What I really do like like many other WD's is photos, and not a link to a RR on another site but right here. That is the only thing that pisses me off and many alike, @#*! Links! If someone is a proud WD then post here on our site
Sjoe TVB, hoe antwoord ek jou nou?
Ek is op drie forums aktief en dis maar moeilik om op elkeen 'n RR te plaas wat spesifiek op daardie forum se kultuur geskoei is, vandaar die link wat almal kan besoek en dieselfde storie kry.
Tussen die sowat nege/tien persone wat die trip meegemaak het is seker meer as 300 foto's geneem en vele helmetcam videos gemaak. Ons het probeer om 'n 35 minute Bobbejaans video saam te flans, maar selfs dit is nie genoeg om die hele atmosfeer uit te beeld nie. In HD op 'n groot skerm is dit treffend maar dan so afgeskeep op youtube dat ek dit nie eers wil probeer nie. Youtube neem enige rukkerigheid in ag en stryk dit uit, so kry jy nie die gevoel van hoe klipperig die terrein werklik is nie.
Seker dan ook hoekom soveel negatiewe kommentaar oor ons trip ontvang is. Ja, die fietse is swaar en sekerlik nie die regte tool vir die job nie, maar watter ervaring was dit nie om met daardie ysters oor die berg te ry nie. Al is ons op die einde totaal uitgemergel maar steeds met 'n volle gelate gevoel.
As mens 'n taak die eerste keer aanpak sonder goeie beskikbare en betroubare leiding maak jy foute en hier het ons 'n paar gemaak wat gaan help met enige toekomstige ekstreem ritte wat nog onder die mou toegevou lê:
- Ons moes van vroegreeds energiedrankies gedrink het en deurgaans gedurende die trip
- Ons moes meer tyd toegelaat het. Hoewel ons die moontlikheid bespreek het om in die berg te slaap en het genoeg kos en tent saamgeneem, het ons te lank aangehou en ons energie heeltemal getap. Soveelso dat ons nie die volgende dag sou kon aangaan nie.
- Dit is steeds ons mening dat jy die Bobbejaan met 'n GS kan oorwin. Hoewel nie in die tye wat die plastics dit doen nie maar in die tyd wat vir jou gemaklik is. Die eerste 300m van die laaste 3km wat ons nie met die GSe gedoen het nie is gladnie onoorkombaar nie. Jy moet net vars wees en 'n dag daarvoor tot jou beskikking hê. Daardie 300m kan jy in 1.5h oorwin en dan is die trek anderkant Goliah's step heeltemal oorkombaar soos die eerste gedeelte van die pas. Ek weet, ek het dit met die 400 gery en twee keer met die Isuzu.
- Dis sal moewies wees om die trip saam 4x4 pelle te doen wat saam kuier.
Terug na die foto's. Ek het al voorheen die moontlikheid genoem dat die wat belangstel bymekaar kom en die foto's, videos en staaltjies saam geniet om 'n vuur, bier en braai. So kan ons mekaar sommer ontmoet ook! Ons woon aan die OosRand en ons stoep is groot genoeg vir vele.
Maak 'n lys dan maak ons 'n datum vas.