Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA, is nou klaar)  (Read 22521 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Winston

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 974
  • Thanked: 4 times
  • Empangeni
Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
« Reply #100 on: March 11, 2014, 06:06:05 am »
 :thumleft:
 

Offline Foot-Peg

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 528
  • Thanked: 2 times
  • Waar is die grond-paaie hier rond?
Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
« Reply #101 on: March 11, 2014, 10:07:10 am »
Dag 5

Die plan vir dag vyf was, om van Koffiebaai  te ry en te oornag  bo-op Sani Pas. Dit het beteken ons moet vroeg op die scooters wees, sodat ons nie te laat by die grenspos aan kom nie. Die dun paaidjie van Koffiebaai na die N2 is beslis beter om te ry in die oggend, as die laat middag.

Ons bly op die N2 deur Umtata, rigting Kokstad. Dit begin lyk na reen, maar ons bly droog en die wolke hou ook hulle afstand. (foto 1-2)
« Last Edit: March 18, 2014, 10:22:13 pm by Foot-Peg »
Bly Bo!!!
 

Offline Foot-Peg

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 528
  • Thanked: 2 times
  • Waar is die grond-paaie hier rond?
Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
« Reply #102 on: March 11, 2014, 10:13:24 am »
Voor die R56 wat na Kokstad gaan, kry ons baie digte mis. (Dit was in die Brooksnek area) Dis die eerste keer in n lang tyd wat ons in mis ry en neem dit maar rustig. Net voor Kokstad gaan ons oor die grens tussen KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap.

Vir die van julle wat nie weet nie, ek is eintlik n Nataller. Ek woon wel nou in Somerset West, maar dit was lekker om weer in die land van melk en heuning te wees. (Meer die land van suikerriet en pynappels, maar julle kry die idee) Ek geniet natuurlik die Super 15 vreeslik baie!!!

Anyway, terug by die RR.

In Kokstad stop ons vir n Wimpy breakfast. Hy is mos altyd n wenner. Soos ons daar sit kan jy sien die area het baie water gekry die laaste paar dae. Dit het ons n bietjie bekommerd gemaak vir die pas, want nie een van ons was al daar op nie.
Die plan is steeds om bo-op die pas te slaap, so ons skiet die ontbyt in en sleep voort.
Bly Bo!!!
 

Offline Foot-Peg

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 528
  • Thanked: 2 times
  • Waar is die grond-paaie hier rond?
Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
« Reply #103 on: March 11, 2014, 10:16:38 am »
Van Kokstad ry ons met die R617 na Underburg. Die reen vang hier op met ons en ek trek af om my reenjas aan te trek. Foot-Peg se Pa, (wat nou my Pa is en Foot-Peg se Ma se man en Foot-Peg se Broer se Pa ook is) het gelukkig die een vir my gegee net voor die trip, my ou een was nie so lekker nie. Thanks Pa. (foto 3-4-5-6)
« Last Edit: March 18, 2014, 10:25:40 pm by Foot-Peg »
Bly Bo!!!
 

Offline Foot-Peg

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 528
  • Thanked: 2 times
  • Waar is die grond-paaie hier rond?
Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
« Reply #104 on: March 11, 2014, 10:18:49 am »
Soos ons daar staan, bel n pel wat saam met my op Saasveld was. Hy werk in die area en was twee weke vroer saam met sy Pa, op n bike trip tot in die Kaap. Die man wil weet waar trek ons.

Toevallig is hy net voor Underburg en ons kry hom daar. Dit het lekker begin reen en die plan om op te gaan teen Sani Pas spoel weg… (foto 7-8-9-10-11)

« Last Edit: March 18, 2014, 10:26:56 pm by Foot-Peg »
Bly Bo!!!
 

Offline Foot-Peg

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 528
  • Thanked: 2 times
  • Waar is die grond-paaie hier rond?
Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
« Reply #105 on: March 11, 2014, 10:19:41 am »
Ons besluit om in n “Backpacker” te bly en die volgende dag vroeg op te ry teen die pas, as dit nie reen nie. (foto 12-13)
Bly Bo!!!
 

Offline Foot-Peg

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 528
  • Thanked: 2 times
  • Waar is die grond-paaie hier rond?
Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
« Reply #106 on: March 11, 2014, 10:26:09 am »
Foot-Peg, wat se kamera gebruik jy?
Dit lyk of die kamera op jou helmet gemonteer is, neem jy dan video en select sekere fotos, of neem jy stil fotos?

Met die regte kamera kan jy lekker fotos neem, soos ek dit nou doen moet ek stop, kamera uithaal en dan neem, en met die handskoene aan is die proses te lank en mis ek die aksie.
Ek wil graag met my volgende ride ook iets soos jy probeer doen.

Jis Nicobie

Ek het n klein mik en druk en dan die Go-Pro ook. Die videos is nice maar die stil fotos is nie so goed soos n regte kamera nie, hulle werk wel vir die forum...

Dit is soos jy se, mens mis minder van jou trip.
Bly Bo!!!
 

Offline horison

  • Newbie
  • *
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Gauteng
  • Posts: 15
Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
« Reply #107 on: March 11, 2014, 11:15:19 am »
thanks brother for sharing..incredible pic's ....sitting in my office missing the freedom of the open roads and places not yet seen.
 

