Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: 'n Verjaarsdag bederf Murraysburg toe  (Read 1210 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,063
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
'n Verjaarsdag bederf Murraysburg toe
« on: June 01, 2014, 11:18:05 am »
Vandat ek my 800 Adventure gekry het, het ek nie juis geleentheid gehad om ons pragtige omgewing rustig met hom te gaan verken nie.  Maar gister toe ek verjaar toe besluit ek ek bederf bietjie vir my en my 2IB en ons gaan ry oor die Karoovlaktes Murraysburg toe.  

Dis die eerste keer dat ek die teerpad sontoe gery het en ek het nogal uitgesien na die rit.  Dit was gisteroggend lekker koel hier by ons - so 2C en bietjie geryp.  Die voorspelling was ook dat die wind weer lekker sou waai maar ek was nog nooit 'n "fair weather rider" gewees nie  :)

Ons is baie gesen dat ons in so 'n bitter mooi omgewing boer en die rit grootpad toe - mits my berugte grondpad droog is  :biggrin: - stel mens in 'n vakansiebui nog voor jy 2km gery het.  

Di populiere het al hul blare afgegooi maar die winterlandskap bly bekoorlik.



So 30km buite Graaff-Reinet bo-op die plato, begin die wind hier van regs voor waai.  Darem nie so erg soos toe ek en Woody Bash toe is nie, maar dis vroeg, hy bou nog spoed op.  Maar dis bitter mooi wreld, en ek ontdek dat ons hier 'n Voetpadhoogtepas het. Sal sy boetie die Bastervoetpadpas een of ander tyd moet gaan verken.

Ek was nog nooit 'n dorpsmens gewees nie so die veld en oop spasies is nog altyd my sielskos gewees.  En daarvan het die Karoo baie.






Ek is seker bietjie bevooroordeeld maar die Camdeboo is vir my van die mooiste omgewings in Suid-Afrika.

Nietemin,  in Murraysburg aangekom word mens weer daaraan herinner dat dinge nie meer is soos ons dit eens op 'n tyd geken het nie.  Soos baie ander dorpe in die land deesdae, val die dorpie ook maar uitmekaar.  Daar wei bokke op amper elke straathoek, lokasiebrakke loop los rond of draf en blaf vir die bokke, baie huise is bouvallig, dis vuil.  En tog is daar nog so 'n oorblyfsel van die vervlo Karoodorpie oor.





Ons kom by 'n oase van beskawing uit, die Kweperlaan.  Die eienaarres Jenny, is gasvry, vriendelik en maak mens sommer dadelik tuisvoel.  Sy bedien nie ontbyt nie maar wel ligte etes.  Sy is heel verbaas toe ek sommer 'n groot stuk quiche n 'n lekker dik geroosterde kaas en tamatiebroodtjie bestel - sommer sulke lekker tuisgebakte brood.  Ek verduidelik ek groei nog  :biggrin:  Toe ons agterna nog sommer sulke duk snye wortelkoek ook bestel toe sien ek sy verstaan nog nie die boermense nie.  Sy bak en berei als self voor.




Terwyl ons so lekker in die sonnetjie sit en gesels, ontmoet ons van die omgewing se mense: die skoonheidsterapeut wat die huis ook vir haar pamperlangbedryf gebruik, Walter die skoolonderwyser.  Kyk, hy kan mens behoorlik vermaak met sy stories en gesigsuitdrukkings.  Dan hoor mens die stories van ware mense wat swaarky maar wat altyd kan glimlag en 'n grap van hulle dikwels moeilike omstandighede kan maak.  Ou Walter kom sit sommer by ons en beginne gesels asof ons mekaar al jarelank ken.  Lekker! Gasvry en vriendelik en sommer aards.  Jenny kom vra of ons vir 'n wyle sal reg wees, sy moet gou 'n draai ry.  Ja, oppie platteland, los mens sommer jou besigheid, jou huis en jou koffiewinkel so oop en bloot aan wild vreemdelinge.  Dit gaan oor vertroue en ...  Ek weet nie, dit gaan oor iets wat in die wreld verlore geraak het.  Ek verlustig my in die vertroue.

Ek wil nie weer vir Jenny met my eetlus skok nie (dis dan koud en 'n man moet energie opbou  :biggrin:) so ons groet vir Walter toe hy in sy ou blou Mercedes klim en vat ook weer die pad.  Eers ry ek so 'n draai deur die dorp om te sien of ek nie dalk Upper Murraysburg misgery het nie, maar helaas ...

Ek gee vet om verby die plastieksakke, ashope, watersuiweringsaanleg, losloop bokke en vertrapte meentgronde waar elke "opkomende boer" sy horde vee laat loop, te kom.  Dis soos 'n diep asemteug om weer die pragtige skaapplase te sien.  En kyk kerels, hier is GROOT skaapboere in Murraysburg distrik.  Die Karoo lawe ons weer met sy mooi natuurskoon en oop spasies.

