
hiers jou Bells Kobus
http://www.beeld.com/nuus/2014-02-06-1-rekening-vir-tol-in-85-koeverte-gestuur Sanral wou heel duidelik seker maak die Human-gesin kry hul e-tol-rekening.
85 afskrifte van dieselfde rekening vir die tolgeld verskuldig vir hul drie motors is elk in sy eie koevert na hul posadres gestuur.
Tertia Human van Garsfontein, Pretoria, het gesê volgens elke rekening het hulle R537,50 geskuld.
Die bedrag lyk vir haar reg. Die rekeninge was vir die tydperk van 3 tot 6 Desember. As die Humans dit teen 16 Januarie sou betaal, sou hulle afslag kry. Die rekeninge is egter eers einde Januarie na hulle gestuur, berig Piet Matipa.
Tertia se man, Kobus, het die rekeninge weggegooi, maar sy het dit uit die asblik gehaal om te tel.Teen die minimum posgeld van R3 per posstuk het dit minstens R255 gekos om die Humans se rekenings te pos.
Nog ’n e-tol-klaer, Othniel Williams van Eersterust, het ’n rekening van Sanral ontvang met ’n foto van ’n Audi daarop. Williams besit nie ’n Audi nie. “Ek het ’n Mercedes-Benz C230 en ’n Colt-bakkie.”
Jennifer Stein van Gillian Gamsy International (GGI), wat Sanral se openbare betrekkinge hanteer, het gesê hulle sal later op dié twee voorvalle reageer.
. Nazir Alli, hoofamptenaar van Sanral, het gister in ’n verklaring gesê pres. Jacob Zuma se kommer oor verkeerde e-tol-rekenings kry aandag, berig Sapa.
Zuma het aan die SAUK gesê sulke foute is onaanvaarbaar en “moet gou reggestel word” omdat dit ’n doeltreffende stelsel ondermyn.