Offline Footpeg se PA

  • Member
  • **
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 231
Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
« Reply #108 on: March 11, 2014, 01:48:05 pm »
Lekker man, sien uit na die res. :thumleft: :thumleft:
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 729
  • Thanked: 6 times
Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
« Reply #109 on: March 11, 2014, 02:11:06 pm »
Geniet die RR en foto's terdee!!
Laat waai met nog :)
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Stofdonkie

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,551
  • Thanked: 16 times
Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
« Reply #110 on: March 12, 2014, 05:55:58 am »
Lekker RR.  :thumleft:
Carpe BM.
 

Offline Foot-Peg

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 528
  • Thanked: 2 times
  • Waar is die grond-paaie hier rond?
Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
« Reply #111 on: March 12, 2014, 11:07:03 am »
Dag 6

Ons het gaan slaap die vorige aand en nie geweet of ons wel teen Sani Pas gaan kan uit nie. Daar is geen punt om dit in die reen te doen nie, want dan het jy geen "view" nie. (Dit het na reen gelyk.) Die "locals" het vir ons gese die beste kaans wat ons het, sal vroeg oggend wees. Gevolglik was die plan om vroeg op te staan en te kyk wat se die weer…

Soos ek wakker word, le ek en luister of dit reen. Ek hoor niks en kry n bietjie hoop. Gaan loer buite…(foto 1-2-3)
« Last Edit: March 18, 2014, 10:30:24 pm by Foot-Peg »
Bly Bo!!!
 

Offline Foot-Peg

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 528
  • Thanked: 2 times
  • Waar is die grond-paaie hier rond?
Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
« Reply #112 on: March 12, 2014, 11:55:05 am »
Die man van Sani Lodge Backpacker was gaaf genoeg en se ons kan van ons pakasie daar los. Die bikes word afgepak en net die nodige gaan saam. (foto 4-5-6)
« Last Edit: March 18, 2014, 10:31:12 pm by Foot-Peg »
Bly Bo!!!
 

Offline Foot-Peg

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 528
  • Thanked: 2 times
  • Waar is die grond-paaie hier rond?
Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
« Reply #113 on: March 12, 2014, 11:57:24 am »
Dit is weer, soos elke dag, n goeie dag vir bike ry! Ons vertrek van die backpackers na die grenspos. Ek het n vriendelike glimlag gekry om die dag te begin van die buitelanderjie wat gaan draf het.(foto 7-8-9-10-11) Ek was lus om nog n aand te bly…
Bly Bo!!!
 

Offline Foot-Peg

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 528
  • Thanked: 2 times
  • Waar is die grond-paaie hier rond?
Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
« Reply #114 on: March 12, 2014, 12:02:01 pm »
Die pad na die grenspos begin met n nice teerpad met slap draaie en raak dan grondpad. Soos julle in die fotos kan sien, is dit baie mooi. Ek het daar besef ons is in vir n baie “special” dag.(foto 12-13-14-15-16-17-18-19-20-21-22-23-24-25-26) Jammer, die Go-Pro het n bietjie toe gemis hier en daar…
« Last Edit: March 18, 2014, 10:33:04 pm by Foot-Peg »
Bly Bo!!!
 

Offline Foot-Peg

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 528
  • Thanked: 2 times
  • Waar is die grond-paaie hier rond?
Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
« Reply #115 on: March 12, 2014, 12:04:24 pm »
 :ricky:
Bly Bo!!!
 

Offline Foot-Peg

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 528
  • Thanked: 2 times
  • Waar is die grond-paaie hier rond?
Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
« Reply #116 on: March 12, 2014, 12:07:37 pm »
By die grenspos  aangekom is ek klaar “in gestamp” voor die Grote en Willie daar is. Baie vriendelike mense daar. Willie en die Grote het n bietjie langer as normaal geneem en ek vra, hoekom…

Die eerste om-val van die trip het gebeur. Niks erenstig nie en die Grote is ok… Nou is dit Pas toe!!! (foto 27-28-29-30-31)
« Last Edit: March 18, 2014, 10:34:47 pm by Foot-Peg »
Bly Bo!!!
 

Offline Foot-Peg

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 528
  • Thanked: 2 times
  • Waar is die grond-paaie hier rond?
Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
« Reply #117 on: March 12, 2014, 12:09:16 pm »
Met die eerste  water driffie is ek aan die verkeerde kant van die pad en maak die lewe baie moeilik vir myself. Aan die linker kant is dit pragtig om deur te ry, maar ek kry die groot klippe!!! Nie te min, die 800 is daar deur en nou is n man reg. (foto 32-33-34-35-36)
Bly Bo!!!
 

Offline Foot-Peg

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 528
  • Thanked: 2 times
  • Waar is die grond-paaie hier rond?
Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
« Reply #118 on: March 12, 2014, 12:11:01 pm »
Die Grote en Willie kies die beter lyn en kom maklik deur. Dit was nie regtig so moeilik as mens die regte lyn kies nie, dit geld vir die hele dag… (foto 37-38-39-40-41-42)
Bly Bo!!!
 

Offline Foot-Peg

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 528
  • Thanked: 2 times
  • Waar is die grond-paaie hier rond?
Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
« Reply #119 on: March 12, 2014, 12:12:11 pm »
Die Sani Pas is beslis n plek waar julle moet gaan ry. Dit is nie so moeilik nie, maar die manne se in die winter is dit n ander storie. Ek sal dit glo. (foto 43-44-45-46)
Bly Bo!!!