a BIIIIIIG THANKS

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Jan 2, 2008
Messages
1,713
Reaction score
298
Location
Vanderbijlpark
Bike
KTM 690 Enduro
Dagse Woefies,

Ek het Vrydag (22 Feb) die wonderlike experience gehad om van my fiets afgehaal te word in peak traffic op die N3 noord deur 'n kar wat blykbaar nie weet hoe om sy kant spieels te bruik nie, wat nog van die passesiers venster (want dis waar ek was toe hy bane wissel).

Maar ek wil nie kla nie, hierdie post gaan eerder om te se dankie. Dankie aan die 4 ouens met motorfietse en een met 'n bakkie wat langs my gestop het om seker te maak ek is OK. Die een met die bakkkie het selfs aangebied om my fiets en my te vat na waar dit nodig was.

Dan is daar die klomp by Lydhurst Auto. Die twee dames wat in hulle motorfiets dienste afdeling werk het buite hule duty gegaan, deur my op 'n stoel neer te sit, en na my wonde om te sien - PUIK JULLE en dankie!!

Ongelukkig soos met alles gaan alles nie net goed nie ... van Lydhust af is ek toe Morningside Clicnic se ongevalle afdeling to sodat hulle kan kyk na my geswelde enkel en verdere aandag aan my stukkende knieg. Na 'n half uur van in pyn sit by hulle het ons maar liewer opgestaan en terug gery vereeniging toe na my eie GP toe.

Ek is darem verder OK, dis net my baby wat ek nou nog wag om te hoor wat die skade is !!
 
Top