On the road again, nananana, on the road again. (Sing in WIllie Nelson stem asb)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Oct 22, 2013
Messages
4
Reaction score
0
Location
Stellenbosch
Bike
BMW F800GS
16/07/2011: On the Road again, na na na na, on the road again..
Posted on Oktober 16, 2012 by afrikanerslim
Hello Julle

So slaan ek weer die pad, die slag groei die groupie tot 3 met Danie en Michael wat die trippie saam met my aanvat. Rofweg het ons idee waar ons gaan ry, maar aangesien dit min of meer in die middle van ons winter is, is daar besluit dat ons maar ons wee aan die natuur oorlaat en probeer om so lank as moontlik droog te bly. (Net die kele so nou en dan natmaak)

Woensdag middag breek aan – Danie vergeet sy buff en ons kom laat weg, ry in die donker met bibberende alles en kom koud maar lewend by die Slagveld aan. Braai, eet en kooi toe – en hier moet ek verduidelik: Danie is verskriklik gesonde persoon, eet vrugte en gesonde goeters en ry bergfiets net wanner hy kan – en so kry ek en Mike waarskuwing nr 1: hy poep verskriklik, se hy, as gevolg van die gesonde kos. Mike gee toe onmiddelik waarskuwing nr 2: hy het sinus probleme en begin snork oomblikke voor sy kop die kussing tref. Ek self doen sommer alby, maar hoe erg kan dit nou wees – ek was mos 2 jaar in die weermag; 5 jaar op koshuis, ek ken van kamers deel met ouens. MAAR NIE DIE OUENS NIE!! Ek en Danie is nog besig om nag te se vir Mike toe trek die sinuses los dat ek en Danie sommer klip hard aan die lag raak. En so in die lag begin Danie lostrek met die onderste gedonder, ek probeer by hou so al wat ek kan, maar hulle het voordeel op die gebiede wat nie vir jou gewone mens beskore is nie.

Dag twee vat ons Montague om waar ons besluit om Tankwa deur  Sutherland toe te skiet. Dit is mos nou winter, ons is mos op motorfietse – so kom ons gaan kyk hoe lyk die koudste plek in Suid Afrika. Lieflike pad, die reen bly weg, paar klein rivier kruisings en sneeu op die berge waar ons ry. Halfpad kom ons op plek af – Karoo 1: Bergplaas (www.karoo1.com) met mal Belg wat die plek besit. Hy stap rond met boekie met foto’s van sy Indonisiese meisie, sy is verskriklik skamelik geklee, maar trots druk hy die foto’s in jou gesig. Bietjie weird, maar pragtige plek met van die snaakste, onverwagste goeters om elke draai – regs is ek langs ‘n orrel ding wat met sulke papier gevoer word en dan musiek speel, daar staan ou negentien voetsek se Rolls Royce wat nog loop, en nog vele meer. So vertel hy sy dogter kom eersdaags kuier – waar ek en Mike onmiddelik besluit aangesien ons in verhoudings is dat Danie net die regte ou vir haar is. Dan het ons mos Karoo plaas om te kom kuier en skoonpa wat verleidelike foto’s van sy meisie in jou gesig druk. Maar Danie wil niks weet nie – “Gaan te min kan fietsry” is al wat hy mompel.

Ons haal Sutherland – 2 grade wys dit op my motorfiets se thermometer toe ek hom gaan parkeer – en die son is nog nie heeltemal onder nie. (Foto links is ons op pad na daai berge toe – wit van die sneeu) Weer eet (enigste restaurant waar ek al was waar jy ‘n hele lam skouer kan bestel – heerlik – kyk links) kooi, snork, poep – en ons ry die volgende oggend rigting Clavinia. In Calvinia word besluit ons stoot aan Nieuwoudtville toe – die weer bly mooi en heerlike pad met niks, niks en niks. Perfek!

Mike kry gout – die spuit ons toe vinning dood met voltaren – die oggend vroeg ry ons deur Clanwilliam toe om die Super rugby finaal te kyk, en breek af in die Cederberge in met sy eindelose skoonheid. Eind bestemming “die Oase” – soos in vorige blog beskryf – en dit bly net altyd lekker daar. Eet weer vleis, vleis en vleis – kamp heerlik onder die bome, gesels vir vale, slaap so rustig as wat mens net in die natuur kan doen; en ry die Sondag uit en huiswaards. Wat ‘n heerlike paar dae – en heerlike mense.



Saam met die twee ouens (Mike bo en Biker Smurf Danie regs) doen ek enige tyd weer ‘n trip – geen klaagliedere, ons elkeen so bly om te kan ry en vry wees vir paar dae en elke een met humorsin wat enige probleem laat wyk soos ‘n munisipale werker voor die woord dienslewering.

En voor julle dink wat doen die arme djC as ek die pad so vat, soos die vorige keer is sy terug Australia toe om haar suster te gaan bystaan. En bietjie meer as bystaan, sy is 100% stemsel match vir haar suster wat in ‘n stryd gewikkel is met Non-Hodgkins Lymphoma – ‘n tiepe kanker wat vir tydjie in reses in gegaan het maar weer terug is. Alle middels word nou na die kanker gegooi, met die stemsel oorplanting as deel daarvan. (Huidige tyd: Ons moes vir Shanean totsiens se op 18 September 2011 na lang stryd met die kanker – sy word nog elke dag gemis deur vele.)

Groete tot julle weer van my hoor

Afrikaner Slim
 
Top