Noordkaap/Weskus Solo

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Piet

Race Dog
Joined
Mar 18, 2010
Messages
1,213
Reaction score
3
Location
Queensland, Australia
Bike
Kawasaki KLR 650
Die geskiedenis:

2 jaar terug het ek met die Weskus afgetoer Kaap toe saam met die gesin in die kar. Ek het besef dat dit nie goed genoeg is nie. Dat ek hierdie wêreld wil sien op my fiets...En so het die droom begin. Omstandighede het my verhoed om die fiets af te ry laasjaar, so toe dit vanjaar lyk of die kans homself vir my voorhou het ek hom met albei hande aangegryp!

Daar was nie baie beplanning nodig nie - te veel planne kan die pret uit 'n toer suig. Die basiese raamwerk het gesê ek vertrek so naby as moontlik aan 13 Desember, ry hardepad Kleinzee toe, kuier daar vir 'n stukkie met 'n boesemvriend en dan skuif ek af Strand toe, al met die Weskus langs.
 
Top