Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Noordkaap/Weskus Solo  (Read 10260 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Piet

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Kawasaki KLR 650
    Location: Free State
  • Posts: 1,076
  • Thanked: 34 times
Noordkaap/Weskus Solo
« on: December 25, 2013, 07:28:07 pm »
Die geskiedenis:

2 jaar terug het ek met die Weskus afgetoer Kaap toe saam met die gesin in die kar. Ek het besef dat dit nie goed genoeg is nie. Dat ek hierdie wÍreld wil sien op my fiets...En so het die droom begin. Omstandighede het my verhoed om die fiets af te ry laasjaar, so toe dit vanjaar lyk of die kans homself vir my voorhou het ek hom met albei hande aangegryp!

Daar was nie baie beplanning nodig nie - te veel planne kan die pret uit 'n toer suig. Die basiese raamwerk het gesÍ ek vertrek so naby as moontlik aan 13 Desember, ry hardepad Kleinzee toe, kuier daar vir 'n stukkie met 'n boesemvriend en dan skuif ek af Strand toe, al met die Weskus langs.
« Last Edit: December 27, 2013, 07:54:34 am by Piet »
 

Offline subie

  • Local Mods
  • Forum Whore
  • ***
  • Bike: Yamaha XT660
    Location: Gauteng
  • Posts: 8,981
  • Thanked: 46 times
  • Liberalism is the ideology of Western suicide.
Re: Noordkaap/Weskus Solo
« Reply #1 on: December 25, 2013, 07:41:31 pm »
Ons wag vir die res Piet en hopelik n paar pics  :thumleft:
As time washes by, our footprints are all for naught
 

Offline Piet

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Kawasaki KLR 650
    Location: Free State
  • Posts: 1,076
  • Thanked: 34 times
Re: Noordkaap/Weskus Solo
« Reply #2 on: December 25, 2013, 09:42:07 pm »
Janee, ek sal nie waag om te post sonder fotos nie. Nie hier nie.

Die pad tot in Kleinzee:

Die storie begin toe so 2 weke voor ek moet vertrek. Ek ruik petrol in die motorhuis en 'n inspeksie onthul toe dat die KLR se petroltenk lek. Dis 'n baie klein lekkasie, maar op 'n baie ongerieflike plek. Die lekplek is onder die plaat wat die tenk vashou aan die motorfiets. Dis lastig, want ek wil nie kanse waag op 'n solo-trip nie. So ek laat toe die ding sweis, en ek trek Saterdag 14 Desember weg uit Gauteng.

Die eerste twee dae se ry is hard, ek wil in die Noordkaap uitkom en die meeste mense hier weet dat die N14 nou nie die interessantste pad in die land is nie. Ek stop op Coligny om 'n foto te neem en my agterent 'n breek te gee.


DSC02576 by Piet.P, on Flickr

Toe ek aanskuif Delareyville toe sien ek die reŽn voor my, links van my en regs van my. Daar is ook redelik stofstorms, maar dit kwel my nie, want ek sien die Noordkaap se skoon blou lug agter die wolke.


DSC02582 by Piet.P, on Flickr


DSC02578 by Piet.P, on Flickr

Na 'n paar minute van rowwe winde vang ek toe ook 'n paar druppels reŽn. Dit is groot druppels wat vinnig natmaak, so alhoewel ek die einde van die reŽnbui kan sien (letterlik 'n paar kilometer weg), besluit ek om maar die reenpak aan te trek. In retrospek was dit 'n dom besluit, want ek is toe letterlik 5 min later onder die reŽnwolk uit en begin toe sweet as gevolg van die tekort aan ventilasie. Ek stop anderkant Delareyville om weer die pak uit te trek en kombineer sommer die stop met 'n laatmiddagversnappering van biltong en droŽwors.


DSC02585 by Piet.P, on Flickr
« Last Edit: December 27, 2013, 07:55:14 am by Piet »
 

Offline Kameel

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,047
  • Thanked: 1 times
Re: Noordkaap/Weskus Solo
« Reply #3 on: December 26, 2013, 06:12:07 am »
 :sip:

2004 F650 GS Dakar (The X); 2004 BMW R1200 GS (GeelKameel); 2008 F650GS Twin (The X); 2008 BMW R1200GS (Silwervalk vir Biker Chick); 2009 BMW R1200GS (Pappa Smurf);
Currently 2010 BMW R1200 GSA (Mr Grey)
 

Offline Brandt

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XL650V Transalp
    Location: Gauteng
  • Posts: 4,496
  • Thanked: 1 times
Re:
« Reply #4 on: December 26, 2013, 06:46:32 am »
Lekker, as ek so lang pad ry en kan sien die reŽn is nie wyd verspreid nie dan ry ek sonder reŽn gear. Mens is sommer binne 5 min weer droog van die wind.

