Haenertsburg/Magoebaskloof pillion toer – November 2013

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Piet

Race Dog
Joined
Mar 18, 2010
Messages
1,213
Reaction score
3
Location
Queensland, Australia
Bike
Kawasaki KLR 650
My meisie Carrie geniet motorfietsry (amper) so baie soos ek. Eendag, toe sy saam met my fotos kyk en luister na die toere wat ek gedoen het, bied sy aan om vir my die Tzaneen/Magoebaskloof/Haenertsburg-wêreld te gaan wys. Sy is oorspronklik van die Kaap, maar sy het die jaar na matriek afgevat en gewerk as avontuurfasiliteerder by Stanford Lake College. Gedurende dié jaar het sy heelwat van die omgewing se geheime oasisse leerken en sy is lus om vir my die plekke te gaan wys…

Ons maak toe die kontrakteursnaweek einde Oktober/begin November vas en begin bietjie beplan. Ek is oor die algemeen meer verantwoordelik vir die logistieke rondom wat moet saamgaan, die voorbereiding van die motorfiets en bagasie, terwyl sy die meerderheid van die roetebeplanning sal behartig. Dit het ook maar moeilik gegaan, want Carrie weet nie waartoe die motorfiets en sy operateur (die uwe) instaat is nie en ek kan ook nie vir haar ‘n selfversekerde aanduiding gee nie, want ek het nog nie vreeslike tegnies-uitdagende terrein met ‘n passasier aangedurf nie! Ek is ook nie rerig lus om vir haar pa te verduidelik hoe dinge toe nou skeefgeloop het en (om sommer ‘n minder-erstige voorbeeld te noem) die uitlaatpyp ‘n gat in haar been gebrand het nie… :eek:

Carrie is baie geheimsinnig – behalwe vir vae en terloopse vrae gee sy nie veel weg nie. Sy doen goed om die uitsien in my aan te vuur. Nou en dan toon sy hewige teleurstelling wanneer sy besef dat ‘n sekere plan nie gaan realiseer nie omdat dit onlangs te veel gereën het, of omdat die stuk grond intussen aan privaateienaars verkoop is.

Die naweek breek aan en die opgewondenheid loop hoog. Ek is al van Donderdagmiddag af, maar Carrie kan eers rondom middagete Vrydag loskom. Ek gebruik die halfdag om die fiets ordentlik na te gaan. Alhoewel ek hom onlangs gediens het, maak ek die lugfilter skoon, vervang boute wat alweer losvibreer het, toets die banddruk, en verstel die skokbrekers vir passasier en bagasie. Ek bou ook vir my ‘n gereedskapkis uit ‘n stuk pyp uit en sit dit met lukrake items van die hardewarewinkel af aan die fiets vas. Daar is beperkte plek, so my gereedskapsakkie kan nie in sy oorspronklike vorm inpas nie. Ek het ook sommer twee (gesubsidieerde konstruksie-) reënjasse by dieselfde hardewarewinkel gekoop, want rondom Haenertsburg word daar reën voorspel vir die hele naweek… :-\
 
Top