Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Muggies Op Die Tande  (Read 1956 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Mev Vis Arend

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-250L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 2,154
  • Thanked: 21 times
Muggies Op Die Tande
« on: May 03, 2014, 06:03:11 pm »
So paar maande terug het ek Rigged4Life se sidecar gesien en nadat Keith Murray my vir 'n toetsrit gevat het, wou ek met alle geweld een  hê.  Not negotiable. 

Ons was dringend opsoek na 'n 1200 GSA en het toe gesien dat SkipZA syne te koop aanbied.  Ek het vir Louis gesê ons moet praat, maar my stemtoon het hom duidelik laat verstaan "ek het klaar besluit"   >:D.    Ek (ons) het die bike gekoop en woes gespaar vir die karretjie. 

Die reelings was getref en arme Keith en Vennote moes die Karretjie binne 'n rekord tyd bou want ek kon dood eenvoudig net nie langer wag nie.  Nadat, wat vir my gevoel het soos 'n ewigheid, kon ons haar in George gaan haal.   

My senuwees was totaal gedaan toe Louis haar van die fabriek na ons blyplekkie in George gery het.   Die duiwel het vierkantig op my kop kom sit en vir 'n kort wyle het ek gewonder of my koppie my verlaat het toe ek met die ding begin het. 

Ek was egter steeds so opgewonde dat ek beswaarlik die aand kon slaap, want ons sou die volgende oggend bietjie gaan rondry in die berge wat ons toe ook gedoen het.  Sien die rr hier  :
http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=149987.0

Met die eerste draai op die grondpad het ek so geskrik dat 'n bewusteloosheid my amper oorval het.  Daarna wou die lekker net nie ophou nie. 

Ek was vrek bang om te leer om haar te ry, maar die opgewondenheid het die oorhand gekry.  Louis het my na 'n stil pad in die omgewing gevat en heel geduldig die bedryf verduidelik.

Binne die eerste paar meter het ek ons so ampertjies verongeluk, maar het 'n noodbriek perfek toegepas.   >:D.  Daarna het dinge heel goed gegaan - soveel so dat Louis in die Karretjie gaan sit het en my later toegelaat het om alleen te ry. 

Ek sukkel nog so bietjie met die death grip en my nek en arms was stokstyf na die sessie.  Ek het spiere gewerk waar ek nie eers geweet het ek het plekke nie, maar ek was een gelukkige madam.   

Dit sal nog 'n hele paar sessies wees voordat ek met selfvertroue gaan ry, maar ek is sterk oppad.

Net so 'n paar prentjies van my eerste solo rit op die Karretjie.

1.  Hier sit Louis in die Karretjie en neem 'n foto van my.  (Ek het jy Duitser-baadjie aangetrek om by my Duitser-bike te pas.   ;))

2.  Hier kom ek

3.  Hier gaan ek

4.  En hier kom ek alweer

5.  Daarna het ons 'n Lekker brunchie langs die see gaan eet.   

Hoe kry mens muggies van jou tande af?   :biggrin:









Honda XR250 - Given to daughter.  BMW 1200 GSA met Karretjie  -  Suzuki 125 Scoota with a KTM topbox - sold.  Honda CRF 250 L
 

Offline Garfield

  • Deleted Users
  • Senior Member
  • *
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,640
Re: Muggies Op Die Tande
« Reply #1 on: May 03, 2014, 06:19:56 pm »
Fantasties!  :thumleft:
 

Offline Goose

  • NAPIER Country life is great!
  • Shop Mods
  • Forum Whore
  • *
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 8,147
  • Thanked: 8 times
Re: Muggies Op Die Tande
« Reply #2 on: May 03, 2014, 06:26:02 pm »
Whoooohooo ek't jou mos gese ek moenie daai sakkies aan jule verkoop nie...........  die geld gaan reguit in my karretjie-fonds!!

lyk vreeslik lekker...........   :thumleft: :thumleft: :thumleft:
"Life is a Waste of Time..... Time is a Waste of Life........ Get Wasted all the Time and have the Time of your Life"  ‹(•¿•)›
 

Offline Rigged4Life

  • Member
  • **
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 66
  • BMW 1200 GSA & sidecar
    • www.smilinginthewind.com
Re: Muggies Op Die Tande
« Reply #3 on: May 03, 2014, 06:45:15 pm »
Soooooooo cool!!  :thumleft:

I promise you if you ride enough that rig will start to feel like a part of you Mev Vis Arend.

