'n German & Jappie thump deurie Overberg

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Lem

Grey Hound
Joined
Jan 20, 2010
Messages
5,320
Reaction score
17
Location
Bellville, Cape Town
Bike
BMW R1200GS
Verlede week Vrydag, die 14de Februarie het ek en Robert (Oldschoolbiker) ons eerste dagtrip met die bikes deurie Overberg gaan ry.

Nou die bekende paaie, en +-190km klink dalk nie vir baie julle na n vreeslike okkasie nie, maar hiers n storie agter die storie.
Sommiges mag dalk vra hoe ons dan so op ‘n werksdag kon gaan gatskuur, maar dis eintlik redelik eenvoudig.

Ek werk vir myself, en het my dinge so gedoen in daai week dat ek die vrydagmiddag kon af wees. Robert, daarenteen, se hoeveelheid oortyd skofte (4am opstaan vir leiwaterbeurte) die afgelope ruk het aan hom ‘n dag verlof besorg. Hy moes ook Caledon toe gaan om vir sy liksêns se uitpassering te gaan registreer.

Sit twee en twee bymekaar en jyt ‘n baie goeie verskoning vir ‘n biketrip, selfs op Valentynsdag.
 
Top