2de Honeymoon te Baviaans (Done)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Difflock

Race Dog
Joined
Jul 27, 2012
Messages
1,598
Reaction score
64
Location
Kirkwood
Bike
Yamaha Super Tenere
Waar moet ek begin met die RR, die idée van die Baviaans het nie vanself op geduik nie. Die 2de Honeymoon trippy soos ek en die Inegsman hom noem wanneer kinders na oupa en ouma gaan vir n paar dae. So 3 weke voor ons op die trippy so gaan vra die Ingelsman my of die kinders bietjie vroeer na oupa en ouma kan gaan voor ons soontoe gaan want sy het n paar afsprake en ek’t n paar jobbies rondom die huis wat ek wil doen. Ek sê defnitief, hulle is darem 5 en 6, kan self broodtjie, koeldrank maak en badkamer toe gaan. Wel met die gedagte kan ek mos nie net werk en geen genot kry terwyl kinders weg is nie.
Ek begin dink aan n dag trippy van Addo, Patterson, Ann’s Ville grondpad, R400, Jansenville en terug van Klipplaat, met dieselfde gedagte worstel ek met dat ek en Ineglsman nog nie op n 3 dae trippy alleen was nie. So sien ek die Bergrivier pad wat na Willowmore lui en dog ek by my self, die Baviaans was ons nog nie deur op die motorfiets, ek was al op die trap fiets (MTB / Transbaviaans) daardeur. Wel daar is dit nou, ek skakel  en epos n paar plekke vir verblyf maar dis laat in die jaar voor Kersfees en daars n gelukkie. Ek kry plek vir 1st nag by Uitspan en die 2de nag by Doodsklip.
Ek igroneer al die praat’tjies van verkeer in die Baviaans oor Desember en besluit ons sal ekstra versigtig wees veral met die cowboys in hul 4 x 4’s!!!
Die roete begin by Addo en hier is die 1 ste foto van die gelaaide muil (Suzi)!!!

2-3 Oppad na Paterson waar ons volgemaak.
4-7 Olifantskop Pas N10 in rinting van R400.
 

Attachments

  • 2013_12_21_IMG_9999_1.JPG
    2013_12_21_IMG_9999_1.JPG
    192.5 KB · Views: 519
  • 2013_12_21_IMG_9999_2.JPG
    2013_12_21_IMG_9999_2.JPG
    175.2 KB · Views: 521
  • 2013_12_21_IMG_9999_4.JPG
    2013_12_21_IMG_9999_4.JPG
    142.7 KB · Views: 518
  • 2013_12_21_IMG_9999_7.JPG
    2013_12_21_IMG_9999_7.JPG
    123.6 KB · Views: 503
  • 2013_12_21_IMG_9999_8.JPG
    2013_12_21_IMG_9999_8.JPG
    95.3 KB · Views: 511
  • 2013_12_21_IMG_9999_9.JPG
    2013_12_21_IMG_9999_9.JPG
    97.4 KB · Views: 509
  • IMG-20131221-00881.jpg
    IMG-20131221-00881.jpg
    78.7 KB · Views: 528
Top