Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Ons 3 se trippie (Bloem - Hogsback - Baviaans - Plett - Die Hel - George)  (Read 4165 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Probie

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS
    Location: Free State
  • Posts: 1,230
  • Thanked: 18 times
  • The Great Outdoors are waiting for us
Re: Ons 3 se trippie (Bloem - Hogsback - Baviaans - Plett - Die Hel - George)
« Reply #20 on: December 16, 2013, 09:35:58 pm »
Ons het lekker vroeg in Plettenbergbaai aangekom. My oom (Pa se broer) was vriendelik en gese ons moet asb vir 'n paar dae in sy huis bly. Wel ons het verseker hierdie uitnodiging aanvaar en besluit ons sal 3 dae daar bly voordat ons die roete verder aanpak.

Nadat alles af gelaai is, ander klere vir 'n slag aangetrek het met plakkies. Het ons na Plett se hoofstrand gery om 'n lekker bord kos (seekos) te geniet. Terug by die huis het ek agtergekom dat my hande so bietjie seer is. Sien toe dat daar 'n hele paar blase bygekom het (mens kan dit nie mooi op die foto sien nie). Dit was seker nadat ek my olimpiese duikslag in die Baviaans se rivier gedoen het,en toe met nat handskoene als verder gedoen het.

Daarna het ons rustig op die balkon gesit en lag oor als wat die afgelope paar dae gebeur het.

Offline Probie

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS
    Location: Free State
  • Posts: 1,230
  • Thanked: 18 times
  • The Great Outdoors are waiting for us
Re: Ons 3 se trippie (Bloem - Hogsback - Baviaans - Plett - Die Hel - George)
« Reply #21 on: December 16, 2013, 09:44:30 pm »
Ons kuier is verby in Plett en dit is tyd om die pad na die volgende dorp te vat. Eerste stop na Plett was Knysna. Ons het sommer net vinnig hier gestop omdat dit so mooi is. Die fotos is geneem by die "Heads".
Glo 'n baie gevaarlik plek vir die skepe om uit te gaan as die see bietjie ontstuimig is. Daar le 'n paar skepies daar op die bodem.

Hier het ek kla begin hartseer raak, want ons trippie begin nou al hoe korter raak.....

Offline Ian in Great Brak River

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,224
  • Thanked: 113 times
Re: Ons 3 se trippie (Bloem - Hogsback - Baviaans - Plett - Die Hel - George)
« Reply #22 on: December 16, 2013, 09:46:25 pm »
Mooi Man, Mooi.

Baviaans wag vir my ... hoop daar is geen dames in Suzi SUV's wat te vining ry nie.

8)
1978. It's 6am, mid winter...two up on a XL 185S ... off to my first casino ever with all of R40 and we've got a full tank of fuel, so enough to get there we reckon.... that's determination...

Old bike: '82 Eddie Lawson Replica Replica.
Other bike: '05 Honda Varadero 1000
New bike: '16 Honda Africa Twin.
 

Offline Probie

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS
    Location: Free State
  • Posts: 1,230
  • Thanked: 18 times
  • The Great Outdoors are waiting for us
Re: Ons 3 se trippie (Bloem - Hogsback - Baviaans - Plett - Die Hel - George)
« Reply #23 on: December 16, 2013, 10:00:36 pm »
Ons bye gese vir die see, want van hier is ons deur George, Oudtshoorn oppad na die Swarbergpass. Ek moet se, die weer was perfek sover. Bietjie wind so nou en dan, maar verder niks om oor te kla nie. Ons is verby die Cango grotte, en al wat nou voorle is die Swartberg en die Hel. Net waar die grondpad begin van die Swartbergpass, het ons gestop vir die nodigste. Verbasend hoeveel motors daar verby gekom het. Ons het sommer geweet dit gaan 'n mooi pad wees as hier gewone motors van daardie rigting af kom.

Ons vermoede was toe reg, verseker een van die mooistes paaie en scenery wat ons nog gesien het. Baie vriendelike mense ontmoet by die stop plekke. Daar was 'n ouerige oom en tannie wat vertel het dat hulle elke jaar Januarie hierdie pass ry. Kom glo uit hulle verlede uit. Kan glo dat so mooi plek 'n spesiale betekenis het vir iemand.

Hier volg 'n paar fotos tot voor die afdraai van die Hel.....

