'n Opwindende Saterdag op 2 wiele.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Old School Biker

Pack Dog
Joined
Mar 14, 2012
Messages
425
Reaction score
0
Location
Villierdorp
Bike
Yamaha XT 660 Z
So die Saterdag het uiteindelik aangebreek ;D. Het 'n besigge desember en begin van die jaar gehaad en bo op dit was ek Augustus laas op 'n leke trippe omdat ons 'n dogtertjie ryker geword het. So toe besluit ek dis weer bietjie tyd vir 'n breakfast run. Vroulief en die klein prinsessie is na skoon ma toe en ek het oom Fourie en nog 'n klomp manne by shell gekry in Villiersdorp.

Ons is so 8 uur die oggend dorp uit in die rigting van die draai berg pad. Van daar is ons Van Derstel pas om tot by Haustin view road waar ons vir Bailey en operator en Bailey se girl gekry het en aan gestoot het Dassies fontein toe. Daar gekom het ons vir nog 2 manne gewag wat presies op tyd daar aangekom het. Moet se het nogal gedrool oor daai flippen mooi triumph tiger.

Na ons leke bene gerek het het ons weer die pad aan gevat Caledon toe. By die Total garage het van ons eers weer petrol in gegooi en ons het vir buff hulle daar gekry waar hulle op pad was om bietjie te gan speel. Teen die tyd het die honger pyne ook in geskop en ons moes aanstaltes maak. Daar is darem min dinge so leke soos om 'n groep bikes te ry en al daai engins te hoor nie. Ons is toe uiteindelik oppad Van Brakelstoor toe via die Hemel en Aarde pad en toe op die Tesselaars dal pad. By die Vurk het ons links gehou behalwe vir die paar manne wat regs gegaan het. Ons het toe maar by 'n T aansluiting vir hulle gewag. Van daar af is ons Van Brakel toe vir 'n heerlikke ontbyt en 'n leke beker koffie.  :thumleft:

Na ons mage almal vol was en ons weer dit reg gekry het om opi fietse te kom het ons in die rigting van Akkedis berg te ry. Die roete was toe nou soos volg Akkedisbergpas/ Flouhoogte/ Sandys Glen/ Houtkloof/ Hondekloof/ Schildskloof/ Nethercourt/ Greyton. Ek was nog nooit in die area nie en dis 'n groot skande want dis so naby. In elkgeval dit daar gelaat. Die paaie was awesome en die weer en die views was beeldskoon. By Schilskloof het ons weer bietjie bene gerek en water afgeslaan en vir die agter osse gewag. Ek het weer besef hoe bederf ons is om in so stunning deel van die land te bly.

Na so paar minute se twak praat het ons weer die pad aan gevat greyton toe. Die pad het al hoe lekkerder geword met die modder poele en die stroompies en toe raak dit lekke want nou moet jy werk om die fiets in die pad te hou. Ek was bly vir die modder want toe het weer rede om bike te was ;D. Op greyton was dit weer tyd vir kele nat maak. Ons het die bikes weer petrol gegee en toe 'n drink plek gaan soek.

Right nou was dit die laaste strech huis toe. Ek en 5 van die manne het besluit om huis se kant toe te staan. Die ander manne se dors was nog nie geles nie so hulle het agter gebly. Ons sit toe die stukke in terug Villiersdorp se kant toe. By die rusty gate bordtjie het ons in gedraai en die berg paaitjie begin anpak. Net voor ons die berg op is het een van my Yamaha kamerade in puncture op sy voor wiel gekry en my bike het besluit ek kan vandaar af sonder my kick stad reg kom want toe breek die se spring :xxbah:. Tire reg gemaak en weer op gesit en ek het my fiets gaan haal waar ek hom teen 'n paal gele het en toe vat ons die berg aan. Het hard gewerk om bo te kom en deur rowwe terrein en water slote en sand man dit was prettig. Ek het begin bekommerd raak want my bike het in caledon al 'n olie lek op getel en ek het nie nou geld vir 'n nuwe motor nie. Ons is van die berg af weer op die teer en stoot toe aan huis toe. Ek het die manne gegroet en hulle is terug kaap toe. Ek het by die huis gekom ek was pap tires. So dag in die saal is uitputtend maar dit was 'n leke moeg. Vir al die manne wat saam gery het en wat my geondersteun het toe die bike begin lol het ek wardeur dit en die geselskap was leke. Hoop om gou weer so te maak.Hier is so paar kiekies wat ek geneem het, Julle man wat saam was is welkom om nog by te sit.
 

Attachments

  • IMAG0005.jpg
    IMAG0005.jpg
    217.3 KB · Views: 541
  • IMAG0009.jpg
    IMAG0009.jpg
    391 KB · Views: 542
  • IMAG0018.jpg
    IMAG0018.jpg
    147.3 KB · Views: 539
  • IMAG0029.jpg
    IMAG0029.jpg
    181.5 KB · Views: 571
Top