Ek is darem jonger as hierdie brug  :imaposer:








Nou waai die wind dat dit klap, maar te lekker:  hy waai nou van links agter en ek weet hoe voel 'n vol as hy so hoog bo die aarde sweef.  Mens hoorvoel die 800 hier onder jou sitvlak, verder hoor jy niks nie.  Net so elke nou en dan so 'n klap van my 2IB as ek vinnig deur die draaie ry  :lol8:  Maar waaragtig, dis lekker om so met die wind van agter te ry.  

Amper soos die lewe.

My grondpad staan ooparms om ons terug te verwelkom oppie plaas.  Kerels, dis goed om die mooi in die lewe te loop soek. En ons het nog baie mooi in ons land.


« Last Edit: June 01, 2014, 02:19:18 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline ALLEN I

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XRV 750 Africa Twin
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,982
  • Thanked: 17 times
Re: 'n Verjaarsdag bederf Murraysburg toe
« Reply #1 on: June 01, 2014, 11:34:43 am »
Lees lekker, wag in spanning vir die res   :ricky:.
Biking since the age of 11 nothing beats the freedom when u out there on u baby. Been doing it over 40 years now  (that's life)
Born a Biker, Live like a Biker, Die a Biker
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,775
  • Thanked: 178 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: 'n Verjaarsdag bederf Murraysburg toe
« Reply #2 on: June 01, 2014, 11:36:12 am »
Ai man nou het ek lekker saamgery.  Dankie vir die deel en GELUK met die verjaarsdag.
My ou moeder het daai swart boekie bygehou met al die verjaarsdae.  As ons dus nie gou genoeg vir oom Pietie of tannie Sannie bel en geluk wens nie het sy ons GOU GOU herhinder.  :imaposer:

Maar nou ja sy is nie meer daar om ons te HELP onthou nie.

Groetnis aan 2IB en al die nuwe lammers.

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,063
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: 'n Verjaarsdag bederf Murraysburg toe
« Reply #3 on: June 01, 2014, 11:36:53 am »
Lees lekker, wag in spanning vir die res   :ricky:.

 :lol8: Allen jy is een van die min Dawgs wat kan lees en skryf, meeste ouens hier kan net kiekies kyk.  :imaposer:  :peepwall: Ek hou dit maar kort en kragtig vir hulle ontwil
« Last Edit: June 01, 2014, 02:22:16 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,063
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: 'n Verjaarsdag bederf Murraysburg toe
« Reply #4 on: June 01, 2014, 11:41:01 am »
Ai man nou het ek lekker saamgery.  Dankie vir die deel en GELUK met die verjaarsdag.
My ou moeder het daai swart boekie bygehou met al die verjaarsdae.  As ons dus nie gou genoeg vir oom Pietie of tannie Sannie bel en geluk wens nie het sy ons GOU GOU herhinder.  :imaposer:

Maar nou ja sy is nie meer daar om ons te HELP onthou nie.

Groetnis aan 2IB en al die nuwe lammers.

Lyk my ons ma's was van dieselfde generasie, myne ook so 'n fluweel boekie gehad. Jy sal nie glo die verskil in daai grondpad nie, ry nou laglag 100km/u op hom, nie soos laas 100 sentimeter/uur nie  :biggrin:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,775
  • Thanked: 178 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: 'n Verjaarsdag bederf Murraysburg toe
« Reply #5 on: June 01, 2014, 11:42:01 am »
 :imaposer: :ricky: :ricky:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline HB 9

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1100GS
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,326
  • Thanked: 3 times
Re: 'n Verjaarsdag bederf Murraysburg toe
« Reply #6 on: June 01, 2014, 12:06:31 pm »
Die Karoo is darem maar mooi!! Dit is so hartseer dat die klein dorpies so verval...

Dankie vir die saamry  :thumleft:
Tread lightly
 

Offline ALLEN I

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XRV 750 Africa Twin
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,982
  • Thanked: 17 times
Re: 'n Verjaarsdag bederf Murraysburg toe
« Reply #7 on: June 01, 2014, 12:34:33 pm »
Lees lekker, wag in spanning vir die res   :ricky:.

 :imaposer:  Allen jy is een van die min Dawgs wat kan lees en skryf, meeste ouens hier kan net kiekies kyk.  Ek hou dit maar kort en kragtig vir hulle ontwil

Dankie vir die kompliment. Het net lekker agteruit begin sit, toe is huit huit die storie is uit. Nee man ekke verstaan, but my cold one didn't even get to half way. But thanks enjoyed the ride.   :ricky:
Biking since the age of 11 nothing beats the freedom when u out there on u baby. Been doing it over 40 years now  (that's life)
Born a Biker, Live like a Biker, Die a Biker
 

Offline Herklaas

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Triumph (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,375
  • Thanked: 61 times
  • Do it, you only live twice.
Re: 'n Verjaarsdag bederf Murraysburg toe
« Reply #8 on: June 01, 2014, 12:58:21 pm »
 :sip: :sip: :sip: :3some:
Yamaha 50, Yamaha 400, 2 x Yamaha DR 350 LC, Honda CBX 550 F2, Honda TransAlp 650, Triumph Tiger 800 Xc,
Now 2015 Triumph Tiger 800 Xcx.and.. my favorite... 1996 Yamaha Tenere 660 5 valve single.
 

