Sussie gaan Baviaans toe en bak modderkoekies vir die pad

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

woody1

Bachelor Dog
Joined
May 21, 2012
Messages
13,203
Reaction score
1,997
Location
Riversdal Weskaap
Bike
Yamaha Super Tenere
So vir die jaar se EC-Bash het ek maar op die laaste oomblik besluit om weer af te ry.,,,, dis mos lekker by die EC-Bash  :3some:

Die keer alleen aangesien vroutjie aangedui het dat die skool haar nie sou afgee die jaar nie... Ek dink dit was die koudkry van verlede jaar wat iets daarmee te doen gehad het.  :peepwall:

Sweisie my seun kon ook nie afgaan nie aangesien hy van werk verander het en dus geen verlof kon kry nie.

Dus kyk ek hoe en waar ek kon ry om daar te kom.  Aangesien ek nou al lankal beloof om vir Dorsland te gaan kuier, maak ek plan na sy rigting.

So gekyk hoe ons van hom af kon ry Baviaans toe, sien ek hierdie pragtige roete oor so 'n passie wat MOOI lyk maar toe praat die manne ons bang om met die groot nuwe fietse die pad aan te durf.  Grootrivier poort doen jy met 'n OU Groot fiets of iets kleiner.

Beplanning was toe om Donderdag vroeg uit Brakpan te vertrek en in Colesberg oor te slaap. Dan lekker rustig tot by Dorsland en dan Vrydag maar bietjie grond roetes te soek rigting Willomore en die moffie kant in te gaan.

Planne verander toe maar soos ek aangaan.... gaan vroeg Woensdag oggend stem en dan rustig ry to op Gariep waar ek by Jakkals se connection oom Eric gaan slaap.  So maak ek toe en voor 14h00 klok ek in op Gariep.

Lekker rustig le ek en rus die middag.  TV kyk was bietjie moeilik.
Daar was 2 DSTV kanale. Ek le nog so lekker en kyk toe verander die kanaal... he????
Dus skakel ek oor na die ander kanaal.  Le lekker en kyk en woeps verander die kanaal ook.... he ???
Lyk my die huis het een remote, die ander woonstel die ander een en ek kyk wat hulle kyk.... was nogal interesant gewees.
 

Attachments

  • 002 Gariep.jpg
    002 Gariep.jpg
    54.8 KB · Views: 446
  • 001 Bloemfontein.jpg
    001 Bloemfontein.jpg
    86.2 KB · Views: 456
Top