Fok tog dude en dan wil jy alweer nog steeds bike koop 
Nee daai was 'n hoenderhok idee......ek se mos ek het op my kop geval ook.

OK so ek is laasweek Maandag terug hospitaal toe vir 'n infeksie in die wond op die arm.......en ek is nogsteeds hier (lang storie I will get there)...so ek kan maar netsowel bietjie update.
Die wat my ken weet ek is 'n voorstander van ATGATT en ek sal sommer 'n vreemdeling by 'n robot gas gee as hy sonder handskoene ry of so iets. Daai sondag oggend bekyk ek die weer so(pragtige somers oggend met blou blou lug) en ek dog...ag ons gat net oor die berg en terug so ek gaan bietjie "underdress"
So my dress code was 1 x BMW Santiago boots.....1 x jean pant....gloves...1 x kortmou pullover met t-shirt onder dit....Leatt brace en Arai helmet. Ek is nou nog de moer in vir myself.
So toe ek afkom wipe die voorwiel na regs.....en gesig eerste en op die linkerkant is ek toe in die grond in. Na daai oomblik van wat het sopas hier gebeur staan ek op en stap nader na my bike. Ek haal my handskoene af en toe my helmet. Geen pyn of iets nie. Iemand vra of ek OK is en ek se ja man....hoe lyk die bike?
Snaaks ek hoor/lees baie ouens se na hulle so hard geval het voel hulle eers of hulle hulle arms/bene/voete etc kan beweeg. Ek het dit glad nie ervaar nie.
Nee....jy is NIE ok nie...kyk hoe lyk jy.
Toe eers dat ek begin kyk na myself. My linkerarm voorarm was spierwit met swart merke (in daai minuut of twee het my arm amper verdubbeld in size. Ek en Rommel was oortuig hy was mors af en dis die been wat die vel so laat strek) en nie een sproet op nie...want al die velle was af. Van bokant die elmboog tot by my hand. Die bloed en so begin begin deursyfer. Onder aan die arm naby die elmboog 'n redelike groot sny. Regterarm amper dieselfde sonder die sny.
Maar toe ek afkyk na my bene is toe ek begin worry. Daar by die knieg waar veronderstel was om jean pant te wees....was die broek aan flarde geskeur.....en wat ek gesien het het nie goed gelyk nie.
Ek het Oktober verlede jaar issues met my hart gehad so ek is op Warfarin....en gelukkig weet almal wat saam met my gery het dit. Hulle het my maak sit en die ambulans gebel.
Nou begin dit nogals erg bloei. Vreemde bikers stop en gee van hulle scarfs en klere om te help om die bloeding te stop. My maters draai dit sommer met ducktape vas. Ek was nogal impressed ek moet bieg. Dankie wie julle ookal was.
Rommel sit sy hoed op my kop dat die son my nie ISM piets nie.
Toe die ambulans na 'n ruk nie opdaag nie het tussen Bubby en Rommel besluit ek gaan dood bloei langs die pad ons moet 'n ander plan maak. Hulle trek toe 'n ou met 'n bakkie af en hy stem in om my na die naaste hospitaal toe te vat in die Paarl in. Hy kyk my eers so skeef uit met al die bloed en goed en ek se toe vir hom man sommer agterop asb...laat ons net gaan. Duisend dankies vir jou ook.
Cindy raam saam met my agterop en Kokkie bly agter by die bike en wag vir die aasvoels om die bike te kom haal.
Ek word opgeneem en toe alles stable is vir wat soos 'n ewigheid gevoel se x-strale sessie en scans kry ek eers iets wat help vir die pyn. Die adrenalin rush is op soos laas maand se pay. Geen frakture nie wonder bo wonder.
Daai selfde middag is ek teater toe om die wat eers 'n knieg was te probeer red/regmaak en die ander wonde onder narkose skoon te maak. Een van die nurses het met so 100% alcohol lappie en bakkie probeer om my arms skoon te maak......needless to say het hulle dadelik gestop.
Foties van die helmet en van die bike. Vir die ouens wat so met open face helmets ry.....ek hoop jy kyk mooi. Helfte van my gesig sou weg gewees het as ek nie 'n full face gedra het nie.
Skade op die bike is net aan die linkerkant.