Sent from my GT-I9300 using Tapatalk
 

Offline Fransd

  • Newbie
  • *
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Gauteng
  • Posts: 17
Re: Noordkaap/Weskus Solo
« Reply #5 on: December 26, 2013, 07:18:46 am »
Goeies man daai wereld is darm mooi


Sent from my iPhone using Tapatalk
 

Offline Heimer

  • Global Moderator
  • Bachelor Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 12,372
  • Thanked: 72 times
  • Kan nie ALZ onthou nie
Re: Noordkaap/Weskus Solo
« Reply #6 on: December 26, 2013, 08:18:01 am »
Mooi een Piet. Ek wag vir nog  :thumleft:

Matriek getuigskrif 1979: ........... is 'n vriendelike seun met volop selfvertroue. Hy tree soms vreemd op. Die skool se beste wense vergesel hom.
 

Offline Piet

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Kawasaki KLR 650
    Location: Free State
  • Posts: 1,076
  • Thanked: 34 times
Re: Noordkaap/Weskus Solo
« Reply #7 on: December 26, 2013, 11:33:29 am »
Terug op die fiets begin ek dink aan 'n lÍplek vir die nag. Dis nie dat ek iets teen die Noordwes het as 'n provinsie nie, maar in die Noordkaap haal 'n ou dieper asem, die wÍreld is meer oop om jou en dinge maak meer sin...Ek besef dat ek 'n bietjie laat gaan moet stoot om Kuruman te haal, maar dan is die Noordwes se rug gebreek en is more pure plesier. Ek is nie 'n aanhanger van nagry nie. Nie in Afrika nie en veral nie op 'n motorfiets nie, maar die N14 is mooi oop en die wind het gaan lÍ.

Die asemrowende sonsondergang dwing my tot stilstand: sagte wolke voor in die weste met die maan wat al hoog sit agter my. Ek neem 'n paar kiekies en ek stel sommer gou my hooflig reg vir die stukkie donkerpad - diť skyn nog in die pad voor my vas van 'n vorige pillion-trippie.


DSC02593 by Piet.P, on Flickr


DSC02590 by Piet.P, on Flickr


DSC02604 by Piet.P, on Flickr

Met so 'n aangesig kan 'n ou darem mos nou nie anders as om te glimlag nie.


DSC02594 by Piet.P, on Flickr



Offline Piet

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Kawasaki KLR 650
    Location: Free State
  • Posts: 1,076
  • Thanked: 34 times
Re: Noordkaap/Weskus Solo
« Reply #8 on: December 26, 2013, 12:15:13 pm »
Die teerpad tot in Kuruman hardloop spoedig verby, maar dis goed donker toe ek in die dorpie inry. Die dorp verbaas my met hoe besig dit is. Verkeersknope en baie mense op straat - seker maar al die vakansiegangers wat hier oorslaap. Ek ry deur die dorp en so 'n paar kilometer later is daar 'n grondpad uit na die linkerkant toe. Ek ry hier af en soek 'n boom of 'n bos om my motorfiets te verskuil teen verbygaande motors. Ek verkies maar die oorslaap soos ou Koos Kombuis sing: "...langs 'n wingerd en 'n dam het ons verniet gebly...".

