3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Duster

Race Dog
Joined
Apr 23, 2010
Messages
1,398
Reaction score
0
Location
Naboomspruit, Limpopo
Bike
Yamaha Super Tenere
Terwyl baie van ons WD's The Gathering bygewoon het die afgelope langnaweek, het 4 van ons 'n ander gedagte gehad om ons tyd te verwyl.  Dit het steeds met avontuur biking te doen gehad, maar ons wil Okt '14 Malawi toe ry met die bikes, en wou graag sien hoe ons kampery en toerusting saam werk.

Ek en Stoffies is in Naboom, en Dred (Johan) en Karien is van Potch af.  Donderdag toe ek nog my brood moes verdien, was Johan hulle reeds oppad Naboom toe.  Ons het middagete by my huis ontmoet, gou 'n ete geniet en toe in die pad geval, noorde se kant toe.

Johan het my vrye teuels gegee om roete te kies en Stoffies het die slaapplekke gekies.  Hy en Karien sou net saamry en die keuses aan ons oorlaat.

Ons het die ou pad Potties deur, tot in Pietersburg, daar weggedraai Tzaneen se kant toe, verby Moria en toe teen die pas uit Magoebas se kant toe.  Bo-op die berg het die mis ons oorval en ons eerste stop moes die begraafplaas by Haenertsburg gewees het.  Maar die mis was so dig, dat ons net proviant vir die aand daar gekoop het en in die mis deurgedruk het Magoebaskloof ruskamp toe.

By die ruskamp het ons onderhandel en die tente sommer om die swembad opgeslaan en 'n heerlike aand daar spandeer.
 

Attachments

  • 3.JPG
    3.JPG
    129.3 KB · Views: 372
  • 1.JPG
    1.JPG
    145.6 KB · Views: 370
  • 5.JPG
    5.JPG
    121.3 KB · Views: 368
Top