Ek hoop nie ek dwaal te veel van die onderwerp af nie, maar een van die nuwe opsies is nou 'keyless ride'. Dit klink so bietjie na overkill op 'n GSA maar die alarm (as jy dit het), petrol cap en stuurslot werk alles saam. 'n Hele paar goed waarmee daar kan fout gaan maar ek glo ons is lank reeds by daardie punt verby. Ek sien op van die ander websites is mense baie meer sinies en praat van allerhande moontlikhede van wat (in Afrika nogal) kan gebeur met so 'n stelsel - soos mense wat kamme jou aandadag aftrek naby die fiets en dan opklim en wegjaag en jou daar los ens. ens. Maar die opsies hou aan uitbrei en in die mees onverwagte rigtings inagenome dat dit 'n adventure bike is.