil nie vat - eers terug tuis vervang Shimwells die keyway wat stator houvas - 'n R7 part het ons gekortwiek! Dit gebeur skynbaar met sommige 2003 WR's, is reggemaak dmv skokbreker op cluch vir 2004. Omdat ouboet groter as ek is & kleinboet met sy 250F gaan sleep, sit ek die agterste bike. Hulle was op Countrytracks kursus & het o.a. geleer hoe om te tou - voorste bike se vashaakplek linkerfootpeg, agterste aan regterfootpeg om gearlever te mis. Dis maklik - as jy op teer of gelykpad is - ons is innie duine! Om aan die gang te kom is moeilik in die los duine - ek sit eers, ouboet stoot die WR terwyl kleinboet die 250F ref & probeer wegkom. Ek stoot ook later & probeer opspring toe ons aan die gang kom, maar kannie - kleinboet sleep te vinnig, my tree is te lank & word langer soos spoed bou. Ek skreeu vir kleinboet om te stop - hy hoor fokol, ref net die 250. Ek raak kis, is te blerrie bejaard vir hardloop & oorweeg om bike te los, maar kannie; ouboet hol agterna om bike te vang en my te moer as ek laat los. Kleinboet stop uiteindelik.
Ek's poegaai, wil lag - kannie, het geen asem. Ek kyk op - boetie sit anderkant & lag & om verskoning vra uit respekte vir my op diesefdertyd. Ons
lag eers klaar & bekla die feit dat fotograaf van diens af is om die geneuk af te neem & sodoende pryse te wen. Ons kom aan die gang & tou tog te lekker aan die 5 of so km oor duine en dale. Dis maklik - jy moet netnie so dom soos ek wees nie - agterste ou is brieke vir albei bikes.Sondagoggend is dit duin 7 se beurt - hy's nou heelwat platter - ouboet het daarvoor gesorg.


By myl 14 speel ons eers op die strand. Die manne spring oor strandriwwe, broadslide, sprei mekaar met sand & seewater. Ouboet neem net videos van die spelende kinders. Ek en boetie kry 'n wye grondpad & dice. Weer en weer. Hy kannie glo my skip kan sy speelding wegry. Ons is later op die teerpad. 1ste, 2de is ons gelyk, 3de begin WR sy staal wys & dan's dit koebaai. Groot 4-strokes rule! 2-slag is vir die baan, nie vir die vlaktes nie.
Ons land by duin 7 & ouboet, die stuntman, gaan ballisties. Hy bestyg die duin - eers van ver af, dan teen die kant op en so meer. Ek is nie mal oor duine nie - effe hoogtevreserig - en ry eenkeer van voor af met min aanloop - moet afshow - en eenkeer vanaf sykant. My WR is ouboet s'n vir die duin.
Boetie ry nie so hoog teen duin op nie en ons ry al om hom totdat hy confused is & vergeet hy't hoogtevrees. Sodoende beland hy op die top van duin 7.
Kleinboet gaan haal hom so 40km weg & die 250F vlieg amper bo-oor duin 7. Ek lieg effe by, hy't nie so ver aanloop nodig nie. Ouboet kan nie genoeg van duin 7, my fiets se gearing, pyp - GYTP of so iets - en suspensie kry nie. Ek like dit - my fiets loop & klink pragtig, wragtig, veral op tagtig. Daar's baie moeite gedoen met regtune van die fiets & suspensie. Ek geniet die klank en gesig van die bikes op die duine terwyl Lukas braai. Hy en ek's dit eens - duine is nie vir ons nie, bring die tegniese ryery. Te gou sak die son - 'n mooi gesig in die woestyn - en ons waai terug Swakop toe. Luke keer terug Windhoek toe. Dankie seun, ons het die jol geniet - kom de Wildt toe sodat jy kan voel hoe steek 'n pedoring en vind uit wat is bosse.
Die trip terug was een van vele bespiegelinge, persoonlike lewens met goeie vriende uitsort, en baie bullshit. Ook 'n moerse antiklimaks na die memorable 6 dae - 4 dae reis vir 2 dae plesier. Ek se weereens dankie vir my tjomme en dat ons merendeels werk om ons hobby te onderhou - off-roading op klein en groot fietse.

Uncle the flying Dutchman thanks his companions, SWA and the fact that he
discovered off-road motorcycles in the late 1800's or thereabouts.

 

Attachments

  • nam2004b.JPG
    nam2004b.JPG
    15.6 KB · Views: 252
  • nam2004c.JPG
    nam2004c.JPG
    20.6 KB · Views: 254
  • nam2004d.JPG
    nam2004d.JPG
    12.4 KB · Views: 253
Top