Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Ons 3 se trippie (Bloem - Hogsback - Baviaans - Plett - Die Hel - George)  (Read 3361 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Probie

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS
    Location: Free State
  • Posts: 1,099
  • Thanked: 9 times
  • The Great Outdoors are waiting for us
    • View Profile
Ons drie is nou ek, my vroutjie, en my pa wat besluit het ons gaan bietjie erens heen ry. Daar was nie baie beplanning gedoen nie. Ons het so week voor die tyd 'n goeie tent, slaapsakke en...... die nodigste gekoop.
Geen bespreking van slaapplek of enige so iets nie. Ons het besluit ons sal slaap waar ons kom. Gelukkig was dit die 4 Januarie 2013 so ons het gehoop die meeste mense het kla vakansie gehou. Die aand voor die tyd het ons die padkaart oopgegooi en 'n roete beplan vir die volgende dag. Dit was min of meer elke aand se storie, en die roete moes natuurlik grond gewees het.

O ja, en my vroutjie was swanger ook nog teen daardie tyd, maar die dokter het ons die groen lig gegee. Solank ons net baie stop en bene rek. Vandag het ons die wonderlikste seuntjie wat God ooit vir ons kon gegee het. Hy is natuurlik glad nie bang vir die geluid van 'n motorfiets nie.

Nou ja, ek gaan so bietjie tik, en dan maar fotos opsit. Hulle vertel die storie baie beter as ek. Paaie kan ek nie eers meer onthou nie. Sal die kaart weer soek en dit op google maps plot, as iemand graag die roete wil sien.

Eerste stop was naby Bethulie, die brug in die fotos is glo die langste treinbrug in Suid-Afrika. Kan dalk in die Suidelike-halfrond ook wees.

Offline Probie

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS
    Location: Free State
  • Posts: 1,099
  • Thanked: 9 times
  • The Great Outdoors are waiting for us
    • View Profile
Re: Ons 3 se trippie (Bloem - Hogsback - Baviaans - Plett - Die Hel - George)
« Reply #1 on: December 15, 2013, 11:23:38 pm »
Burgersdorp het ons binnegestroom en skielik het 'n hongerte ons oorval. Ek besluit toe ek gaan die eerste beste persoon wat lyk na 'n local voorkeer en vra waar kan ons eet. Shame dit was toe 'n vrou met 2 klein kindertjies wat die gelukkig wenner is. Sy het haar eers doodgeskrik toe hierdie vreemde ding met 'n space suit en helmet op haar afstorm. Was nog besig om die helmet af te haal in die loop. Toe ons eers mooi vir mekaar kyk, besef ek, ek ken hierdie vrou......dit is Trix wat saam met my op universiteit was. Klein wereld ne! Sy het ons mooi bedye en lekker geeet by so Klein plekke wat lyk soos 'n kafee. Sodra mens met die trappe oploop is daar 'n dekke en als. Was baie lekker en kan dit sterk aanbeveel.

Offline Probie

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS
    Location: Free State
  • Posts: 1,099
  • Thanked: 9 times
  • The Great Outdoors are waiting for us
    • View Profile
Re: Ons 3 se trippie (Bloem - Hogsback - Baviaans - Plett - Die Hel - George)
« Reply #2 on: December 15, 2013, 11:31:00 pm »
Klaar geeet, bietjie aanwysings gekry van 'n paar boere wat ook ingleloop het, en nou is ons reg vir die pad. Ons het besluit ons gaan oor die Stormberg pass, wat toe eintlik baie mooi was. Meeste van die grondpaaie sover kon ons 120km/h handhaaf.

Offline Probie

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS
    Location: Free State
  • Posts: 1,099
  • Thanked: 9 times
  • The Great Outdoors are waiting for us
    • View Profile
Re: Ons 3 se trippie (Bloem - Hogsback - Baviaans - Plett - Die Hel - George)
« Reply #3 on: December 15, 2013, 11:38:04 pm »
Ons het so bietjie gestop in Sterkstroom om bene te rek, en na 'n ou trein gekyk wat in die dorp staan. Die res van die fotos is die grondpaaie na Hogsback.

