'n Bietjie tyd is by die tonnel spandeer, niks gekoop nie, want almal het dieselfde goed. Van daar af oor die berg, die pas af en links na Graskop se rigting, verby Blyderivier Oord en by die eerste verniet uitsig punt het ons weer gestop.
Iets wat ons oor gepraat het, wat seker debateerbaar is: hoekom moet iemand geld maak uit die natuur uit wat verniet vir almal gegee was sodat almal dit kan geniet en waardeer? Nou moet jy betaal om die Bourkes Luck Potholes te sien, jy kan nie eens meer koffie daar koop nie!! Gods Window, betaal om te kyk!!!