Wat het 'n Boeing, die Gautrein en 'n Merc in gemeen?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

JACOVV

Race Dog
Joined
Aug 9, 2009
Messages
4,597
Reaction score
55
Location
East London
Bike
BMW R1200GS Adventure
Ek moes die gaan haal - my nuwe 2de handse fiets. :biggrin:   :biggrin:

https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=146831.0

Maar laat ek nou nie die storie vooruitloop nie.  

Ou Bees het meer as een maal verduidelik hoe en waar ek moet loop om op die Gautrein te kom, waar ek moet afklim en waar ek moet raad vra, maar so is ek daar weg.

main.php


Hier is ek by Oos Londen se vliegveld oppad OR Tambo toe.  SAL was so bietjie laat, maar ek was geduldig - 'n nuwe vir my en waaraan ek werk . . . .

In elk geval - ek kon niks daaraan doen nie want Einstein sou eers die volgende oggend vir my die fiets Centurion toe bring.

main.php


OR Tambo lughawe en ek moes stap en almal verduidelik my waar om te loop en wat om te doen.

main.php


Hier is die Gautrein - lyk nogal soos die treine in Europa.  Vinnig se ek vir julle.  Moes vashou vir die vale.  Gelukkig ontmoet ek 'n ander ou wat 'n Dakar ry op die trein en hy wys my ook waar ek op en af moet klim.

Net voor Centurion toe bel skoonsus dat broersdogter my sal kry.

main.php


Die laaste been van my dag se reis om more oggend my nuwe wiele te kry.

By my broer aangekom, lekker gebraai, geeet en toe gaan slap want more gaan 'n laaaang dag wees.
 
Top