Brekkie run sonder die brekkie..en dan 9 weke se Purity....innie hospitaal

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Carrots

Grey Hound
Joined
Aug 18, 2010
Messages
5,647
Reaction score
1
Bike
KTM 990 Adventure
Die dag toe ek vir Hentie ontmoet het.....was so week na ek die eerste keer met hom op die foon gesels het. Ek dink nie ek was toe al 'n Willehond nie......en ek was op soek na 'n 30 Year Anniversary model GSA.

Toe het ek nog in Pretoria gebly....en niemand kon my help nie.....en my een kollega voorgestel ek probeer die platteland.......so ek begin toe met die Vrystaat.

Lang storie kort.....Hentie het persoonlik my nuwe 30 Years warra warra fishpaste bike kom aflaai en my trade in opgelaai in my werk se basement  en hy het met sy groot bek vertel van 'n storie in Lesotho waar iemand so hard geval het.....dat hy 'n ginekeloog moet loop sien. Almal het natuurlik saam gelag.....maar ek het het eers lank na dit...die ware betekenis van die ginekeloog storie gevang. Jammer dames.

Tot en met vandag toe nog.....is sy nommer gesave op my foon as "Hentie Ginekeloog"....baie ironies.

In my 10 jaar se bike ry....het ek altyd innerlik gehoop.....dat ek nooit 'n draai sal moet wil/hoef/forced/geen ander keuse moet maak by die gynie nie.

Wel...ek het...tot my spyt.

Op Sondag oggend die 23ste Februarie het ek loop eiendom koop op Du Toitskloof.

Vandag is amper 3 weke later en ek is gister onstlaan uit die hospitaal uit. Soos dinge nou lyk...gaan ek nog een of twee opvolg operasies nodig he om amper te wees soos wat ek was voor die ongeluk.

Dit gaan 'n lank pad wees na 'n hopelike full recovery maar ek deel dit graag met julle. As iemand......en ek bedoel net EEN imenand......uit my storie kan leer sal ek voel dit was die moeite werd om te skryf en vertel oor dit. My doel is nie om vir iemand te preek of voor te lees wat om te ry of wat of wat om te dra nie nie......ek gaan net my nasty experience met julle deel. If you dont like it....dont read it.

DAAR IS WEL FOTOS WAT PARTY MENSE SAL ONTSTEL...........jy is gewaarsku.  :deal:

Soos ek gese het ek is gister ontslaan so ek ek sal update soos ek kans kry.

Dit is seker die kortste RR.......wat die langste met my gaan wees vir die res van my lewe.

Kerritz
 

Attachments

  • 20140303_152029.jpg
    20140303_152029.jpg
    441.2 KB · Views: 1,599
Top