Toe ek vroeer vanjaar my trip deur Namibie op Solitare moes kortknip agv.ketting probleme,het ek besluit om dit een of ander tyd te gaan klaarmaak.Dit het toe gouer gebeur as wat ek verwag het;met n bonus dat my seun Kiewiet wou saamgaan.Dit bly n groot voorreg om dit saam met jou seun te doen en ek glo ook andersom.
Ons vertrek Sondag,die 22ste van sy huis af in Klapmuts en haal Springbok teen die laat middag.Maandagoggend gaan soek hy eers n nekdoek in die dorp,maar kan net n pienke kry.Ten minste sou dit vir die volgende paar dae die girls op n afstand hou.
Op Noordoewer tref die noodlot.Kulula se petrolkabel breek .Ons beraam allerlei planne,maar sonder sukses.n Fransman en n Kanadees, met KLRs trek in om vol te maak.Hulle het n spaar kabel ,maar is oppad na Botswana.Op die ou end besluit hulle dat dit die regte ding is om n mede biker te help.Die kabel is te lank ,maar ons prakseer n spacer en ons trip is gered.Ons is skaars op spoed of Kiewiet se visor kom los van die helmet.Na n paar minute in die moordende son en stuk tape ,is ons weer oppad.Ons besluit om halt te roep en gaan kamp by Amanzi teen die rivier.
Die volgende oggend word ons voor Aussenkehr gestop vir lisensie.Dit klink redelik eenvoudig,maar Kiewiet moet sy vrag losmaak,want syne word onder die sitplek gehou.Na Aussenkehr,blaas ons bande af en toe begin ons trip in alle erns.