Offline Probie

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS
    Location: Free State
  • Posts: 1,099
  • Thanked: 9 times
  • The Great Outdoors are waiting for us
    • View Profile
Re: Ons 3 se trippie (Bloem - Hogsback - Baviaans - Plett - Die Hel - George)
« Reply #4 on: December 15, 2013, 11:47:49 pm »
So het ons in Hogsback ingekom......en perongeluk aan die anderkant weer uitgegaan. Haha, dink dit was moegheid wat bietjie ingeskop het. Ons draai toe rustig net buite die dorp weer om en sommer die eerste plek op linkerkant sien ons 'n kampplek. Dadelik ingeboek en kamp opgeslaan. Darem maar 'n lekker gevoel om daardie bootse uit te trek en mens se kaal (stink) voete op die gras te skuur.

Ek was natuurlik weer honger gewees. Gas stofie aanmekaar geslaan en lekker boere-hotdogs gemaak. Sal maar een of ander tyd vir Master Chef inskryf. Daarna lekker gesit en kuier en gesels oor ons eerste dag en wat more vir ons voorle.

Offline Probie

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS
    Location: Free State
  • Posts: 1,099
  • Thanked: 9 times
  • The Great Outdoors are waiting for us
    • View Profile
Re: Ons 3 se trippie (Bloem - Hogsback - Baviaans - Plett - Die Hel - George)
« Reply #5 on: December 16, 2013, 03:47:00 am »
Ons het die volgende oggende so saam met die son opgestaan soos mens gewoonlik doen as mens in 'n tent slaap. Als is stadig ingepak, gesorg dat die son die natterigheid van die dou droogbak, nodige fotos is geneem wat nog op die ander kamera is. Totsiens is gese aan die vriendelike mense van Hogsback.

Ons beplanning vir vandag was hoofsaaklik baie teerpad as gevolg van die afstand wat gedoen moes word en omdat ons nie regtig ander paaie kon kry wat ons Baviaans toe vat nie.

My redenasie was toe maar teer vandag, Baviaans more. Dit het my baie beter laat voel. Ek moet bieg en se, die teer was toe glad nie so sleg nie, want die scenery het opgemaak daarvoor.

Ons het weer so rus rus aangegaan totdat ek honger geraak het en 'n stop in Grahamstown gemaak het vir 'n lekker Steers burger.  Van hier wou die KTM net Baviaans toe. Moet seker die see lug wees.  :ricky:

Offline 4 Kays

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XRV 750 Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,332
  • Thanked: 5 times
  • Live your life - you only have one to live !!
    • View Profile
Re: Ons 3 se trippie (Bloem - Hogsback - Baviaans - Plett - Die Hel - George)
« Reply #6 on: December 16, 2013, 07:12:14 am »
Hou so aan met die RR - ons wereld die in die Oos Kaap :sip:
 

Offline Probie

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS
    Location: Free State
  • Posts: 1,099
  • Thanked: 9 times
  • The Great Outdoors are waiting for us
    • View Profile
Re: Ons 3 se trippie (Bloem - Hogsback - Baviaans - Plett - Die Hel - George)
« Reply #7 on: December 16, 2013, 09:30:45 am »
Na nadat ons die vriendelikste stad in Suid-Afrika (dit is nou die baai vir die wat nie weet nie......en vir die ouens in die Vrystaat, die baai is nie Mosselbaai nie maar PE) verby is was my boude maar lekker seer van die heeldag se gesit. Dit is darem 'n onbeskryflike gevoel as mens die eerste keer die see sien en jy het so ver met die fiets gery. Aan die Oos Kaap honde, julle provinsie is verseker een van die mooistes.

Nadat ons van die N2 af gedraai het na Patensie toe, moes ons weer bietjie stop vir bene rek en al die nodigste. Patensie was laaste petrol ingooi en het geweet die volgende petrol is eers op Uniondale. Gelukkig het my vrou vir ons 'n klein petrol kannetjie by Makro gekoop net voordat ons gery het.
Ek glo darem ek sou dit sonder die ekstra petrol maak, maar dit is darem maar lekker om te weet daar is vir die nood.

