Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA, is nou klaar)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Johan14

Race Dog
Joined
Jul 14, 2010
Messages
528
Reaction score
0
Location
Somerset West
Bike
BMW F800GS
Goeie dag Honne

Na al die “Planning a Ride Post” kan ek uiteindelik die RR begin. :lamer:

Ek gaan sommer by die begin, begin…

Die trippie het al in Junie 2013 ontstaan. Ek en my vriend Willie het een aand gebraai, ons gesels oor verlof en my 45 verlof dae wat ek het. (Soos julle weet mag n mens nie meer so baie he nie.) Ek se toe vir hom, ek gaan een maand se verlof vat en om SA ry, of so iets lekker doen. Hy se dadelik dat dit is n blink plan, hy kom saam.

So begin die trip se beplanning… een van die belangrikste reels wat ons gehaad het, was dat ons nie te baie gaan beplan nie.Die beplanning het natuurlik nie te lank geneem nie. Ons roete sou antiklokgewys om SA wees.  Van Somerset West na die grenspos by Kosi Baai, Kosi Baai na die grenspos by Musina, Musina na die grenspos by Alexander Baai en van daar terug Somerset West toe.

Ek en Willie het nog n vriend wat altyd saam ry, sy naam is Johan. Hy en Willie besit Extreme Motorcycles in die Strand. Ons vertel hom van die idee om, om SA te ry. Hy se dit klink baie lekker, maar hy sal nie saam kan gaan nie.(Werk, Vrou en kind  :3some:) Gevolglik mag ek en Willie nie oor die trip praat as hy by is nie, want dis nie vir hom lekker om te hoor ons gaan ry en hy kan nie saam kom nie… :ricky:

Daar word  besluit om 01 Feb te vertrek, om SA te ry en terug te wees 21 Feb.

2 maande voor ons vertrek laat weet Johan hy kom saam!!! Mariana het gese hy moet ook gaan. (Dankie Mariana :thumleft:)

Nou kan ons nie meer wag om te ry nie!!!!

PS: Ek is nie Dalene Matthee nie  :deal:
 
Top