Ek kry my bos en stoot die esel in. Ek hou nie van aandag trek nie, veral nie as ek probeer slaap nie. Die ongewensde elemente beweeg mos maar in die nagtelike ure rond. So ek vermom my motorfiets so 'n bietjie dat hy nie die oog sal vang as 'n lig oor hom gly nie. Swartsakke oor die reflekteerders, nommerplaat en ligte, takke om die ergste lyne te breek. Dis dan net soos jag hierdie! ;) :P


DSC02609 by Piet.P, on Flickr


DSC02612 by Piet.P, on Flickr

Ek wil sommer naby aan die fiets slaap dat ek sal wakker word as daar moeilikheid is, maar ek is lui - aangesien die weerburo geen reŽn voorspel nie, wil ek nie tentopslaan nie (nie dat ek baie vertroue in hulle oordeel het nie). Die eerste gedagte is om saam met fiets op Langplaas (my stukkie eiendom tussen die boer links van die pad en die boer regs van die pad se grensdrade  ;) ) te slaap, maar daar is baie takkies en dorinkies agter die bos en ek wil nie nou al my lugmatras vol gate maak nie. Ek besluit toe om oor die beesheining te spring en in die boer se grensdraadpad te slaap. Daar is net dierspore, so ek is nie te bekommerd om deur die boer betrap te word nie. Ek gooi my motorfiets se dekseil oop as grondseil en daarop my matrassie en slaapsak.


DSC02611 by Piet.P, on Flickr

Vir aandete is daar boeretroos, biltong en droŽwors.  ;D Wat is dan nou beter as dit?


DSC02615 by Piet.P, on Flickr

Dis nog vroeg, rondom 21h, maar die aktiwiteite van die dag het hulle tol geeis. Ek borsel gou tande en net voor ek inkruip hoor ek iets langs my in die bos. Ek skyn so in die rigting met my koplampie en 'n massiewe nuuskierige bees stap uit die veld uit tot so 5m van my af! Hy kry koers langs die draad af en ek kruip in vir die nag. Deur die nag is daar 2 karre verby, maar my verskuilde motorfiets het nie hulle aandag getrek nie.
« Last Edit: December 26, 2013, 01:22:27 pm by Piet »
 

Offline Phillip Flap

Re: Noordkaap/Weskus Solo
« Reply #9 on: December 26, 2013, 12:41:18 pm »
Thank you for the RR.....
Waiting....for the rest to follow!
good Job done.
ďMoney is only a tool. It will take you wherever you wish, but it will not replace you as the driver.Ē
Ayn Rand
 

Offline Karoo Rider

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 912
  • Thanked: 10 times
Re: Noordkaap/Weskus Solo
« Reply #10 on: December 26, 2013, 01:07:56 pm »
Langplaas - ek moet daai een onthou! :imaposer:

Hier kom 'n lekker RR - dankie vir die mooi Afrikaans.

Gooi verder asb!
 

Offline m0lt3n

  • Ervare noob
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1190 Adventure
    Location: Northern Cape
  • Posts: 4,215
  • Thanked: 65 times
Re: Noordkaap/Weskus Solo
« Reply #11 on: December 26, 2013, 01:39:31 pm »
Daai pad tussen vryburg en kuruman is hel so skemer, die son slaan mens dan lelik in die oge!

Lekker RR, lyk of die nog interessant gaan raak. Volgende keer kan jy n bed by my in Kathu kom benut het!
Dooie visse gaan saam met die stroom...
 

Offline 4 Kays

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XRV 750 Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,335
  • Thanked: 5 times
  • Live your life - you only have one to live !!
Re: Noordkaap/Weskus Solo
« Reply #12 on: December 26, 2013, 02:02:03 pm »
Geniet jou RR baie - soos in die ou dae, sommer op Langplaas se Paaie!!
 

Offline Shutter_Eye

  • Member
  • **
  • Bike: Kawasaki KLR 650
    Location: Northern Cape
  • Posts: 278
  • Richard Jessnitz
Re: Noordkaap/Weskus Solo
« Reply #13 on: December 26, 2013, 02:21:51 pm »
 :sip:
SUB!

Die kan net lekker wees, ek sien uit na die res!
2 Wheels and 1 Camera...
"UNDERSTEER" is when you hit the fence with your front wheel.
"OVERSTEER" is when you hit the fence with your rear wheel.
"HORSEPOWER" is how fast you hit the fence.
"TORQUE" is how far you take the fence with you.
 

Offline Piet

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Kawasaki KLR 650
    Location: Free State
  • Posts: 1,076
  • Thanked: 34 times
Re: Noordkaap/Weskus Solo
« Reply #14 on: December 26, 2013, 06:13:11 pm »
Daai pad tussen vryburg en kuruman is hel so skemer, die son slaan mens dan lelik in die oge!

Lekker RR, lyk of die nog interessant gaan raak. Volgende keer kan jy n bed by my in Kathu kom benut het!

