Kort RR sonder fotos ( was nie tyd vir neem nie )

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

arno

Race Dog
Joined
Nov 27, 2009
Messages
1,522
Reaction score
0
Location
Prins Albert
Bike
Suzuki DR650
Vanoggend was dit vir n verandering lekker koel in Prince Albert en ek se vir vroulief kom ons ry gou die pas op ( Swartberg Pas ) en drink n koffie daar voor dit weer warm word.
So gese so gedaan en ons vat die DR . Net waar ons die poort ingaan nog voor Eerste Water is n groot trop bobbejane . Om die 2 de draai begin n mannetjie net vir n wyfie haar Kersgeskenk gee toe hy opkyk en die motorfiets sien aankom. Sy gesigsuitdrukking terwyl sy onderlyf geskenk uitdeel maar sy kop sien hier kom nou iets aan na hulle waar die seremonie in die middel van die pad plaasvind en hy uitreken hoeveel strokes hy nog nodig het vs die meters wat die bike van hom af is was net onvergeetlik !
Die res van die trippie was ook lekker .
 
Top