'n Trippie na Verneukpan en terug

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Sampie

Race Dog
Joined
Aug 3, 2011
Messages
545
Reaction score
0
Location
GEORGE
Bike
Triumph 800 XC
Ek, Baked Beans en Buks het ons tassies gepak en op Vrydag die 25 ste April om 3 uur die middag in die pad geval na die noorde.Ons het deur Montagupas, Heimersrivier na die land van die groot voëls oor Swartberg na Prins-Albert vir die eerste stop, om voorraad te koop,want ons oornag was geboek by 'n plaas Rooiheuwel sowat 70 km vanaf Leeu Gamka,Die donkerte het ons so 35 km vanaf die plaas oorval en daar vang ons toe nat potklei,sjoe watse geveg was dit nie om bo te bly nie,maar ons het dit oorleef sonder enige groot skrape,die grootste skraap het op Baked Beans se bles gewees, nadat hy in 'n baie kort weergawe van 'n voordeur, vasgeloop het.Na 'n lekker braai het ons redelik moeg die dek geslaan. Die volgende oggend vroeg op,en ons bestemming was gemik op Verneukpan, vir die volgende oornag.So het ons toe deur Oudekloofpas wat plek plek redelik verspoel was oppad na Fraserburg,vandaar al die pad na Williston waar ons toe weer voorraad moes kry vir die Pan braai die aand.Die pad van Wiiliston na Zwartskop was heavy sinkplaat gewees,dit voel nounog of ek 'n powerplate klas bygewoon het.Ons het die aand daar 'n paar groot travellers gekry, dit is nou 4x4 kampers,nice mense, gelukkig het ons in 'n 3 bed gypsey gebly.Lekker gebraai met die nuutgevonde vrinne en toe die bed seergemaak,dit het blykbaar geklink na 3 moerse Kalahari leeus wat op die pan om 'n zebra sit en gesels.Daardie sondag bietjie op die pan gery vir sightseeing en toe na,en verkeerd ry blykbaar ook,Brandvlei om brandstof te kry.Daarvandaan het ons weer na Middelpos se kant toe gewerk, die powerplate klasse het weer begin.Op Middelpos kon ons darem weer branstof kry en toe die laaste trek na Gannaga Lodge vir die oornag sessie,watter nice plek,sal graag weer wil gaan.Die volgende oornakplek in ons visier die volgende dag was Oaksrest gasteplaas op Ladismith.So het ons toe die volgende oggend Gannaga pas af oor Oubergpas na Sutherland waar ons iets te ete gekry het.Daar het ons toe ook vir Jupiter en Foot peg se pa raak geloop.Daarvandaan het ons gery na Ladismith,al die pad gravel.Op Ladismith het ons eers 'n biertjie of 2 by Veldtie geniet,thx.Veldtie en toe Oaksrest toe.Die volgende oggend het ons die laaste stuk aangedurf via van Wyksdorp,Rooiberg na Paardebont waar ons Buks se Honda XR650L swemlesse gou gegee het,lanklaas 'n bruggie gekry wat so snotterig was.Toe was dit huis toe,die foto's volg

























 
Top