Ek is te geknoop as dit by photoshop kom,neem maar net en doen maar net klein verstellings
Hier is nog wat ek geneem het.
(1) My vrou is mal oor hartjies,die een het ons gesien in die wolke, terwyl ons in die Kaap was tussen wynroetes.
(2) By die seiljag club in Gordonsbaai,skemer met lae sluiter en flash vir die voorgrond.
(3) Laaiplek aan die weskus,by die hawemuur,maanlig en flash vir voorgrond en stadige sluiter om die branders se beweging vas te vang.
(4)Velddrif,met n uitsig op Bokkomlaan se vissers bote aan die regterkant (bakkies soos ons dit daar noem)