Die kzte oom wat ook daar sutherland gebly het is `n goeie man. `n Straight shooter, se wat hy dink, en doen wat hy se.
Toe ek so donderdagaand so Sutherland begin inry, toe kry ek hom en eikeboom van voor in die kzte, oppad om my te kom soek.
Ek land toe daar na 8 die aand, lekker oormoeg en rasend honger. En underdressed, dit was 7 grade toe ek daar inry.
Eikeboom het vooraf kos gereel, en ek het net 2 vinnige biere gesluk toe eet ons.
Daar is bitter min geregte was so smaaklik is soos `n lekker Karoo vleisie.
Ons het lekker geeet, en besluit om `n sjerrie te gebruik voor ons inkruip.
Die sjerrie word toe `n paar sjerries, want kzte man was op sy stukke, nie lank nie en daar word vuur gemaak.
En toe gesels ons lekker, `n paar ernstige onderwerpe so tussendeur, maar meestal geskater van die lag.
Die dag as ons ophou lag vir onsself, is die dag wanneer mismoedigheid die oorhand kry.
Toe ons weer sien is dit 1 am die oggend, en ons soek die kamer op.
Die hotel is netjies, skoon, die kos is goed. Bob`s your uncle.
Ek het maar sleg geslaap daai aand, baie suiker?
Vroegoggend is ons wakker. Eikeboom het probeer om 1 push up te doen in sy tiervel g -string, maar het gefaal. Ek het nie die hart gehad om vir hom te se hy dra sy g string agter stevoor nie.
Suzuki manne is maar relatief sensitief en huil maklik.
Ons het gaan aansit vir `n lekker brekvis, jy skep sommer self. Na `n stort en `n bord kos, demmit, is enige man reg vir Everest.
OK, to be continued. Volgende post kap ons weer `n lekker paar fotos.