Ons 3 se trippie (Bloem - Hogsback - Baviaans - Plett - Die Hel - George)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Probie

Race Dog
Joined
Dec 29, 2009
Messages
1,333
Reaction score
13
Location
Groot-Brak
Bike
AJS (all models)
Ons drie is nou ek, my vroutjie, en my pa wat besluit het ons gaan bietjie erens heen ry. Daar was nie baie beplanning gedoen nie. Ons het so week voor die tyd 'n goeie tent, slaapsakke en...... die nodigste gekoop.
Geen bespreking van slaapplek of enige so iets nie. Ons het besluit ons sal slaap waar ons kom. Gelukkig was dit die 4 Januarie 2013 so ons het gehoop die meeste mense het kla vakansie gehou. Die aand voor die tyd het ons die padkaart oopgegooi en 'n roete beplan vir die volgende dag. Dit was min of meer elke aand se storie, en die roete moes natuurlik grond gewees het.

O ja, en my vroutjie was swanger ook nog teen daardie tyd, maar die dokter het ons die groen lig gegee. Solank ons net baie stop en bene rek. Vandag het ons die wonderlikste seuntjie wat God ooit vir ons kon gegee het. Hy is natuurlik glad nie bang vir die geluid van 'n motorfiets nie.

Nou ja, ek gaan so bietjie tik, en dan maar fotos opsit. Hulle vertel die storie baie beter as ek. Paaie kan ek nie eers meer onthou nie. Sal die kaart weer soek en dit op google maps plot, as iemand graag die roete wil sien.

Eerste stop was naby Bethulie, die brug in die fotos is glo die langste treinbrug in Suid-Afrika. Kan dalk in die Suidelike-halfrond ook wees.
 

Attachments

  • image.jpg
    image.jpg
    242.4 KB · Views: 588
  • image.jpg
    image.jpg
    114.8 KB · Views: 581
  • image.jpg
    image.jpg
    136.1 KB · Views: 579
  • image.jpg
    image.jpg
    177.3 KB · Views: 622
  • image.jpg
    image.jpg
    168.7 KB · Views: 637
  • image.jpg
    image.jpg
    228.6 KB · Views: 579
Top