Offline Probie

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS
    Location: Free State
  • Posts: 1,230
  • Thanked: 18 times
  • The Great Outdoors are waiting for us
Re: Ons 3 se trippie (Bloem - Hogsback - Baviaans - Plett - Die Hel - George)
« Reply #24 on: December 16, 2013, 10:04:21 pm »
Nog so twee...
« Last Edit: December 16, 2013, 10:20:08 pm by Probie »
 

Offline Probie

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS
    Location: Free State
  • Posts: 1,230
  • Thanked: 18 times
  • The Great Outdoors are waiting for us
Re: Ons 3 se trippie (Bloem - Hogsback - Baviaans - Plett - Die Hel - George)
« Reply #25 on: December 16, 2013, 10:17:14 pm »
Ons het hier by die bord gestop wat se dangerous road.....mmmm wonder wat dit vir ons gaan beteken.
Ek het so bietjie van Die Hel gelees, maar meer wat daar gebeur het, en nie hoe die paaie lyk nie. Ons het die pad aangepak en geen mens of motor gesien tot in Die Hel nie. Ek is nie seker hoe warm dit word daardie plek nie, maar dit was omtrent hel warm daardie dag.

Was regtig 'n lekker pad om te ry met 2 water crossings as ek reg kan onthou. Niks te moeilik vir enige iemand nie. Daar is weereens klomp fotos op die ander kamera, maar ek sal solank opsit wat ek het.

Hier kom hulle....
« Last Edit: December 16, 2013, 10:18:53 pm by Probie »
 

Offline Probie

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS
    Location: Free State
  • Posts: 1,230
  • Thanked: 18 times
  • The Great Outdoors are waiting for us
Re: Ons 3 se trippie (Bloem - Hogsback - Baviaans - Plett - Die Hel - George)
« Reply #26 on: December 16, 2013, 10:22:56 pm »
Nog....

Offline Probie

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS
    Location: Free State
  • Posts: 1,230
  • Thanked: 18 times
  • The Great Outdoors are waiting for us
Re: Ons 3 se trippie (Bloem - Hogsback - Baviaans - Plett - Die Hel - George)
« Reply #27 on: December 16, 2013, 10:45:36 pm »
Ons het onder in die hel gekom. Net so vinnig bene gerek na die afdraende pad. Maar dit was lekker gewees! :ricky:. Die plan was om hier in die Hel te slaap. Maar skielik kyk ons vir mekaar en besluit, nee wat, kom ons gaan slaap in George vir die laaste aand. My pa het eintlik met hierdie idee opgekom. Ek het eers later besef hoekom hy so graag 'n draai in George wil gaan maak. My Ma is die 29 Junie 2012 oorlede. Hulle laaste vakansie saam was in George gewees. So bly ons het daardie dag besluit om terug te ry. Was regtig baie spesiaal om weer in George te wees.

Oppad terug het ons bietjie baie vinniger gegaan as normaal. Ek het vooruit gery, en ek dink ek het omtrent 1h15min gery tot by die afdraai by Swartbergpass. My pa-hul was so rukkie agter my met die bakkie. Ek was net bly dat ons uit daardie warm plek is. Ek dink ek het so bietjie te min water ook gedrink. Want oppad uit het ek gesien hoe rol die bakkie by 'n krans af......en skielik was alles weg. Gedink ek is besig om mal te word, want hulle kan nog nie so naby aan my wees nie. Dadelik gestop en in die verte hulle gesien aankom. Wil nooit weer so iets beleef nie. Drink asb baie water mense!!!

Nog iets wat ek kan aanheg is dat ek 'n hobbel getref het, teen 'n redelike hoe spoed. As mens uit die Hel ry, kan mens hom nie sien nie. Ek wil nie se hoe ver ek in die lug was nie, maar ek dink dit sou 'n flippen nice foto gewees het met die KTM in die lug. Toe ons bymekaar stop hoor ek dat die bakkie ook 'n goeie sprong gehad het. Die enigste woorde wat my pa gese het was "oooo koek" toe hulle in die lug was. Ons het later lekker gelag oor als na die tyd?

Vinnig petrol gegooi in Oudtshoorn, ingeboek in George. Hier het ons weer 'n lekker blemishes gebraai, gesels, en 'n goeie nagrus ingesit vir die lang pad terug Bloemfontein toe.

Hierdie was 'n trippie wat ek nooit sal vergeet nie. Kan net dankie se vir ons Hemelse Vader vir als waarmee Hy ons gebless het.