 :biggrin: Jy is heeltemal reg, ek het al vergeet daarvan. Ek het maar so met die linkerhand die son uit die oŽ probeer hou, maar vir die laaste 45min raak hy nogal ondraaglik. Dis beter om nie reguit die weste in te koers as die son besig is om te sak nie...

Offline subie

  • Local Mods
  • Forum Whore
  • ***
  • Bike: Yamaha XT660
    Location: Gauteng
  • Posts: 8,981
  • Thanked: 46 times
  • Liberalism is the ideology of Western suicide.
Re: Noordkaap/Weskus Solo
« Reply #15 on: December 26, 2013, 08:11:23 pm »
Daai pad tussen vryburg en kuruman is hel so skemer, die son slaan mens dan lelik in die oge!

Lekker RR, lyk of die nog interessant gaan raak. Volgende keer kan jy n bed by my in Kathu kom benut het!

 :biggrin: Jy is heeltemal reg, ek het al vergeet daarvan. Ek het maar so met die linkerhand die son uit die oŽ probeer hou, maar vir die laaste 45min raak hy nogal ondraaglik. Dis beter om nie reguit die weste in te koers as die son besig is om te sak nie...


Piet ek ry altyd met n rol insulation tape by my. Dan plak jy net so 2 tot 3 strepies aan die bokant van jou visor. Werk baie goed
As time washes by, our footprints are all for naught
 

Offline Piet

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Kawasaki KLR 650
    Location: Free State
  • Posts: 1,076
  • Thanked: 34 times
Re: Noordkaap/Weskus Solo
« Reply #16 on: December 26, 2013, 08:39:29 pm »
Daai pad tussen vryburg en kuruman is hel so skemer, die son slaan mens dan lelik in die oge!

Lekker RR, lyk of die nog interessant gaan raak. Volgende keer kan jy n bed by my in Kathu kom benut het!

 :biggrin: Jy is heeltemal reg, ek het al vergeet daarvan. Ek het maar so met die linkerhand die son uit die oŽ probeer hou, maar vir die laaste 45min raak hy nogal ondraaglik. Dis beter om nie reguit die weste in te koers as die son besig is om te sak nie...


Piet ek ry altyd met n rol insulation tape by my. Dan plak jy net so 2 tot 3 strepies aan die bokant van jou visor. Werk baie goed

Dis 'n blink idee. Ek sal dit onthou in die toekoms. Insulation tape vorm ook deel van my pad-gereedskap! :thumleft:

Maar aan met die storie... ;)

Offline Labrat

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Mpumalanga
  • Posts: 741
Re: Noordkaap/Weskus Solo
« Reply #17 on: December 26, 2013, 09:19:59 pm »
Lekke man lekke ;D jy maak n man somer lus v ry
 

Offline Piet

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Kawasaki KLR 650
    Location: Free State
  • Posts: 1,076
  • Thanked: 34 times
Re: Noordkaap/Weskus Solo
« Reply #18 on: December 26, 2013, 09:58:10 pm »
As mens so vroeg gaan slaap dan is mens ook gewoonlik weer vroeg uit die vere. 05h die oggend word ek toe wakker met die "whoo-whoo" van 'n uil.  :) Toe ek opkyk sien ek hom sit op die oorkantste telefoonpaal en hy vlieg toe geruisloos in my rigting, draai so 10m van my af weer om en toe vlieg hy weg. Ek was ongelukkig nie betyds op die knoppie van die kamera nie, maar ek twyfel of my ou kameratjie enigiets sou kon vasvang. Ek staan toe op en terwyl my koffie weer op die gasstofie prut slaan ek padkamp op. Die dagbreek is verfrissend koel en opgewonde voŽlsang hou my geselskap.


DSC02623 by Piet.P, on Flickr

Toe alles teruggepak is in die sak, lig ek hom op en toe skarrel daar 'n lekker skerpioen onder hom uit na die naaste bosse toe. Hom het ek darem afgeneem gekry. Met sy stert reguit was hy iets tussen 12cm en 15cm lank - julle moet maar vergewe ek het nie gaan staan en mates neem nie. Te danke aan my broer se passie vir die giftiger spesies weet ek darem dat hierdie een nie te dodelik is nie.


