Unifilter moet af..

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Louis Eng

Pack Dog
Joined
Jul 13, 2013
Messages
82
Reaction score
0
Location
Free State
Bike
KTM 1190 Adventure
Hi almal, wil graag my ondervinding met julle deel. Het Donderdag my 1190R na Raceworx geneem om al die "factory recalls" te doen en vir vars bande. So uur later bel die diens bestuurder en sê hulle dien daar is n Unifilter op en die moet af, anders kan my waarborg in gedrang kom, en daar moet n DNA op :eek:. Geskok spring ek op my perdjie en sê dit sal die dag wees, die ding kos n hoop geld, en wat meer is het Factory Racing 8 maande gelede geweier om vir my n DNA filter op te sit oor dieselfde rede. Hy verduidelik toe dat daar n span slim mense van Oostenryk vir n paar maande SA besoek het om kondisies te ondersoek en toetse te doen. Die besluit is toe geneem dat die DNA die ware jacob is. Die word nou as "factory claim" gratis vervang. Daar is glo n "bulletin" na die handelaars om werk te maak daarvan. Nodeloos om te sê my Unifilter lê nou in plastiek sak in garage. Weet nie wat om daarvan te maak nie, maar daar is dit.
 
Top