Gamkaskloof, oor Grootrivierpoort en tot in Graaff-Reinet

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Karoo Rider

Race Dog
Joined
Sep 1, 2012
Messages
1,725
Reaction score
477
Location
Ladismith WC
Bike
Honda CRF-1100L Africa Twin
Gamkaskloof, oor Grootrivierpoort en tot in Graaff-Reinet

Toe ChrisL onlangs noem dat hy planne het vir 'n draai ry het ek natuurlik nie op my laat wag nie, en wat oorspronklik net 'n naweek-draai sou wees het uiteindelik ontaard in 'n week-lange toer oor 1750 km waarvan ek die meeste paaie nog nie vantevore gery het nie.

'n Tyd gelede het ek deur Action Cameras die Drift HD Ghost helmet-kamera aangeskaf en op hierdie trip op die proef gestel.  Ek was werklik verras deur hierdie taai klein kameratjie se werking in al die stof, modder, water, en selfs 'n val toe my helmet eenkeer van die fiets afgeval het tot op die grond, terwyl hy bo-op vas was.  Selfs op 'n grootskerm-TV is die videos van puik HD kwaliteit sonder grein of distorsie.

Sommige van die foto's wat gaan volg is direk uit die video-materiaal geneem en dus nie so goed soos 'n "regte" foto nie, so ek hoop nie van die puriste neem aanstoot nie...  My plan is om later 'n geredigeerde video saam te stel van al die materiaal wat ek opgeneem het (217 videos, totaal sowat 2 ure), dis egter mos maar 'n tydsame storie, so kom ons vertel solank die RR.


KAART VAN DIE HELE ROETE:

GGVOLLEDIGEROETESmall_zps65070524.jpg



DAG 1:  Donderdag, 10 April 2014 [118 km gery]

Met dié dat ek nog 'n paar dae op verlof is, nooi die Stilbaaiers dat ek reeds die Donderdagmiddag moet deurkom sodat die rit die volgende oggend in alle erns kan begin.  So gesê, so gedaan.

Die swartvark skoon gewas en reg vir die ding:

Image00001_zps8c0acbba.jpg


Rustig "cruise" ek suidwaarts en verlaat die Klein-Karoo deur die Carcia-pas tot in Riversdal waar ek die hings se dors les by die Engen garage.  By die seilskippie draai ek af rigting Stilbaai, oftewel Riethuiskraal, om presies te wees.  Aangekom by Chris-hulle word mens gou tuis laat voel, en oudergewoonte verduur ons nie ongemaklike stiltes nie.  Die aand by etenstafel bederf Amanda met een van my gunsteling geregte - lamsskenkel!
 
Top