Klein dorpie toer deur Suid Afrika

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Man from Nam

Race Dog
Joined
May 7, 2013
Messages
769
Reaction score
1
Location
Windhoek
Bike
Yamaha Super Tenere
Ons wou al lankal 'n toer deur Suid Afrika doen en al die klien dorpies besoek wat ons altyd net verby ry as ons daar is met vakansie. Ons goeie vriende sou vir ons kom kuier in Desember maar hulle het onlangs 'n nuwe huis gekoop en met die trek het hulle die kuier gekanseleer. Ons besluit toe miskien moet ons na hulle gaan en dan doen ons 'n toer deur die oos vrystaat, oos kaap, route 62 en gedeeltes van die karoo en eindig op die weskus. Ons werk 'n roete uit en bespreek akkomodasie.
Die voorlopige roete is as volg. Ons ry deur Botswana na Pretoria, daar sal ons die res van die groep ontmoet.
Pretoria na familie se plaas tussen Devon en Balfour.
Volgende dag na Clarens en Fouriesburg.
Dan na Bethulie oor Ladybrand en Zastron omdat my vrou graag haar oupa se familie plaas wil besoek wat na haar oupa se dood verkoop is.
Van Bethulie na New Bethestha.
Dan na De Rust.
Van De Rust na Barrydale.
Dan na Hermanus oor die Tredouw pass en Swellendam, Bredasdorp en Stanford
Kerstyd sal ons in Hermanus deurbring saam met vriende.
Dan na Greyton oor Villiersdorp na Grabouw.
Volgende dag na Ceres, Matiejiesfontein en Sutherland en deur die Tankwa Karoo Veldrif toe waar ons vir vier dae sal bly, die weskus plekkies besoek en die nuwe jaar sal inwag.
Van daar sal ons opsplit, ons terug Namibia toe en die Pretoria groep terug Gauteng toe.
Ons het besluit om nie te veel grond paaie te ry nie aangesien twee van die vrouens hulle eie fietse ry en een nou onlangs eers begin ry het. Dit sal ook haar eerste lang toer wees.
Van die vriende en familie sal net gedeeltes van die roete saamry.
Ons vetrek Vrydag die 13de rondom etenstyd en ry tot by Buitepos waar ons die eerste aand braai om die vakansie mee te begin.
 

Attachments

  • 005.jpg
    005.jpg
    117.6 KB · Views: 867
  • 011.jpg
    011.jpg
    104.8 KB · Views: 862
  • 014.jpg
    014.jpg
    96.2 KB · Views: 939
  • 018.jpg
    018.jpg
    129.8 KB · Views: 884
  • 003.jpg
    003.jpg
    70 KB · Views: 858
Top