Ry...ry...ry!!  :ricky:
BMW 1200 GSA & sidecar - creating smiles wherever you go!
 

Offline Parkinoff

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS HP2
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,769
Re: Muggies Op Die Tande
« Reply #4 on: May 03, 2014, 07:56:04 pm »
Klink lekker, ek's seker dat ek julle verlede week (Woensdag) op die N2 tussen George en Knysna gesien het?
My rides:

Super Hex TTI Alexithymia with completely unnecessary, but very expensive Nemophilistic suspension. Electroflux Gogglemaster Oenophilia Edition. 1983 (very rare) Yonderly Bawhair with heated grips.
 

Offline DirtRebell

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 8,147
  • Thanked: 78 times
Re: Muggies Op Die Tande
« Reply #5 on: May 03, 2014, 08:20:17 pm »
Die lyk regtig great. Sal nogal 'n rig kan sien iewers in my toekoms.
Goeie kompromie om te bike sonder om die hele familie af te skeep.
 

Offline Mev Vis Arend

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-250L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 2,154
  • Thanked: 21 times
Re: Muggies Op Die Tande
« Reply #6 on: May 03, 2014, 08:24:33 pm »
Klink lekker, ek's seker dat ek julle verlede week (Woensdag) op die N2 tussen George en Knysna gesien het?

Ons het verlede Woensdag met die bike vanaf King William's Town na George gery om die Karretjie te fit.  As dit twee nat hoenders op 'n BMW was, was dit seker ons, maar as jy 'n bike met 'n sidecar gesien het, was dit iemand anders.  Die sidecar was eers Donderdag laat namiddag aan die fiets.  
Honda XR250 - Given to daughter.  BMW 1200 GSA met Karretjie  -  Suzuki 125 Scoota with a KTM topbox - sold.  Honda CRF 250 L
 

Offline 2StrokeDan

  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: KTM 690 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 21,545
  • Thanked: 724 times
Re: Muggies Op Die Tande
« Reply #7 on: May 03, 2014, 10:44:27 pm »
Baie mooi, ek laaik daai "en ek amper in n bewusteloosheid ingegaan het" deel erg. :imaposer:

Rigged4life, is daai blou karretjie met die groot sambreel nou op jul modelle-lys?  :peepwall:

         
 
 

Offline lj111

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Husqvarna (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,083
Re: Muggies Op Die Tande
« Reply #8 on: May 03, 2014, 11:00:22 pm »
Baie geluk!! Een van die dae ry Mev onder daai S10 uit  ;D

Lekker ry julle :thumleft: :ricky:
Some people feel the rain and others just get wet...
 

Offline Mev Vis Arend

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-250L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 2,154
  • Thanked: 21 times
Re: Muggies Op Die Tande
« Reply #9 on: May 04, 2014, 12:34:53 am »
Whoooohooo ek't jou mos gese ek moenie daai sakkies aan jule verkoop nie...........  die geld gaan reguit in my karretjie-fonds!!

lyk vreeslik lekker...........   :thumleft: :thumleft: :thumleft:

 :thumleft: :thumleft:  Verkoop koeksusters ook as jy moet .....  dis die moeite werd.  :biggrin:
Honda XR250 - Given to daughter.  BMW 1200 GSA met Karretjie  -  Suzuki 125 Scoota with a KTM topbox - sold.  Honda CRF 250 L
 

Offline Mev Vis Arend

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-250L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 2,154
  • Thanked: 21 times
Re: Muggies Op Die Tande
« Reply #10 on: May 04, 2014, 12:36:15 am »
Soooooooo cool!!  :thumleft:

I promise you if you ride enough that rig will start to feel like a part of you Mev Vis Arend.

Ry...ry...ry!!  :ricky:

I am going to make sure of that.   :thumleft:
Honda XR250 - Given to daughter.  BMW 1200 GSA met Karretjie  -  Suzuki 125 Scoota with a KTM topbox - sold.  Honda CRF 250 L
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,449
  • Thanked: 156 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Muggies Op Die Tande
« Reply #11 on: May 04, 2014, 07:13:45 am »
Nou ja die stap is in die regte rigting.

Mooi gedaan... onthou net, 'n mens moet kruip voor hy kan loop.  As jy so aangaan hardloop jy somme gou gou. :thumleft:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Dutchman81

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,111
  • Thanked: 6 times
Re: Muggies Op Die Tande
« Reply #12 on: May 04, 2014, 09:51:14 am »
Aitsa !! Nee kyk nuwe respek vir die tannie , wel gedaan  :thumleft:
2008 Klr650
2008 R1200GS Adv
''In the end , its not going to matter how many breaths you took , but how many moments took your breath away.''
 

Offline Lew

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,255
  • Thanked: 1 times
Re: Muggies Op Die Tande
« Reply #13 on: May 04, 2014, 03:55:29 pm »
Baie nice Nanny you go girl!!!Ek wil my vrou nou ook bietjie leer om onsin te ry en die fotos het dit nou net makliker gemaak om vroulief te oortuig,thanks aan die Visarende.Nanny glo my jy moet lig grip en nie daai natuurlike death grip doen nie jong.Jy sal sommer baie meer kilos wil ry sodra jy die trust opgebou het.Maar die natural body instinct se mos hou so styf vas as wat jy kan maar dis glad nie nodig nie.Net aanhou ry en jy sal binnekort soos n champ voel.
Groete vir Louis.
 

Offline Mev Vis Arend

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-250L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 2,154
  • Thanked: 21 times
Re: Muggies Op Die Tande
« Reply #14 on: May 04, 2014, 04:43:36 pm »
Thanks, almal.

Lew, ek was self bemoedig deur Keith se beterhelfde wat hulle karretjie kan ry en sy is maar bitter klein.  Dit sal nog heelwat oefening kos, maar ons gaan daar kom. 

Ongelukkig is ons die week redelik vas by die werk en sal ek glad nie kan ry nie.  Ons hoop om die naweek darem ten minste een dag te hê om iewers te ry. 

Ek sal julle op hoogte hou van die vordering.   :biggrin:
Honda XR250 - Given to daughter.  BMW 1200 GSA met Karretjie  -  Suzuki 125 Scoota with a KTM topbox - sold.  Honda CRF 250 L
 

Offline 4 Kays

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XRV 750 Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,335
  • Thanked: 5 times
  • Live your life - you only have one to live !!
Re: Muggies Op Die Tande
« Reply #15 on: May 04, 2014, 05:43:01 pm »
Mooi Nannie, Louis het mos sy eie fiets  :thumleft:
 

Offline Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 30,936
  • Thanked: 280 times
  • WAT KYK JY
Re: Muggies Op Die Tande
« Reply #16 on: May 06, 2014, 06:04:26 pm »
Nannie, dit lyk of jy hom dra soos 'n jong meisie wat ingegiet is in een van daai stywe jeans, so mooi pas hy jou.  :biggrin: Ek kannie wag om julle die naweek te sien nie. Maak daai plan  :deal:
...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

…, I wish I could own them all, and until I can afford to own them all at once, I will own them one at a time... 
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,449
  • Thanked: 156 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Muggies Op Die Tande
« Reply #17 on: May 06, 2014, 07:27:04 pm »
Ek dink hulle is al klaar weg om te gaan werk by die verkiesing.

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Vis Arend

  • It's not how fast you start, it's how long you endure.
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,437
  • Thanked: 152 times
Re: Muggies Op Die Tande
« Reply #18 on: May 16, 2014, 07:36:05 am »
Ons gaan Saterdag Port Alfred toe en Nannie gaan meeste van die pad ry.   :eek7: 
Wens my sterkte toe, asb.   >:D
No matter how slow you go, you're still lapping everybody on the the couch
Honda XL125  -  Sold,    Honda XR200R  -  Sold,     Yamaha TT500  -  Sold,     Honda Transalp700  -  Sold,       Yamaha S10 Fast Blue  -  Sold,   Yamaha S10 Slow White  -  Sold,   Honda CRF250 Rally - To be Sold, XR650L..
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,449
  • Thanked: 156 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Muggies Op Die Tande
« Reply #19 on: May 16, 2014, 07:40:59 am »
Vat maar 'n onderbroekie of twee extra. :imaposer:

Nee wat ek weet sy KAN dit doen. :thumleft:

Lekker ry  :ricky:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600