Nadat ons Baviaans amptelik ingegaan het, is daar 'n kampplek. Dit is dieselfde plek waar jy jou permit koop. Baie lekker gekamp maar die amblisie bloke was verskriklik vuil en amper geen warm water nie. Sal dit nie aanbeveel vir iemand nie. Verbasend was daar baie mense in die kamp.

Nadat ons kamp opgestaan het, net voordat ek begin honger raak, besluit my vroutjie sy wil die wereld verken......Nee maar dit is reg, ons sal rustig koffie drink en 'n paar sigarette rook terwyl sy verken. Blykbaar het ons nie mooi verstaan nie. Ons gaan saam! Sy is bang vir bobejane, en ek moet se, op daardie stadium was ek bang vir haar met die hormoon vlakke wat bietjie onstabiel is. Ons het lekker gestap, mense ontmoet, trappe geklim en absoluut geen dier gesien nie. Omgewing was darem baie mooi.
Het sommer 'n paar fotos ingesit. Nou ja die eet en als, was dit slaaptyd. Toe my kop die kussing vat,toe besef ek, ek doen more die Baviaans.
« Last Edit: December 16, 2013, 09:35:38 am by Probie »
 

Offline Probie

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS
    Location: Free State
  • Posts: 1,099
  • Thanked: 9 times
  • The Great Outdoors are waiting for us
    • View Profile
Re: Ons 3 se trippie (Bloem - Hogsback - Baviaans - Plett - Die Hel - George)
« Reply #8 on: December 16, 2013, 09:56:50 am »
Volgende oggend het ons weer soos normaal so saam met die son opgestaan. Hierdie keer bietjie later want ons is in 'n kloof. So alles bly nat vir langer en die son vat sy eie tyd om daar uit te kom. Ons het als opgepak, my jumpsuit soos ek dit noem aangetrek en daar gaan ons. Die eerste stuk het ek saam met die bakkie gery, maar die KTM sukkel om so stadig te ry. So ek het gewoonlik vooruit gery en dan gestop op die mooi plekke vir bene rek, en 'n sigarette of 3.

Die volgende paar fotos is net tot by die volgende check point waar hulle kyk of jy 'n permit het. Baie vriendelike mense. Hierdie paaitjie is mooi en mens gaan deur so paar stroompies wat enige iemand kan doen.

Offline Probie

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS
    Location: Free State
  • Posts: 1,099
  • Thanked: 9 times
  • The Great Outdoors are waiting for us
    • View Profile
Re: Ons 3 se trippie (Bloem - Hogsback - Baviaans - Plett - Die Hel - George)
« Reply #9 on: December 16, 2013, 10:44:31 am »
Na die checkpoint raak dit ongelooflik mooi. Ons het dit baie rustig gevat vir die wat bang is hulle kan dit nie in een dag doen nie. Ek gaan eerder net klomp fotos opsit, want woorde kan nie regtig hierdie storie vertel nie.

Offline Probie

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS
    Location: Free State
  • Posts: 1,099
  • Thanked: 9 times
  • The Great Outdoors are waiting for us
    • View Profile
Re: Ons 3 se trippie (Bloem - Hogsback - Baviaans - Plett - Die Hel - George)
« Reply #10 on: December 16, 2013, 10:48:46 am »
Nog.....

Offline Probie

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS
    Location: Free State
  • Posts: 1,099
  • Thanked: 9 times
  • The Great Outdoors are waiting for us
    • View Profile
Re: Ons 3 se trippie (Bloem - Hogsback - Baviaans - Plett - Die Hel - George)
« Reply #11 on: December 16, 2013, 11:18:16 am »
Nou ja, voordat ek aangaan met die fotos, moet ek eers my storie vertel...
Die oggend voordat ons vertrek het by die kamp. Ontmoet ons die mense wat langs ons gekamp het. Hulle het die aand laat eers daar aangekom. Ons vertel toe dat ons oppad deur die Baviaans is, en vra so bietjie raad. Die engelsman se toe nee wat, ons sal geen probleem he nie. Die watervlak is bietjie hoog, maar solank ek nie omval nie, is dit 'n gravel highway. Hy verduidelik toe dat sy Land Rover lekker geloop het met geen probleme.