Offline Probie

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS
    Location: Free State
  • Posts: 1,230
  • Thanked: 18 times
  • The Great Outdoors are waiting for us
Re: Ons 3 se trippie (Bloem - Hogsback - Baviaans - Plett - Die Hel - George)
« Reply #28 on: December 16, 2013, 10:56:58 pm »
Ek wil baie graag hierdie RR opdra aan my broer Pieter. Nadat ons by die huis gekom het, het hy gese hy gaan verseker saam op die volgende trippie. Ons moet net vir hom 'n motorfiets kry. Sy lewe het gedraai rondom motorfietse, maar ongelukkig het sy omstandighede dit verhoed om 'n motorfiets te koop volgens sy drome.

Die 12 Junie 2013 het ek 'n fiets gekry wat perfek vir hom sal werk, of ek moet my fiets verkoop en ook 'n kleiner fiets koop vir hom.

Ek was besig om my fiets op Wild Dogs te sit, toe ontvang ek die oproep van my Pa. Pieter was in 'n motorongeluk. 5 min later het my pa my weer gebel en gese Pieter is oorlede. Hy was in 'n kop aan kop botsing met 'n trok.

Pieter jy was nie net 'n broer nie, jy was my beste vriend, my held.

Sien jou in die Hemel, dan doen ons, ons twee se trippie!

Die Foto is so week en 'n half voor ons trippie geneem.

Offline Harde kool

  • Newbie
  • *
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 34
Re: Ons 3 se trippie (Bloem - Hogsback - Baviaans - Plett - Die Hel - George)
« Reply #29 on: December 17, 2013, 07:06:46 am »
Probie

Dit het baie lekker gelyk. Ek het nou lekker saam gery.
- I know the voices in my head aren't real... but sometimes they have awesome ideas

 - “My life has a superb cast, but I cannot figure out the plot.”
 

Offline GIDEON

  • Born in the year of the Tiger
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Triumph 800 XC
    Location: Gauteng
  • Posts: 4,856
  • Thanked: 8 times
  • Bikes est dans mon sang
Re: Ons 3 se trippie (Bloem - Hogsback - Baviaans - Plett - Die Hel - George)
« Reply #30 on: December 17, 2013, 10:54:40 am »
Dit was nou awesome  :drif: :thumleft:


Nobody can be exactly like me. Sometimes even I have trouble doing it.
 

Offline Callie GS

  • Member
  • **
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: North West
  • Posts: 73
Re: Ons 3 se trippie (Bloem - Hogsback - Baviaans - Plett - Die Hel - George)
« Reply #31 on: December 17, 2013, 02:48:29 pm »
Probie dankie vir jou RR ek het lekker gelees.

Dankie vir al jou nice fotos en inligting !
If you are not scared of your dreams , they are not big enough!!
 

Offline Bacchus2

  • Member
  • **
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 282
Re: Ons 3 se trippie (Bloem - Hogsback - Baviaans - Plett - Die Hel - George)
« Reply #32 on: December 17, 2013, 03:10:21 pm »
Nice RR en fotos  :thumleft:
 

Offline spoedvark

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,180
  • Thanked: 14 times
Re: Ons 3 se trippie (Bloem - Hogsback - Baviaans - Plett - Die Hel - George)
« Reply #33 on: December 18, 2013, 08:12:00 pm »
Lekker saam gelees en prentjies het my weer laat verlang na 'n vorige trip wat ek saam met 3 ander Gideon het!

Baie jammer om te lees van jou ma en broer!!

As jy weer so trip Doen, vat jou broer saam deur die Pillion pegs plat te sit asop jy hom pillion.

Ek het GlenInk so saam gepillion op 'n 5 dae trip deur Lesotho!!!
Go Big!
or
Go Home!!!!
Previous bikes:
Yamaha XS 400 Special Kawasaki ZX 10 Yamaha XT 550 BMW 650 GS BMW 1200 GS KEEP THE RUBBER DUSTY!!!!
 

Offline 4 Kays

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XRV 750 Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,361
  • Thanked: 12 times
  • Live your life - you only have one to live !!
Re: Ons 3 se trippie (Bloem - Hogsback - Baviaans - Plett - Die Hel - George)
« Reply #34 on: December 18, 2013, 08:33:23 pm »
Probie, jul RR baie geniet. Seker jou broer het dit saam met jul geniet en sien uit om eendag saam met jou te ry