Hi DikZol.
Ek werk by CapeNature en my vriend, Marius Brand is die bestuurder op Anysberg. Ons was na die reens met vier 4x4's deur na Anysberg om te sien of ons kon deur. Dit het goed gegaan maar net omdat die paaie al reeds plek-plek weer herstel was. Daardie laaste groot verspoelde area waar jy klippe gepak het was volgens my onbegaanbaar. Die manne wou nie eens met hulle 4x4's dit daardeur waag nie.

Hoe dit ookal sy, ek dink nie enige iemand sal weet wat dit moes verg om deur daardie hindernisse met n "bike" te kom nie, wat nog alleen met n swaar bike en n person agterop. Ek haal nie net my hoed af vir jou nie, maar het groot respek vir jou en jou laaitjie se waagmoed. Ek kom redelik baie op Anysberg en daardie paaie raak soos "snot" as hulle nat is.
Ek is bly julle is veilig daardeur en ek is seker jou seun sal tot hy kop neerle, hierdie storie van waagmoed ook aan sy kinders en vriende kan oorvertel.
Die rit terug was seker ook nie iets om na uit te sien nie...of hoe?
Groete en laat die wiele rol...........

!!!!!!!!!!!!!!!!!!