Dag 3
Die J-Bay Backpackers waar ons gebly het was baie nice, maar hulle kan gerus n fan of twee koop. Ek en Johan is vroeg op, want ons kon nie slaap in daai hitte nie. Dit het my die kaans gegee om batterye te laai, fotos uit te sort en al daai soort “admin”.
O ja, voor ek verder gaan. Die 800GS se agter "wheel bearings" was besig om op te pak. Ons het dit in Willowmore agter gekom, maar daar was nie iets wat ons toe aan dit kon doen nie. Ek was deur die Baviaans met die bearings; maar kon in J-Bay sien dit is tyd vir nuwes. (Ek en Johan het nog die week voor die tyd gewonder oor my bearing, toe hy sy nuwes in sit

)
Terwyl ons wag vir die winkels om oop te maak, kry ek en die Grote ontbyt en gaan soek n lekker spot. (foto 1-2-3) Nie een surfer was uit nie…