So net voor ons vertrek, se hy vir my. Wees maar net versigtig by die plek waar mens deur die riviertjie moet gaan. Dit is redelik lank, baie riete en jy moet asb vir die twee groot gate kyk op linkerkant sodra jy op die sementblad is. Die vlak van die water het dit moeilik gemaak om die twee gate te sien.hy las toe ook by dat die sement net so kort stukkie is,en dan is dit pebbles. Nou in my woorde skat is pebbles kleinerige wit klippies. Ek so toe vir hom, dit sal nie 'n probleem wees nie. Ek kan in water, sand, modder ry, so wat is 'n paar pebbles nou.

Haha, kry ek die skok van my lewe. Gate is gemis, maar toe ek die kastige pebbles tref, wat so 5 meter in nog mooi lyk skielik opraak. Met geen sig onder die water tref ek die eerste groot klip met my voorwiel wat veroorsaak dat ek my Balkans verloor na die linker voorste kant. Ek het amper herstel van die flipped rots toe tref ek die volgende een. Teen hierdie tyd lyk ek soos 'n balariena wat nie weet watter kant toe nie. Na die 3 een toe is ek skuins oor die handlebars en vat 'n duik soos Ryk Neetling nie kan doen nie.

Dadelik op, en probeer die fiets onder die water uitkry. Met die gesukkel en krap wat mens dan het, breek ek amper die spieel af wat aan my baaitjie vashaak. Fiets regop, probeer start.....klink asof my fiets verkoue het. Hy nies net vir my. So kry ek redelik water uit die 2 exhaust uit. Maar die battery besluit hy het nou genoeg gehad.

Nou moet ek hierdie fiets uit die rivier kry, want ek kan nie die sump oopmaak waar ons nou staan nie. Dit is onder water. Dit het my 'n goeie jury gevat om die fiets weer op die wal te kry. Daardie klippe is snot glad met jou bootse. Darem'n goeie afkoel gekry. Onthou my pa is 64 en my vrou is verwagtend. So ek het nie veel hande gehad nie. Hulle het meer gebalanseer terwyl ek die fiets oor die klippe tel.

Op wal het ek als uitmekaar gehaal. Wil vinnig jump......waar is die kabels.  ??? Hulle is nog in Bloem. So hier sit ons. Gelukkig na 'n ruk. Kom twee duitsers verby met hulle Toyota. In ons gebroke engels verstaan ons toe mekaar en hulle kry die jumpers. Baie vriendelik en die ou het glo ook 'n dual fiets by die huis. KTM vat toe weer 'n nies of twee en daar brul hy. Spoeg die KTM sy arme vrou swart met die water waar sy toe net op die verkeerde tyd, op die verkeerde plek staan. Als aanmekaar gesit, checks gedoen, en daar gaan ons.

Hierdie keer vat ek dit rustig en paddle sommer deur. Amper op die einde van die rivier, toe raak 'n Suzuki SUV ontklaar en wil nerens heen gaan nie. Die vrou agter die stuurwiel vra toe dat ek moet help. Eers gesukkel om my fiets te laat staan in die riviertjie, want hy mag ook nie vrek nie. Kry ons die Suzuki uit die water. Twee vrouens met 'n Suzuki in die Baviaans  :peepwall:. Ons het later by ander mense gehoor hoe hulle gejaag het en amper 'n paar mense gestamp het.

