Meer 'n amper vuil broek storie as ride report

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Sep 22, 2013
Messages
3
Reaction score
0
Location
Parow
Bike
BMW F800GS
Ek moet seker iewers begin post anders gaan ek currently disadvantaged bly vir ewig  :imaposer:

So oor die Desember vakansie gaan ry ek daar in die Mosselbaai omgewing en dwaal later daar op 'n grondpad af waar ek by 'n bord kom wat ek lees, '' geen motorfiets op pad nie"

Ek draai toe maar om en net voor ek terug ry kom daar 'n LC 1200 GS by my verby in die teenoorgestelde rigting. Ek beloer weer die bord en sien dat ek soos my gat gekyk het, " geen motorfietse van die pad af nie"

Ek vlieg daar weg en ry langs 'n stroom af tot waar die pad die water kruis met 'n lekker klipperige rivier bedding. Ek stop eers, maar onthou die 1200 het slippertjies op gehad en as hy kan, kan ek ook mos. Ek skraap my moed bymekaar en 'n hand vol throttle en daar gaan ek.

Die eerste stukkie is vlak met klein klippe en dan gaan jy weer oor op 'n droë stuk en toe ek weer die water moet oor sien ek dis bietjie dieper  :eek:

Soos ek in gaan kom die water tot net onder my pegs en die klippe word grootter. Ek probeer momentum hou en lê terug dat my hol amper gelyk is met die tail pipe. Ek besef as hier nou 'n foutjie kom gaan ek swem.

Ek maak dit anderkant uit net voor ek beheer oor my stoelgang verloor en na my hart klop weer terug keer na normaal, voel ek sommer heel goed oor myself. Ek ry daar verder in die vlaktes in sorder 'n idee waarheen ek gaan, maar dis grondpad en dis lekker.

Ek ry deur 'n klein "plaas gemeenskaps dorpie" en kom later op 'n teerpad uit en so volg ek maar die pad om te kyk waar ek uit kom. Nie lank nie of ek sien 'n grondpad wat afdraai van die teer af en ek vat hom sonder om te kyk wat die pad predikant sê.

Dis 'n lekker grondpad en nie lank nie of ek kom weer op dieselfde plek uit wat lui na die rivier stroom toe. Ek is mos daar oor en laat waai in die rigting van die rivier stroom met sy klippe. Net voor die oorgang plek staan 'n man met sy laaitie in die rivier en visvang. Ek groet so in die verby ry en dink by myself as jy nou neer moer gaan die mense vir jou lag.

By die water gekom misgus ek my heel met die lyn wat ek wil vat en gaan ry op 'n plek in waar 'n landrover moes vas gesit het >:D

Ek verloor momentum en nie lank nie of daar staan ek :confused2:

Die water is so bietjie dieper en pegs is nou onder die water. Ek sit my voete af en wieg vorentoe en agterntoe om genoeg momentum te kry dat ek weer op die pegs kan kom en op staan. Ek gaan so klein entjie vorentoe maar gaan staan weer en hier sit ek.  :duckie:

Ek stoei met daai 240 kg en klim later af en staan langs die fiets. Ek kyk terug en kan die man sien kyk, maar gelukkig is dit te ver om hom te sien lag, want ek dink daar het dalk trane geloop van lekker kry. Ek skraap weer moed bymekaar en wieg vorentoe en agterntoe en help met die throttle. Die TKC gryp en net voor ek my moses tegemoet kom glip hy weer en daar stan ek tot by die knieë in die water.

Dis hier wat ek besef opklim en oor die fiets staan is beter en so gaan ek aan tot ek uit die gat uit is. Ek is so dankbaar dat dit nie 'n 1200 is nie, want dan het ek hom lankal versuip. Ek kry genoeg momentum en spring op die pegs en daar gaan ek soos een wat kan klip ry  :sign4:

Dit was een benoude oomblik, maar ek is net bly ek het nie om gevoeter nie. Ek het darem geleer dat my SIDI boots water inlaat en nie weer so maklik uitlaat nie en om verder voor my in die pad te kyk. Oja en natuurlik om paaie te vermy waar gereeld Landrovers loop  :imaposer:

Daar is 'n paar mooi paaie in daai geweste en dink die honne wat daar bly is regtig bevoorreg.
 
Top