altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Altie7deLaan

Race Dog
Joined
Nov 5, 2011
Messages
1,957
Reaction score
132
Location
durbanville
Bike
Husqvarna (all models)
Dagse maters!
Ek sal maar so bietjie bietjie aan die report werk, so wees asb geduldig. Eikeboom sal hopelik bietjie ingryp met nog teks en fotos.
So ruk terug al begin karring Eikeboom vir `n roadtrip na Vanwyksdorp via Sutherland, ek se toe ek is in pappie.
Eikeboom is al gewax in`n roete uitle, so beplanning was alles van sy kant,  ek het net my spontane persoonlikheid en sag op die oog voorkoms na die tafel gebring.
Eikeboom sou op Donderdag 3 april deur die dag trek na sutherland via tankwa padstal, en ek sou eers laat middag vertrek en ons kry mekaar by Sutherland Donderdagaand.
Ek is to eers donderdag 3 pm weg by die huis, en stamp toe die lava express daar  oor bainskloof, stop in ceres vir 95 aanledit, koop `n Bar one en pakkie sout en asyn en vat die pad verder aan.
Ek besluit toe dis tyd om Patatsrivier roete te volg wat naby Matjiesfontein uitkom, en dan laaste stukkkie na Sutherland via teer.
Eish, big mistake!
 

Attachments

  • IMG_0005 (Large).JPG
    IMG_0005 (Large).JPG
    363.2 KB · Views: 598
Top