Hierna was weer mooi paaie tot by die plek waar ons gekamp het. Ek sal al hierdie fotos van die rivier opsit as ek dit gekry het. Ek het geen fotos geneem onder hierdie omstandighede nie  :ricky:


Offline Probie

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS
    Location: Free State
  • Posts: 1,099
  • Thanked: 9 times
  • The Great Outdoors are waiting for us
    • View Profile
Re: Ons 3 se trippie (Bloem - Hogsback - Baviaans - Plett - Die Hel - George)
« Reply #12 on: December 16, 2013, 01:26:31 pm »
Die pad het baie meer platter en stof het skielik opgeskiet soos ons ry. Kan dadelik agterkom wanneer mens spoed begin optel. Ons het by twee winkeltjies langs die pad gestop vir koeldrank. By die laaste een het ek vir my 'n hoed en 'n sticker gekoop. Dink ek verdien dit na my gesukkel. Sekere tye het ons tot 140km/h gery. So die pad was regtig mooi. Na 'n hele paar kilometers het ons kampplek gekry by die naam van Uitspan.

Offline XXL

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DL 650 V-Strom
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,530
  • I am Blessed
    • View Profile
Re: Ons 3 se trippie (Bloem - Hogsback - Baviaans - Plett - Die Hel - George)
« Reply #13 on: December 16, 2013, 01:37:51 pm »
Very nice indeed. Thanks for sharing. Looks like a lekker trip....oh Ja, congrats on the little boy. They are a Blessing! :thumleft:
 

Offline Probie

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS
    Location: Free State
  • Posts: 1,099
  • Thanked: 9 times
  • The Great Outdoors are waiting for us
    • View Profile
Re: Ons 3 se trippie (Bloem - Hogsback - Baviaans - Plett - Die Hel - George)
« Reply #14 on: December 16, 2013, 01:42:08 pm »
Natuurlik na die tent op is, is die kos gemaak. Lekker geeet en sommer in die swembad gaan spring om die spiere bietjie te herstel. Die bietjie wat ek het. Die plek is regtig baie mooi en kan dit aanbeveel. Die eienaar van die plek ry self motorfiets en ek het 'n Wild Dog sticker op sy deur gesien. Hy het my ook vertel dat die watervlak darem bietjie gesak het van die vorige week. Want hy moes 2 BMW R1200GSA gaan haal het in die Baviaans omdat die water in die engines ingegaan het. Hulle moes glo snorkels opgesit het om deur te gaan. Dankie tog ek was nie die vorige week daar deur nie.

Sommer 'n paar fotos van ons kamp.
« Last Edit: December 16, 2013, 01:43:55 pm by Probie »
 

Offline spoedvark

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,067
  • Thanked: 7 times
    • View Profile
Re: Ons 3 se trippie (Bloem - Hogsback - Baviaans - Plett - Die Hel - George)
« Reply #15 on: December 16, 2013, 03:24:48 pm »
Lees en ry lekker saam!

Gooi nog!

Subscribed!
Go Big!
or
Go Home!!!!
Previous bikes:
Yamaha XS 400 Special Kawasaki ZX 10 Yamaha XT 550 BMW 650 GS BMW 1200 GS KEEP THE RUBBER DUSTY!!!!
 

Offline Cheetah

  • Forum Vendor
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Free State
  • Posts: 1,393
  • Thanked: 1 times
    • View Profile
Re: Ons 3 se trippie (Bloem - Hogsback - Baviaans - Plett - Die Hel - George)
« Reply #16 on: December 16, 2013, 06:22:14 pm »
Ek ry lekker saam  :ricky:
As a man is, so he sees.

