Watter fiets is die beste?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Jan 9, 2014
Messages
2
Reaction score
0
Location
Ladybrand, Free State
Bike
AJS (all models)
Watter fiets is die beste?  Which bike is the best?

Watter fiets is die beste?
1. Wanneer jy ry, gaan jy meestal alleen wees of met 'n passasier? Neem beide grond en teer ritte in ag. 

Dit sal so 50/50 wees.  Vroulief sal kort afstande saam neem, maar die langer afstande meestal alleen. Ek verkies dat sy haar eie fiets ry maar sy nog nie baie gemaklik met die idee nie.  Veldritte sal ek meestal alleen doen.

2. Hoeveel mooi grondpad ry gaan jy doen teenoor veldry?

Meer grondpaaie as veldry.  Veldry net as ek saam groep in Lesotho of so gaan ry, dit sal ek ook alleen doen. 


3. Jou definisie van veldry, is dit vinnig soos Dakar, meer soos Roof of Africa of in eerste rat so ver en so vinnig as wat jy kan?

Defnitief nie Roof veldry nie.  Meer in laerrat en stop as ek so voel.  Maar die Dakar sal ook lekker wes.


4. Wat is jou vlak van bekwaamheid?

i. Ek kyk hoe die pro's ry met 'n  bier in die hand
ii. Ek kan wegtrek en bo bly maar is 'n beginner
iii. Ek ry al van kleintyd af en weet wat ek doen
iv. Ek neem aktief deel aan MX of verwante kompetisies

Ek ry al van kleintyd af maar geen pro nie.  Ek kan bo bly (het wel baie om te leer) maar het net aan kompetisies deelgeneem in die vriendskaplike kategorie met 'n KX250. 


5. Wat is jou begroting, draai jy sente om of groei geld aan 'n boom in jou agterplaas?

Ek gaan defnitief op 'n begroting moet bly, ek sal nie kan koop wat my oe sien nie, maar wil ook nie 'n gat vir my sak koop nie.  Ek sal met die basies wil regkom maar dit ook geniet. 


6. Het jy enige voorkeure in terme van handelsmerk? (Hoekom?)

Hoe meer ek na die fietse kyk hoe mooier raak almal vir my.  Maar ek hou vd BMW, KTM en sal as ek tyd het ook na die Yamaha wil gaan kyk.  Hy lyk ook goed.  Ek kan nie 'n hoe fiets ry nie.  Ek is nie geseend met die langste bene nie.Ek het reeds 'n BMW vir kort afstand gery en was baie beindruk. 


7. Het jy enige voorkeure in terme van enjin grootte? (Hoekom?)

Ek dink tog die 1200 is te groot vir my, ek moet dalk met kleiner fiets begin. Dit is makliker hanteerbaar as ek so luister na almal.  Ek trap 'n skaal op 'n goeie gewig en glo dat die 800 meer in my klas val.


8. Gaan jy die fiets self onderhou of verkies jy dat die handelaar dit doen? (Hoekom?)

Ek sal defnitief verkies om die fiets deur 'n handelaar te onderhou maar sal die klein goedjies self ook kan doen as ek moet.  Handelaars is nie om die draai van ons af nie.


9. Hoeveel kilometer gaan jy ry per maand/jaar?

Daar sal maande kom wat ek baie tyd tot my beskikking sal he en ander maande sal ek maar net na die fiets kyk as ek my bakkie in die motorhuis intrek.  Kom ons praat van gemiddeld van so 500km per maand en sal seker meer word as ek die motorfiets onder die knie het.


 
Top