Waar is al die Kosmosse?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Zambezi

Pack Dog
Joined
Jan 7, 2013
Messages
160
Reaction score
0
Location
Vaal Triangle
Bike
Triumph (all models)
Laat Vrydag, pas tuis na 10 dae (werk) in Zambia besluit ons op n vinnige ride Sondag die 20ste. Ons is naby aan Vaaldam wat gewoonlik hierdie tyd van die jaar spog met plate Kosmosse wat pragfoto’s maak. Pothole pad tot net voor Oranjeville en regs op die S158.
Serious sinkplaat pad met n paar tricky sanderige stukke maar ons cruise teen so 100 km/h. Ons ry oor n paar pragtige laagwater bruggies maar dis te gevaarlik vir fotos. Die local boere vat nie kak met hul bakkies nie hoor – oefen seker vir die volgende Dakar.
Deur Frankfort en nog n lekker stukkie vrotpad tot by die kruising met die R716. Toe weer pothole pad tot in Oranjeville.
Besluit toe op n laat brekkie by die motorfiets museum in Deneysville. Julle kan maar klippe gooi, maar die plek is nie meer dieselfde vandat dit deur die “Ultimate Adventure Bike” manne ontdek is nie – wat n attitude het hulle nie!
Ons is toe maar vinnig daar weg vir n laaste pitstop by ons favourite local
Totale afstand 288 km om die Wilgerivier gedeelte van Vaaldam. Rytyd 2.51 uur.
Maar waar is die Kosmosse hierdie jaar. Net lappies hier en daar en snaaks genoeg omtrent almal wit?
 

Attachments

  • Uitsig op S158.jpg
    Uitsig op S158.jpg
    38.8 KB · Views: 286
  • Eerste smoke break.jpg
    Eerste smoke break.jpg
    147.6 KB · Views: 292
  • Tweede smoke break.jpg
    Tweede smoke break.jpg
    103.8 KB · Views: 280
  • Enigste robot in Oranjeville.jpg
    Enigste robot in Oranjeville.jpg
    21.6 KB · Views: 270
  • Ons Local.jpg
    Ons Local.jpg
    76.6 KB · Views: 288
Top