Bikes:
BMW R 1200 GS Adv
1981 BMW Bobber
 

Offline Optimusprime

Re: Ons 3 se trippie (Bloem - Hogsback - Baviaans - Plett - Die Hel - George)
« Reply #17 on: December 16, 2013, 06:25:25 pm »
Soos nektar oppie tong
Cape to Cairo 2017
 

Offline Casino

  • Member
  • **
  • Bike: Honda XL650V Transalp
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 137
    • View Profile
Re: Ons 3 se trippie (Bloem - Hogsback - Baviaans - Plett - Die Hel - George)
« Reply #18 on: December 16, 2013, 06:26:54 pm »
Ons drie is nou ek, my vroutjie, en my pa wat besluit het ons gaan bietjie erens heen ry. Daar was nie baie beplanning gedoen nie. Ons het so week voor die tyd 'n goeie tent, slaapsakke en...... die nodigste gekoop.
Geen bespreking van slaapplek of enige so iets nie. Ons het besluit ons sal slaap waar ons kom. Gelukkig was dit die 4 Januarie 2013 so ons het gehoop die meeste mense het kla vakansie gehou. Die aand voor die tyd het ons die padkaart oopgegooi en 'n roete beplan vir die volgende dag. Dit was min of meer elke aand se storie, en die roete moes natuurlik grond gewees het.

O ja, en my vroutjie was swanger ook nog teen daardie tyd, maar die dokter het ons die groen lig gegee. Solank ons net baie stop en bene rek. Vandag het ons die wonderlikste seuntjie wat God ooit vir ons kon gegee het. Hy is natuurlik glad nie bang vir die geluid van 'n motorfiets nie.

Nou ja, ek gaan so bietjie tik, en dan maar fotos opsit. Hulle vertel die storie baie beter as ek. Paaie kan ek nie eers meer onthou nie. Sal die kaart weer soek en dit op google maps plot, as iemand graag die roete wil sien.

Eerste stop was naby Bethulie, die brug in die fotos is glo die langste treinbrug in Suid-Afrika. Kan dalk in die Suidelike-halfrond ook wees.


Lekker trippie Probie ry ook lekker saam :ricky:
321 see ya Casino!
 

Offline Probie

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS
    Location: Free State
  • Posts: 1,099
  • Thanked: 9 times
  • The Great Outdoors are waiting for us
    • View Profile
Re: Ons 3 se trippie (Bloem - Hogsback - Baviaans - Plett - Die Hel - George)
« Reply #19 on: December 16, 2013, 09:19:31 pm »
Ons het die volgende oggend opgestaan met 'n groot rustigheid. Niemand was baie haastig nie. Lekker ontbyt gemaak. Opgepak, al die mense gegroet wat ons ontmoet het, en die pad gevat na Uniondale. Nie baie ver van die kamp af nie, is daar 'n pass, nie seker van sy naam nie, maar dit is net voor die split tussen Wilowmore en Uniondale. Baie mooi pad en hom so rus rus aangepak. Het amper bo oor 'n skilpad gery.....omdat ek nie in die pad gekyk het nie. Het omgedraai en darem 'n mooi foto van Skillie en ons gekry. Daarna was dit die reguit pad na Uniondale. Grondpaaie waar ek en die KTM lekker kon speel. Lekker paar jumps in die pad en die draaie is net so, dat mens hulle met selfvertroue kan aanpak, al ry mens so bietjie te vinnig.  :ricky: Was vir my verbasend hoeveel plekke daar is vir vakansiegangers.

Kort stukkie teerpad tot by Uniondale sodra mens van die grond afgeklim het.

Uniondale was 'n vinnige stop vir petrol, en hierdie keer was my vroutjie lus vir 'n pie. Die manne wat se vrouens al swanger was, en hulle kry 'n crawing weet, jy soek baie vinnig daardie pie maak nie saak wat dit kos nie. Gelukkig was daar 'n kafee naby wat pies verkoop. Shame het al gedink hoe my pa dit gaan hanteer in die bakkie met haar. Ag ons bly baie lief vir jou ou bokkie.

By die vulstasie ontmoet ons 'n ou wat in Uniodale bly. Ons vind so bietjie uit oor die Prins Alfred pass. Hy se toe ons moet eerder die teerpad na George gebruik? Wat??? Ek gaan dit nie doen nie. Weet tot vandag nog nie hoekom hy dit gese het nie. Dit was een van die mooistes plekke wat ons gery het met geen probleme nie. Sal dit vir enige iemand aanbeveel wat daar rond ry.

Weer 'n paar lekker fotos.....