1190 - Moet ek of moet ek nie?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Uiltjie

Race Dog
Joined
Jan 10, 2007
Messages
2,627
Reaction score
16
Location
Caledon
Bike
AJS (all models)
Fokkit julle ouens maak my nou bang....

Ek het net gister my een 990S verkoop met die oog op 'n 1190, maar na al die goed wat ek hier lees, raak ek nou bang om een te besit, en dan eerder te maak soos mens met kleinkinders maak.  Jy speel met hulle en maak hulle stout, en dan gee jy hulle terug vir hul ouers..... 

Ek het nou al 4 950/990's besit, en het nog steeds een, maar is mal oor die 1190R.  Ek is baie meganies aangelê en verstaan hoe dinge werk.  Manic, jou siening oor die filter stem ek 100% mee saam, en kan eintlik nie verstaan hoekom die KTM mechanics dit nie kan insien nie.  Trouens, hulle maak my bang met die goed wat hulle kwytraak....  Net annerdag wou 'n KTM mechanic hê ek moet 'n R20k throttle body vervang omdat die bike deurmekaar geloop het....en hy gereken het die auto choke sit vas.  Heellllooooo, die 990 EFI het nie 'n auto choke nie en die TPS sensor was nie ingeplug nie en die throttle bodies moes net weer gesync raak!

Nou ja, wat nou?  To buy or not to buy?

En as ek koop, waarvoor moet ek uitkyk.  Ek weet nou al van die filter issue.  Ek sou 'n tweedehandse een koop, maar ek dink die veiligste is maar nuwe 2014 model.  Of hoe?

Baie dankie, help my tog asb hier.  Ek sal myself as die grootste KTM fan nie op 'n BMW kan sien nie! :ricky: :ricky: :ricky: :ricky:
 
Top