2 TENERE"S 'N KLAARTJIE EN 'N TRIUMPH (BAVIAANS EN MEER)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Vis Arend

Bachelor Dog
Joined
Nov 14, 2010
Messages
11,735
Reaction score
1,918
Location
King William's Town
Bike
Honda CRF-250 Rally
Raait, die rr is al so bietjie overdue.  Maar eerder laat as nooit.       

So ruk terug kry ek ‘n pm van ‘n WD, Winston.  (KZN se manne)  Hy verneem of ek van enige lekker roetes weet en van enige slaapplek rondom Baviaans.  Ek gee die bietjie inligting wat ek het vir hom en verneem hulle sal rondom Paasnaweek se kant hier rond wees.  Ons, dis nou Mev Vis Arend en ek, besluit om so ent saam hulle te ry tot by George waarna ons ander verpligtinge het.  (Nannie se karretjie gaan haal)   

Die datums is vasgemaak en Winston vra of hy ‘n pel kan saambring.  So gesê, so gedaan.   Die manne en manninne daag die Vrydag by ons op, dis nou Winston en sy vrou, Wendy.  Hy met ‘n S10 en sy vrou met haar KLR wat sommer “Klaartjie” gedoop word.  Winston se vriend, Leon en sy vrou, Loisie, is daar met ‘n Triumph 800.  Daar word vreeslik, sorry, feestelik gekuier met die nuut gevonde vrinne, ons vergeet skoon dat ons eintlik vroeg in die bed moet kom.  

Na ‘n vreeslike gesnorkery en gepoepery word ons uiteindelik die volgende oggend wakker.  My honne lyk erg verskrik met al die gelawaai in die huis.  Maar ons pak en maak reg.  Ek het vir ons ‘n lekker roete vir die dag uitgewerk.  Dit gaan ‘n lang dag in die saal wees.  

DAG 1 – King William’s Town tot by Kudu Kaya (Net so voor Baviaans)

Asof ons nie reeds gisteraand lekker gekuier en klaar gepraat het nie, word daar nog baie twak gepraat so tussendeur die pakkery. Hier pak Wendy

 

En Winston is ook aan die pak en vasmaak

 

Hier is ons uit die jaart, reg vir die pad,  Heel voor is Wendy met Klaarjie, dan is dit Leon en Loisie met hul 800 Triumph, dan is dit Winston op sy S10 en heel agter is dit ek op my se S10.  Mev Vis Arend staan agter die kamera en neem die kiekie.  Nou ken julle die hele groep.  Opgesom is dit die 2 Wee’s vir Winston en Wendy, die 2 Elle vir Leon en Loisie en dan die 2 VA’s, natuurlik die Vis Arende.  

 

Klaar petrol getap, so 30km teer en dan is ons op die grondpad na Double Drift Natuur Reservaat.  Julle ken daai een, daar waar jy die Visrivier moet oorsteek.

 

30km later en ons is op die grondpad en die wiele word so effe afgeblaas.  

 

Double Drift se ingang van Peddie se kant.

 

 

Hier is ons al oppad na die uitkykpunt oor die Visrivier.  Oppad het ons al redelik baie wild gesien, so paar Koedoes, Buffels, Bobejaan se kind en ander kleiner bokkies.  Hulle almal is net te haastig en ons kry nie lekker kiekies geneem van hulle nie.

 

Ons stop by die uitkykpunt.  Hier kom Wendy en my vrou Nannie aangewals, gesels asof daar nie ‘n more is nie.

 

Die uitsig oor die Visrivier vanaf die uitkykpunt.

 

So staar die mense uit ongeloof, dis pragtig hier.

 

Dit smaak my die uitsig roer ook die hormone so bietjie.

 

Nou ja, ons het nie heel dag tyd nie, die pad is nog lank en vêr.  Ons is hoog bo op die berg en sak stelselmatig af na die laagwater bruggie oor die Visrivier.

 

Dis flippen mooi hier.

 



Word vervolg.......
 
Top