Offline Jakkals

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,320
  • Thanked: 3 times
  • I never get lost, I only discover new roads
Re: 'n Verjaarsdag bederf Murraysburg toe
« Reply #9 on: June 01, 2014, 01:55:19 pm »
Lekker saam gery Dorsland, dit bly maar vir my een van die mooiste gedeeltes van ons land, daars geen beter plek om te relax en kop skoon te maak soos in die Karoo nie, veral daar in jou geweste,

En baie geluk met jou verjaarsdag  :thumleft:
Remember that hapiness is a way of travel - not a destination.
 

Offline 4 Kays

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XRV 750 Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,335
  • Thanked: 5 times
  • Live your life - you only have one to live !!
Re: 'n Verjaarsdag bederf Murraysburg toe
« Reply #10 on: June 01, 2014, 02:17:43 pm »
Geluk met jou verjaarsdag!

Hey jare terug self op die Richmond pad vanaf Murraysburg geboer en stem saam - dis mooi wereld  :thumleft:

Dankie vir die deel
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,063
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: 'n Verjaarsdag bederf Murraysburg toe
« Reply #11 on: June 01, 2014, 02:24:11 pm »
Dankie ouens, ja so gaan die jare maar verby n.  4Kays dis seker 'n sware ding om hier weg te gaan of hoe?
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline JMOL

  • The Mayor of Mopani
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,142
  • Thanked: 44 times
  • East London
Re: 'n Verjaarsdag bederf Murraysburg toe
« Reply #12 on: June 01, 2014, 02:41:09 pm »
Lekker Dorsland.

Die wereld is voorwaar baie mooi as die bome so blare afgooi.  Al die kleure is helder mooi.

Baie geluk ook met die verjaarsdag.

Life is hard - even harder if you are stupid.
 

Offline BEN TAP

  • Member
  • **
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 490
  • Thanked: 3 times
Re: 'n Verjaarsdag bederf Murraysburg toe
« Reply #13 on: June 01, 2014, 07:14:46 pm »
Geluk met jou verjaarsdag Johan
danki vir die RR ons moet n kort trippie reel

One life live it   
 Everybody dies but not everybody lives
 

Offline Bokveld

Re: 'n Verjaarsdag bederf Murraysburg toe
« Reply #14 on: June 01, 2014, 07:55:10 pm »
  Dankie vir die saamry en voorspoed .
 

Offline Lem

Re: 'n Verjaarsdag bederf Murraysburg toe
« Reply #15 on: June 01, 2014, 08:55:25 pm »
hierdie dagtrips met vroulief agterop is regtig lekker  :thumleft:

julle omgewing is pragtig, ek gaan beslis binnekort weer daar wil deurkom
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,063
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: 'n Verjaarsdag bederf Murraysburg toe
« Reply #16 on: June 02, 2014, 09:21:02 pm »
Geluk met jou verjaarsdag Johan
danki vir die RR ons moet n kort trippie reel

Nou ja toe, jy ken die wreld beter as ek.  Ek wil nog graag daai Swaershoekpas van JMOL gaan ry.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Karoo Rider

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 998
  • Thanked: 32 times
Re: 'n Verjaarsdag bederf Murraysburg toe
« Reply #17 on: June 02, 2014, 09:26:56 pm »
Lekker saamgery - en geluk met die geboortedagherdenking!
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,063
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: 'n Verjaarsdag bederf Murraysburg toe
« Reply #18 on: June 02, 2014, 09:27:41 pm »
Lekker saamgery - en geluk met die geboortedagherdenking!

Dankie weer ouens  :thumleft:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 29,024
  • Thanked: 439 times
    • dustriders.co.za
Re: 'n Verjaarsdag bederf Murraysburg toe
« Reply #19 on: June 02, 2014, 09:29:52 pm »
Baie geluk met die verjaarsdag Johan. Smaak my jy is ook mos dan n bul?
Walter die onderwyser is n vriendin van my suster se broer. Paar jaar gelede help hy sy pa dakke skoonspuit in Bettiesbaai.
Wind waai hom van n dak af en hy val op sy kop. Maande nie geweet wie hy was en sy werk as verhoogakteur daarmee heen
want hy kon nie sy "lines" onthou. Enigste onderwyspos wat hy kon kry was Murrysburg.
Klein wreld!! :eek7:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za