Volgende oggend is ek 05h00 wakker en na 'n koffie en 'n bietjie klets vat ek die pad.
Dis nog donker, dus vat ek hom maar rustig... wil nie graag my eie biltong maak langs die pad nie.
Gelukkig is die beeste op kraal en kom ek veilig deur die eerste donker stuk.
Pragtige sons opkoms... Man dis lekker om so vroeg weg te spring.
Net na 09h00 is ek in Smithfield. Pad is lank en ek is nie lus om in 'n plek te sit en wag vir kos nie. Dus koop ek 'n koffie en broodjie en staan sommer so op die pad en eet.
Plek plek was dit so 6 grade gewees. Sommer my baadjie se moue met insulation tape vasgedraai sodat die meeste van die koue wind buite bly