Kobee Pass

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Rooi Wolf

Pack Dog
Joined
May 23, 2013
Messages
486
Reaction score
71
Location
Nieuwoudtville
Bike
KTM 690 Enduro
Ek het noudie dag afgewyk van my beplande roete af, opad terug van die Gifberg af, en tot bo-op die Kobee Pas gery. Dit is een van daai paadjies waar mens altyd verby ry en in die verte sien. En as jy mooi luister kan jy hom inderdaad hoor uitroep na jou toe. Sy draaie en posisie op die berg is esteties pragtig, en ek het al menigte male myself vertel om eendag daar op te ry, net om te kyk wat daar bo is.

So het ek toe noudie dag sy roepstem gevolg en bo op die pas aangekom, waar ek beloon is met pragtige uitsigte oor die Knersvlakte en die Kobee berg se pieke wat bo die vlak uittroon.  Ek het wel uitgevind wat is daar bo: nog berge verder aan om oor te ry..

Ek moes egter omdraai na bekende gronde toe omdat my petrol al lekker min geraak het, en ek nie kon nie sien of die paadjie reguit aan hou en of hy dalk 'n sirkel gaan maak en my met genoeg petrol los om by die huis uit te kom nie.

Ken iemand dalk die area?

Was 1 van julle al oor die pas en weet julle waarheen die paadjie lei?

Ek wil eintlik probeer om paadjies te vind wat die area verbind met Papkuilsfontein / Moedverloor area. As mens kyk op Google Earth is dit 'n klipgooi van mekaar af, alhoewel jy oor 'n berg en deur 'n vallei gaan moet ry.


 

Attachments

  • Kobee Pas.JPG
    Kobee Pas.JPG
    129.1 KB · Views: 234
Top