DSC02632 by Piet.P, on Flickr

Dis toe ook hier waar ek besef dat my petroltenk steeds lek. Dit pla my bietjie in die agterkop, maar ek stoot dit terug en probeer die rustigheid van die Noordkaap indrink. Terug by die N14 swaai ek weer weswaarts en my eerste stop is op Kathu om petrol in te gooi. Ek neem 'n vinnige foto saam met die massiewe myntrok by die Shell. Ten spyte van die feit dat ek op Medupi werk, en ten spyte daarvan dat ek hierdie trokke al telkemale gesien het slaan die massiwiteit van die masjiene my steeds stom.  


DSC02634 by Piet.P, on Flickr

Olifantshoek ry ek maar net deur, met 'n vinnige afspring aan die agterkant van die dorp net vir die foto.


DSC02635 by Piet.P, on Flickr

Die pad gly gebeurtenisloos verby. In Springbok Upington (thanks tgg, ek is lekker aan die slaap!) maak ek weer die tenk vol, want met die kombinasie van die petrol lek, die swaar regtergewrig en die wind van voor (gelukkig net letterlik) is my brandstofverbruik merkwaardig hoŽr as waaraan ek gewoond geraak het oor die afgelope 4 jaar van kammeraadskap. Ek kry gewoonlik enigiets tussen 20 en 25km/l, maar oor die afgelope 2 dae het die verbruik afgeneem na so 18km/l toe.

Op Keimoes stop ek vir 'n rustige, smaaklike ontbyt by die "de Werf Lodge". Hier maak ek ook weer my Camelback vol sodat ek drinkwater het tot op Kleinzee. Ek kan nie glo dat ek vir soveel jare sonder 'n Camelback gery het nie. Die drink in die ry maak dinge soveel geriefliker en sorg dat jy beter gehidreer bly.

Ek ry deur Kakamas met sy mooi wingerde en oorweeg vir 'n oomblik om weer by die Augrabiese valle 'n draai te maak, maar ek besluit daarteen, want ek was al 2 keer daar in die afgelope 5 jaar. My vordering is nie blitsig nie - die KLR beur voort teen 'n (ongemaklike) spoed van 100-110km/h. Halfpad tussen Kakamas en Pofadder kom daar vir die soveelste maal 'n voertuig by my verby. Ek herken die nommerplaat en besef dis my oom se Toyota Condor daardie! My ma het so terloops laat weet dat ek moet uitkyk vir hulle, want hulle toer ook so met die Weskus langs. Ek trek my ore terug, sak my kop agter die windskermpie en maak oop om in te haal en vir hulle te waai. Hulle trek af en neem gou 'n foto van my met my twee jongste niggies voor albei voertuie weer die warm droŽ rukwinde van die Noordkaap aandurf.


IMG-20131215-WA0001 by Piet.P, on Flickr

Nie lank hierna nie tref ek Pofadder. Ek hou al van Keimoes af my odometer dop en ek het besef dat die Esel heel moontlik sy halfeeuvieringe in Pofadder gaan bereik. Ek stop aan die begin van die dorp, maar die meter wys daar is nog so 2km om te gaan. Ek neem my foto en maak weer vol op die dorp. Die motorfiets trek redelik baie aandag op so 'n toer - hier stop 'n boer, sy vrou en sy baba seuntjie en die vrou roep my nader: "Boetie, moet die oom vir jou sy motorfiets gee? Pappa sal dit seker moet ruil vir sy bakkie?" En daarna val die vrae:"Vanwaar? Waarheen? Sjoe, jy's braaf?!" Noordkaap mense is vriendelik, hulle voeter nie net voort, kop-af op hulle daaglikse roetine nie - hulle stel belang in hulle medemens. Sout van die aarde mense. Aan die agterkant van Pofadder slaan my ou Eseltjie toe die groot 50000km merk - wat 'n voorreg! Presies by die westelike "Welkom in Pofadder"-bord!


DSC02637 by Piet.P, on Flickr


DSC02639 by Piet.P, on Flickr
« Last Edit: December 26, 2013, 10:53:25 pm by Piet »
 

Offline weskusklong

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,219
  • Thanked: 1 times
  • Happiness comes from inside.
Re: Noordkaap/Weskus Solo
« Reply #19 on: December 26, 2013, 10:19:40 pm »
 :sip: