Muggies Op Die Tande

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Mev Vis Arend

Race Dog
Joined
Jun 7, 2011
Messages
3,182
Reaction score
589
Location
Eastern Cape
Bike
Honda CRF-250L
So paar maande terug het ek Rigged4Life se sidecar gesien en nadat Keith Murray my vir 'n toetsrit gevat het, wou ek met alle geweld een  hê.  Not negotiable. 

Ons was dringend opsoek na 'n 1200 GSA en het toe gesien dat SkipZA syne te koop aanbied.  Ek het vir Louis gesê ons moet praat, maar my stemtoon het hom duidelik laat verstaan "ek het klaar besluit"  >:D.    Ek (ons) het die bike gekoop en woes gespaar vir die karretjie. 

Die reelings was getref en arme Keith en Vennote moes die Karretjie binne 'n rekord tyd bou want ek kon dood eenvoudig net nie langer wag nie.  Nadat, wat vir my gevoel het soos 'n ewigheid, kon ons haar in George gaan haal. 

My senuwees was totaal gedaan toe Louis haar van die fabriek na ons blyplekkie in George gery het.  Die duiwel het vierkantig op my kop kom sit en vir 'n kort wyle het ek gewonder of my koppie my verlaat het toe ek met die ding begin het. 

Ek was egter steeds so opgewonde dat ek beswaarlik die aand kon slaap, want ons sou die volgende oggend bietjie gaan rondry in die berge wat ons toe ook gedoen het.  Sien die rr hier  :
https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=149987.0

Met die eerste draai op die grondpad het ek so geskrik dat 'n bewusteloosheid my amper oorval het.  Daarna wou die lekker net nie ophou nie. 

Ek was vrek bang om te leer om haar te ry, maar die opgewondenheid het die oorhand gekry.  Louis het my na 'n stil pad in die omgewing gevat en heel geduldig die bedryf verduidelik.

Binne die eerste paar meter het ek ons so ampertjies verongeluk, maar het 'n noodbriek perfek toegepas.  >:D.  Daarna het dinge heel goed gegaan - soveel so dat Louis in die Karretjie gaan sit het en my later toegelaat het om alleen te ry. 

Ek sukkel nog so bietjie met die death grip en my nek en arms was stokstyf na die sessie.  Ek het spiere gewerk waar ek nie eers geweet het ek het plekke nie, maar ek was een gelukkige madam. 

Dit sal nog 'n hele paar sessies wees voordat ek met selfvertroue gaan ry, maar ek is sterk oppad.

Net so 'n paar prentjies van my eerste solo rit op die Karretjie.

1.  Hier sit Louis in die Karretjie en neem 'n foto van my.  (Ek het jy Duitser-baadjie aangetrek om by my Duitser-bike te pas.  ;))

2.  Hier kom ek

3.  Hier gaan ek

4.  En hier kom ek alweer

5.  Daarna het ons 'n Lekker brunchie langs die see gaan eet.   

Hoe kry mens muggies van jou tande af?  :biggrin:









 

Attachments

  • P1160337.jpg
    P1160337.jpg
    75.9 KB · Views: 398
  • P1160343.jpg
    P1160343.jpg
    161 KB · Views: 396
  • P1160347.jpg
    P1160347.jpg
    135.6 KB · Views: 404
  • P1160352.jpg
    P1160352.jpg
    113.9 KB · Views: 397
  • P1160363.jpg
    P1160363.jpg
    133.1 KB · Views: 397
Top