Terwyl ons geëet het, het 'n vroutjie my naam kom vra. Stoffies was erg verontwaardig, maar ek het gedink dis vir die rekening..... ne!!
Na 'n rukkie bring sy 'n glas daar aan met my naam, Oppiestasie en die datum, op gegraveer met komplimente van Oppistasie af. En daar het ons trip sy naam gekry!
Want ek dink toe dit sal nice wees om vir ons en Johan hulle elk 'n glas met die trip en datum op te hê as momento. Maar wat sal ons opsit?
Na bietjie dinkskrum, besluit ons op "3 Provinsies in 3 dae." Limpopo, Mpumalanga en nou in Gauteng. Nee sê Karien, ons het dan van Noord Wes af gery. Ja, maar ons het nie....? "3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?"
Besluit julle maar self.

Ons het elkeen 'n glas met iets op wat ons altyd aan die trip sal laat dink.
Maar ons trip saam het hier geeindig. Ons doel was om ons kamp goed te toets, en om te kyk hoe ons by mekaar kan aanpas terwyl ons toer, en ek sien 'n baie belowende Malawi trip wat Okt '14 voorlê.
Dankie Johan en Karien, dit was lekker om julle saam te gehad het. Ons moet nou net geduldig wag tot Malawi se trip.
Stoffies, dankie dat jy weereens saam my gery het, al het ons weer gesloeg, dat jy bereid is om maar net weer op te klim en saam te ry. As jy 'n man was, het ek nou gesê jy is 'n yster. En dis 'n reuse kompliment. Lief vir jou!!!
Laaste foto, ry tyd, die keer huistoe.